Video: Skote klap toe transitorowers toeslaan

Die misdaadtoneel. Foto: Verskaf

Skote het Maandagoggend in Kaapstad geklap tydens nóg ʼn transitorooftog, dié keer op Jakes Gerwel-rylaan naby Philippi.

ʼn Polisiewoordvoerder het bevestig rowers het op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit oopgeblaas. Meer inligting is nie onmiddellik bekendgemaak nie.

ʼn Video van die gewaagde rooftog is vinnig op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe verkeer tot stilstand kom ʼn paar meter agter die toneel waar die rooftog besig is om plaas te vind. Daar kan gehoor word hoe ʼn omstander sê: “Daar laai hulle die geld!” voordat die skote klap.

Foto’s van die oopgeblaasde transitovoertuig met geld wat op die toneel verspreid lê is ook op sosiale media versprei.

Die pad is tydelik vir verkeer gesluit terwyl ondersoekbeamptes op die toneel besig is.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Hate this this country ·

It gets worse by the minute, the criminal rule this country

Liberaal ·

Thanks to liberal values that excel the criminal to the new hero.

Georganiseerde misdaad ·

Werklik georganiseerde misdaad. Kan hierdie regering nie in al hierdie aanvalle nog niks voorkomend op die tafel sit nie en G4S, werklik gaan oorsse en gaan leer skills, dit moet jul versekering en kostes geweldig opjaag. Mens begin regtig wonder wie sit agter al die aanvalle. Dit is net te veel, te ooglopend en so braaf/never minded, sommer by die Polisie stasie.

B Woord ·

Maar waarom mag die B woord dan so algemeen gebruik word? En die masjiengeweerliedjie?

Theresa ·

Net vraagtekens is blykbaar nie sinvol nie – dis egter wat ek wou kommentaar. ???????

Halo ·

Rerig mense kom asb by. Dit is hierdie mense se taal gebruik. Dit is deel van hulle kultuur en mens kan hoor daar was niks haatdraend aan die gesprek nie. Dit is ons blankes se eie skuld dat daar na ons hakskene gebyt word, want ons was al as kind geleer om mekaar nie name toe te voeg nie, maar nou dat dissipline nie meer tuis toegepas word nie gebeur hierdie dinge.

O liewe aarde ·

Daar was niks haatdraend aan die gesprek nie. Dit is hierdie mense se natuur om so te praat. Moenie begin karring nie. Dit is ons eie skuld dat ons aan die hakskene gebyt word,want ons is van klein af geleer om mekaar nie name toe te snou nie,maar noudat daar nie meer dissipline by die huise toepas word nie, dan gebeur dinge soos dié.

Christiaan ·

Ek wil nou net dinge reg kry
Ons as wit suid-afrikaners mag ni die K-woord gebruik nie anderste word daar regs prosedures gevolg teen ons ,desnieteenstaende dat daar vir ons gese word dat ons rasiste is

Maar in die video gebruik die “kamera man” die B-woord (Boere)
Is dit dan nie ook rasisties vaan aard gewys nie ?
Is dit dan ook nie rasisties gemik teenoor ons “wit suid-afrikaners” nie ?
As ons vervolg word en “sogenaamde rasiste is ” is die man wat di video geneem het en die B-woord gebruil het dan ook nie n rasis nie ?

Ek persoonlik dink hy moet ook vervolg word !!!!!

Nettie ·

@Halo/O liewe aarde – ek neem sterk eksepsie daarteen om ‘n “Boer” genoem te word, nes baie andersgekleurdes eksepsie neem teen die K-woord, die H-woord en die C-woord. WANT AL IS EK WIT, IS EK NIE’N BOER NIE WANT EK WOON OF WERK NIE OP ‘N PLAAS NIE!!!

Potlood ·

Nee my broertjie, sooos jy kan sien is daar nie boere daar nie. Boere doen nie sulke nie…

@Potlood ·

Boer in die geval verwys na die polisie.. Praat julle mense rerig so min met ander?

E ·

Kyk na B woord se kommentaar. Wat ek probeer sê en ek glo B woord ook is dat daar altyd op die K woord gehammer word. Dis hoogtyd dat ons begin hammer op die B woord. Wat goed is vir die een is seker net so goed vir die ander.

B Woord ·

Potlood, ek is deeglik bewus dit is hoe Afrikaners in sekere dele van die land praat en ek verstaan waar dit vandaan kom, maar die tyd het verander en ek vind dit nie meer vanpas nie. Dit is tyd dat ons ook eis dat woorde, slagspreuke en liedjies wat ons kan seermaak verban moet word.

Theresa ·

Die groot deurbraak van Dinsdag, 14 Jun?? Daar is mense op borgtog uitgelaat ??? Komaan, die dame wat die wegkommotor parkeer het – dalk weet sy wie hierdie een gereël het??!
G4S = blykbaar dus deurspek met uitlek van roetes en tye? Ongesond en behoort eintlik gesluit te word vir besigheid. Wat sê die mense wat gevang was op 14e hieroor?

Vra maar net ·

My vraag is dit. Hoe word die plofstof geplant ?Indien wel geplant, dan behoort alle geldwaens voor hulle vertrek punte deursoek te word of anders word die plofstof afgeskiet. Of word die voertuig eers tot stilstand gedwing en dan die plofstof aangebring? Dit maak net nie sin nie. Hulle laat dit lyk na kinder speletjies.
Iemand in die afsetgebiede lap inligting uit. Dit is verseker

Casper Labuschagne ·

In Suid Afrika kan jy vir vier jaar na ‘n kleuterskool gaan, 12 jaar skoolgaan en hard werk, vier jaar universiteit toe gaan en nog harder werk en dan ‘n werk kry teen ‘n skamele intreevlak salaris en jouself met steeds harder werk opwerk totdat jy binne ‘n dekade R20,000 per maand verdien. Of jy kan die kortpad vat, los skool, geniet die lewe, kry ‘n vuurwapen in die hande en jy maak R250,000 met jou eerste transito rooftog.

