Video: Slagoffers jaag in ‘kapers’ se motor vas

‘n Skermskoot uit die video.

Twee vermeende kapers is in hegtenis geneem nadat die paartjie wat hulle geteiken het hulle van hul eie medisyne gegee het deur twee keer volspoed teen die boosdoeners se wegkommotor vas te jaag.

ʼn Video van die voorval is deur Intelligence Bureau SA op Facebook gedeel en was teen Maandagmiddag reeds meer as 300 000 keer gekyk.

Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval Donderdag omstreeks 20:10 in Van Dykpark in Boksburg plaasgevind. Masondo het gesê die paartjie was in hul motor in die oprit van die huis gereed om te ry toe drie gewapende mans by die oprit ingehardloop het.

Die verdagtes het die paartjie uit die motor gedwing en probeer om die voertuig te kaap. Volgens Masondo kon die kapers egter nie daarin slaag om die motor in trurat te kry nie en het hulle handdoek ingegooi.

Op die video kan gesien word hoe een kaper vinnig terughardloop na die wegkommotor toe, terwyl sy twee makkers doodluiters terugstap na die motor toe.

Die volgende oomblik ry die slagoffers agteruit met hul motor by die erf uit en ry volspoed met die agterkant van hul motor in die kapers se motor vas. Die slagoffers maak dan ʼn U-draai en ry wéér die keer met die voorkant van hul motor teen die kapers se motor vas.

“Twee verdagtes is deur die gemeenskap vasgetrek en aan die polisie oorhandig. Daar is ook op ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê,” het Masondo gesê.

Hy het gesê die polisie ondersoek tans of die kapers se wegkommotor vroeër gesteel is en of die verdagtes met enige ander misdade verbind kan word. Die derde verdagte is nog op vrye voet.

Masondo het gesê die verdagtes sal tereg staan op poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Nog aanklagte kan later bygevoeg word.

Die slagoffers is ongedeerd ná die beproewing.

Instant Karma for driveway armed robbers! People are tired of being victims….watch till the end. Van Dyk Park, Boksburg

Posted by Intelligence Bureau SA on Friday, April 20, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Mooi skoot, die wiel het vir hulle gedraai. Dit moet net meer kere gebeur.

Mia Joubert ·

Nadat sulke ouens 2 skote op my skoonseun afgevuur het, het hy dieselfde gedoen. Sy kar is mooi reggemaak. Ons moet waar moontlik terug baklei. Sterkte aan hierdie paartjie

SA Mooedmuseum ·

Hierdie materiaal moet tesiene wees in n moordmuseum wat die gruweldade aan die wereld wys wat in SA aan die gebeur is met ons regering se toestemming. Ek hoor die pa wat sy kind van die dak afgeslinger het het slegs n waarskuwing gekry. Die wereld moet sien wat hier gebeur.

Tammy ·

Waaghalsige poging, maar dit het gewerk! Terug baklei is die enigste manier om te wen. Hulle is n klomp lafaards!!!! So bly hulle is gevang. Die makker sal later verraai word…dis mos hulle styl. Geluk aan die dapper jong paartjie!!!

Niel ·

hoop die versekering is goedgesind aan hierdie eienaars wat amper gekaap was, om die skade van die motor te betaal…

Amelia ·

Dit was eerste wat ek ook gedink het, maar ja hul kon hul motor heeltemal verloor het.

Aandag ·

Aandag Sisulu, stuur ook sommer vir Australië. Hierdie is nou mooi, sommer baie mooi, flippen mooi. Hopelik is die gevreesde tronkwoord nie geuiter . . . .

Mams ·

Dit lyk al of een van die kapers op die verbygaande bakkie ook skiet … of kyk en verkeerd?

Elsje ·

Ja ek het dit ook gesien, of hy het net die vuurwapen op hulle gerig. SA se mense maak my bang.

humor ·

BAIE MOOI. Ek hoop die versekering help hulle met n 100% dekking!!!!!!!

Cherokee ·

Dit was netjies gedoen gewees – hopelik sal die versekering die skade op die Smart(?) uitbetaal.

Luister ·

Baie dapper, maar ek dink nie dit is aan te beveel nie.
Die lafhartige kapers kon op hulle geskiet het.
Hoop versekering gaan die “slagoffers” se kar herstel, anders is ek seker die publiek sal bydra tot die koste.

Koos ·

Ek stem nie saam hulle is al so arrogant omrede niemand terug baklei nie ,baklei terug met wat jy het in hierdie geval was dit die ou se kar en toe wen hy

Gerrit ·

Ek gaan saam met koos op hierdie een baklei terug ,die klomp wat roof en moor is n klomp lafaards, dit is hoekom hulle altyd in n groep kom en meestal as dit donker is.

Loeis ·

Dit is goed om 100% terug te baklei as jy aangeval word. Mits jy weet wat jy doen.

