Video: ‘Slapende’ beampte het ‘mediese toestand’

‘n Skermskoot uit die video.

Die verkeersbeampte wat op video vasgelê is waar dit lyk of hy langs die pad in sy verkeersmotor se kattebak sit en slaap, ly aan ʼn “mediese toestand”.

Die video is wyd op sosiale media versprei. Die persoon wat die video geneem het, loop tot naby aan die verkeersbeampte sonder dat hy dit agterkom en wys dan ook hoe sy vroulike kollega met ʼn motoris staan en gesels. ʼn Spoedkamera is langs die motor opgestel.

Die departement van polisie, paaie en vervoer in die provinsie het ondersoek na die beeldmateriaal ingestel nadat dit onder hulle aandag gekom het.

Volgens die departement gebruik die beampte medikasie vir ʼn “mediese toestand” wat nie bekend gemaak kan word nie. “Die medikasie maak hom lomerig veral wanneer dit warm is, soos Saterdag die geval was,” het die departement in ʼn kort verklaring gesê.

Die departement het verder gesê die verkeersbeampte is in 2012 reeds met die mediese toestand gediagnoseer . “Hy is ʼn baie toegewyde beampte met ʼn baie goeie werksrekord.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

161 Kommentare

Onnie ·

Dan moet hy medies “geboard” word , want wraggies da is geen verskoning vir slaap op die job nie – veral nie as jou werk menselewens behels nie!

Hannelie ·

Daarmee stem ek saam jou. As jy weet ‘n persoon het ‘n “mediese” geskiedenis en die medikasie maak hom lomerig….en dan laat sy departement hom nog op die pad? Onverantwoordelik om die minste te sê.

Jessica ·

So as hy sick is aan een of ander slaap siekte, bestuur hy seker terwyl hy slaap ook, sal mos mense dood maak op die pad met ‘n ongeluk, hy sal nie eers weet nie want hy slaap mos. Dis geen verskoning nie, hoekom werk hy dan nog as hy sit en slaap

Irma ·

Ek stem saam met die ander se kommentaar… As hulle weet dat hy n mediese toestand het, hoekom kry hy nie n kantoor werk nie… Hoekom mag daar nie melding gemaak word oor die medikasie wat hy gebruik nie??? Laat n mens wonder of hy regtig n mediese toestand het…

T ·

Dit lyk nie of die man le en slaap op n gemaklike plek nie. Dit lyk of hy regtig dalk aan die slaap raak terwyl hy werk. Dit is eerder die bestuur se skuld dat hulle hom so laat werk?

Nettie ·

As ek die ou met die selfoonkamera was, het ek daardie spoedmeter so “per ongeluk” met die voet omgestamp – miskien het die beampte met die “mediese toestand” dan wakker geskrik. Terloops, is spoedkaartjies wat só uitgereik word, nie onwettig nie – moet mens betaal as jy ‘n spoedboete deur die pos kry?

Praat nou van “wagters van die koeltebome” …..

Siestog ·

Die mediese toestand is “KFC Oogies Toe” simdroom. Slaap is een van die newe effekte van te veel KFC eet in die son

@KfcMustFall ·

Siestog, ek het my nou slap gelag vir jou kommentaar ?

N. Steenkamp ·

Dis nou goed gesê en die heilige waarheid. Hierby ons sien jy hul en die SAP gereeld by eetplekke.

Poot ·

Nou hoekom kla almal so oor die ou wat aan diens slaap? Dink net hoeveel motoriste het nie spoed kaartjies gekry of bribes moes betaal nie. Los die knaap dat hy slap man. LOL!!!!

legens ·

ek het ook so `n mediese toestand , maar ongelukkig word dit nie deur my werkgewer erken nie .

Gertryda ·

Met so n erge mediese toestand hoort hy nie agter die wiel van n motor
Ek sal afgedank word as ek op die job slaap
Skuif hom na n ander dept waar hy nie gevaar is nie

Smurfie ·

Wys jou net, mense oordeel te maklik.
Ons ook n werker gehad wat aan n slaap siekte gelei het. Hy het sy beste altyd gegee, en was altyd greetig om te help. Al het hy sommer net aan die slaap geraak. Hy was baie lojaal. Ongelukkig is hy intussen op pensioen

DB Jaeger ·

En jy aanvaar sommer hierdie ou het diesefde probleem…skerp,baie skerp.