Ongelukkig is die polisie, howe en tronke geensins meer iets om voor bang te wees nie. Om dit stop te sit sal ten minste harde arbeid, langtermyn tronkstraf sonder parool asook die doodstraf weereens ingestel word. Die boodskap moet eenvoudig wees dat jy tronk toe gaan om daar oud te word of dood te gaan.

Heleen ·

En hoe op aarde kry carte blanch dit reg om met hierdie kriminele onderhoude te voer ? Hits dit hulle nie meer aan wanneer daar gesê word hoe maklik dit is nie???

L ·

Hoe moeilik kan dit nou wees. Ry die geld rond in privaat voertuie, met geen naam op nie. Of ‘under cover’ polisie ouens vergesel die voertuie en hou dit dop van ‘n afstand. Duidelik teiken hulle dit nou. Ek wonder hoekom het die polisie nog nie daadwerklik opgetree nie. Vreemd, almal moet seker maar ‘n stukkie kry. Gee vir hulle grond, gee vir hulle transito voertuie om te plunder. Gee en gee en gee en gee. Hulle wil die wettige ou weerhou van om weer aansoek te doen vir vuurwapen as dit verval het, maar elke jan rap en sy maatjie kan ‘n onwettige vuurwapen besit.

Miskien ·

As ek die banke was wat gebruik gemaak het van hierdie geld vervoermiddele sou ek lankal gebruik gemaak het van privaat anonieme metode van vervoer. En nie al die banke moet dieselfde firma gebruik nie, so sal die misdadigers vinniger opgespoor word. G4S is nou ‘n te maklike teiken. Iemand by G4S se beheerkamer sit agter dit alles. Dit lyk te veel na ‘n inside job

C ·

Hoekom kan mens nie helikopters begin kry om die gelde te vervoer nie?

belinda ·

vra ek ook c. op die paaie is hulle nie veilig nie miskien daaaaar bo in die lug sal dit werk, ai weet ook nie, die ouens is ook so slim, sal net rukkie goed gaan in die lug dan gaan die selfde gebeur.

Liberaal ·

Dis nie dat hulle slim is nie, eerder astrant, dit is omdat hulle die risiko kan vat omdat hulle weet die liberale misdadigerregtevergers sal alles doen om hulle te beskerm en die onskuldiges te breek.

Wessel ·

Dit is vir my te mooi hoe hul in die Kaap praat. Ek het geen probleem as iemand my ñ boer noem nie. Snaaks dat die polisie skiet, maar niemand begin hul jaag as hul wegry.

Liezl ·

Ek gee ook glad nie om nie, Wessie. Ons is boere in gees en menswees. Ek is trots daarop om dit te kan sê, Ek weet wie ek is in Christus Jesus, maak nie saak wat hulle my noem nie. Ek is so gebore en so gelaat staan. Die woord is al vir jare in gebruik, mense het dit nou ‘n vloekwoord gemaak. Dis wat die mense daarvan maak.

Koos de Meyer. ·

Die mense in die Kaap praat baie jare al van die polisie as die boere. Dit het niks met rassisme of ras te doen nie. Ook so die verkeers polisie as die blou baadjies. Dis maar hulle spreektaal.

TLC ·

Haha Cele hou die gautengers besig en gee die Kaap die groen lig Moet net nie iemand raak skiet nie ons sal sorg dat jul wegkom laat weet net by wie se huis ons die geld deel Haha ?

Marthie ·

Die regering mense weet meskien iets. Hoe kom word daar niks gedoen nie.? Waar is C. R.?.

Ryno ·

G4s moet voertuie agterna laat ry met snipers, hierdie raak nou belaglik.

ANDRIES VENTER ·

DIE TRANSITO ROOF IS INSIDE JOBS . ENIGE IEMAND KAN NIE NET N ROOF DOEN OP N VOERTUIG EN HOOP HY VANG N KLOMP GELD NIE . DIE ROWERS WORD INGELIG DEUR IEMAND AAN DIE BINNEKANT

Gareth ·

Ek verstaan nie so mooi hoekom party mense ‘n probleem vind met “boere” nie. In die Kaap noem mense van kleur asook sommige wit mense die polisie “boere.” In die verlede toe ons nog ‘n goeie polisiemanne gehad het, as iemand skree “hier kom die boere,” dan het het jy geweet die hel is los. As Afrikaners dink ek is ons ‘n bietjie beter as om vir ‘n woord ontsteld te raak.

Hendrik ·

wonder net hoekom gebruik die geldwa maatskppy nie paploop bande nie. Dit is tog algemeen beskikbaar, militer en selfs luukse voertuie het dit. Maak die basis van die voertuig breed om te verhoed dat dit maklik om gestamp word en maak die drywer gedeelte van panserstaal dat die voertuig na die naaste veiligeplek soos kan beweeg sonder om geisoleer te word. Tussen dorpe groepeer voertuie in konvooi’s met behoorlike beskerming en miskien militere drones (vastevlek). O ja gebruik sommer ou Ratel voertuie as geldwa’s. Ek is seker daar staan baie rond in militere basisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.