Hierdie scenario kon ook na die ander kant toe gegaan het: as die mense byvoorbeeld een van die kapers doodgery het terwyl lg padgegee het, sou die kar se bestuurder van moord aangekla, en waarskynlik skuldig bevind geword het, want toe het hy nie in noodweer opgetree nie. Dit is die realiteit.

Muffin ·

Pragtig. Dit wil gedoen wees. Hoop nie hulle word aangekla vir poging tot moord nie.

Oom Kalahari ·

Dit was nou mooi gedink en ‘n heldhaftige optrede. In hierdie proses is 2 kriminele van die straat af verwyder. Daai derde knapie wat teruggetree het dat die bakkie verby kom het ook sy vuurwapen gerig na die bakkie en wou sekerlik dit ook gekaap het. Dinge is geneig om verdraai te word en ja ek sal nie verbaas wees as hul doen soos Muffin hier bo noem nie veral omdat hul kleur nie aanvaarbaar is vir sulke optrede nie en altyd oop vir vervolging. Mense jag. Dalk die doel om ernstig te beseer, want ‘n voertuig dien ook as ‘n wapen. Jul is regtig helde en kon op die regte tyd en regte manier optree. Mense word moeg vir misdaad.

Sputnik ·

Vatso katvis!!! (Uhuh – wonder ek ook mos nou oor die versekering!)

Gert Irmscher ·

Dit is vir my altyd jammer om te moet lees dat die “vermeende” kapers, rowers, verkragters, skelms “gearresteer” is, ‘n mens sou eerder wou hê dat dit anders moes wees. Dus , vir hierdie brawe paartjie, : Jammer julle het nie ‘n groot kragtige V8 , bakkie of SUV gery nie,… dan was dit moontlik nie nodig om hulle te “arresteer” nie !!! Baie geluk julle is baie braaf!!!!

Gerrit ·

Ek gaan saam met koos op hierdie een baklei terug ,die klomp wat roof en moor is n klomp lafaards, dit is hoekom hulle altyd in n groep kom en meestal as dit donker is.

Mare ·

As ek met n kar ry en iemand rig n vuurwapen op my ry ek bo oor hom en nie verby hom nie.

jean ·

Ons begin gatvol raak……die versekeringspolisse sal moet klousules inbring!!!…

Alwyn ·

Jong, ek dra nie ‘n hoed nie maar as ek een gehad het, sou ek dit vir hierdie persoon afgehaal het. Welgedaan!

Nella ·

Ek kan dié video clip oor en oor kyk!! Vat so boosdoeners. Ek is bly die paartjie is ongedeerd

Smile ·

Hoe groot smile ek nou…is dit verkeerd van my om lekker te kry terwyl ek die video oor en oor kyk? Well done mense…well done!

VanAfrika ·

Nou gaan ek bull bars om my kar bou en laat enige iemand net aan my kar raak, ek het nie versekering nie want my kar is klaar betaal en n 1997 model, nog is baie goeie toestand en my baby. ☺☺☺☺

JJ ·

Ag hoe lekker kry ek nou!!!!!! Een van hulle het definitief op die verbygaande bakkie geskiet ook.

Josua Keys ·

Dit was braaf van die man om so op te tree, dit het in die geval gewerk want die verassings element het hulle oordonder en dit is die gehuim hier gewees, ek stel nie voor almal doen dieselfde nie maar as die oomblik jou toelaat “GO FOR IT” want dit is al hoe ons die oorlog gaan wen, terugveg. Die selfde soos die vrou wat met die EFF ondersteuners probeer praat het en deur die polisie verwyder was, maar moet ek toegee dat hulle die dame regtig goed hanteer het selfs toe sy kwaad geraak het en selfs van die EFF lede het haar ook probeer veilig hou maar voel ek sy moes ‘n kans gegun gewees het om met hulle te gesels, daar was wel ‘n groep van hulle wat haar ‘n kans wou gee om na haar te luister maar altyd een of twee wat oproerig teenoor haar begin optree het en voel ek die senior lede van die EFF moes hulle op hul plek gesit het, dis hoe beskaafde mense dit sou gedoen het en daarom het die polisie haar verwyder en dit is daardie elemente tussen die res wat altyd moeilikheid veroorsaak en alles begin, die polisie moet hulle identifiseer en dadelik arresteer of verwyder. Die vrou het net gewys dat om saam te sit en met mekaar te onderhandel is beslis n oplossing vir SA maar ongelukkig word die goeies deur die vrot kolle beinvloed en hulle is die oorsaak tot geweld.

JAN ·

hulle sal seker ook aangekla word vir poging tot mooird soos die boer wat man op sy plaas raakry. dit werk mos so in SA

Colin ·

Dis nou presies wat ek ook gewonder het toe ek na die video kyk. Mens mag mos nie jouself in RSA verdedig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.