Video: Slagoffer se familie het Eugene de Kock vergewe

Eugene de Kock saam met familielede van een van sy slagoffers, Glenack Mama in Oktober 2014 (Foto uit eNuus-video)

Eugene de Kock saam met familielede van een van sy slagoffers, Glenack Mama in Oktober 2014 (Foto uit eNuus-video)

Die familie van een van Eugene de Kock se slagoffers het hom vergewe.

Candice Mama, die dogter van Glenack Mama wat een van die sogenaamde Nelspruit Vyf was, het vandag aan eNuus vertel hoe sy en haar familie die oud-Vlakplaas- bevelvoerder ontmoet het.

In Julie vanjaar het die minister van korrektiewe dienste, Michael Masutha, De Kock se aansoek om parool van die hand gewys en gesê die families van sy slagoffers moet eers geraadpleeg word.

De Kock dien tans lewenslange tronkstraf uit nadat die Waarheid- en Versoeningskommissie in die laat negentigerjare sy aansoek om parool vir die Nelspruit-voorval en vir die moord op Japie Maponya afgekeur het.

Volg die verloop van gebeure hier op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Alexander Pope het gesê: “To err is human, to forgive is divine”. Hierdie familie is ‘n sprekende voorbeeld dat hulle vergewe waar ander (teenoor hulle) ” fouteer” het. Waarom kan die cna nie dit toepas en die man nou vrylaat nie, tog??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.