Estelle ·

Het jou werker ñ voertuig op ñ openbare pad bestuur?

Met die uitgangspunt dat hierdie “Sleeping beauty’ self die voertuig waarop hy so lekker dut bestuur natuurlik.

Herman Goosen ·

Ek is seker slegtheid het ook al ‘n mediese term gekry. Die algemeenste mediese toestand wat staatsdiens werkers het word oorgewig genoem.
Te min arbeid en te veel vergaderings.

Salamander ·

Ek dink hy was die hele Vrydagaand op “medikasie”, dié dat hy die Saterdag so “lomerig” was!

Welkom ·

Dit maak dit nog nie onwettig nie, jy het 21 dae na die einde van die maand wat dit die 21ste Des 2018 maak wanneer die nuwe skyfie moet vertoon

Koos ·

Dis waar dat jy 21 dae het maar dit werk nie vir gewone mense so nie. My voertuig se lisensie was n weet voor die vervaldatum uitgeneem en in die paneelkassie gesit, n week na die vervaldatum voorgekeer en n boete gekry omdat hy nie op wax nie.

christa ·

mediese toestand wat nie bekend gemaak kan word nie??? dalk babelaas? As hy mediese toestand het wat soek hy op die pad. As hy ongeluk kry wie se skuld is dit? Hy het seker laat nag gehad.

Abe ·

Koos,
Nou hoekom was hy dan nie op nie! …Omdat jy n gewone mens is?

Ralph ·

Blyk dieselfde mediese toestand waaraan vele in die parlement ook ly. Hoop nie hul val om , beseer hulself ernstig en die belastingbetalers moet weer pa staan vir hul sogenaamde skade nie.

chris ·

PRESIES WAT EK OOK NOU SIT EN LAG OOR,, DEFENITIEF N ALGEMENE
“MEDIESE TOESTAND” VAN DIE METRO POLISIE.
HAHAHAHAHAHAHAHAHAHA

Sê maar net ·

Daar was mos jaar of twee ook artikel dat Bob Mugabe nie dlaap in die parlement nie maar sy ligsensitiewe oë moet rus op aanbevelinf vd dr uit Singapoer….

Regtig? ·

Nee regtig waar – indien dit die geval is hoekom gee hulle dan nie vir hom ‘n kantoorpos nie. Wat gebeur as die slaap hom oorval terwyl hy bestuur??? Ek weet nie van julle nie, maar hierdie is vir my maar ‘n bra flou verskoning!!

Marius ·

Ek stem saam moet “n mediese toestand wees anderste was hy besig om te BRRRAAAAI(B)

Naomi Berger ·

Ai, hoe gerieflik tog.
Gerief keer ook om te sê wat is verkeerd.
Hy moet nie aan diens wees as hy so siek is en dit nog erger is as dit warm is.
Skep baie slegte indruk

Mak Muil ·

‘n Goeie en toegewyde beampte! Los hom uit – hy pla niemand nie!

Dr. Vakansie ·

Sy “Mediese Kondisie” is Desemberpartykiloses, ‘n algemene toestand in SA, aangebring deur al die maaitjies wat op vakansie is en laat party en jy moet die volgende dag werk.

Emma ·

n Mediese toestand dan werk hy nog moet hy nie afgeboek word nie! En dan wil hy nog die mense vang met sy kamera, wat n grap vertel dit vir mense wat julle glo .

Lekkerslaap ·

ja hy het SLAAPSIEKTE, in ons tyd is ons nie aangestel as jy SLAAPSIEKTE het nie .. daar is ALTYD ‘n verskoning vir die nuwe generasie om te slaap . dan is hy NIE GESKIK vir werk nie en moet hy AFGESIT word op ongeskiktheid ..

alida ·

Ek is jammer maar as ek so sit en aan die slaap raak dan gly my voete onder my uit of my hande val. Hy lyk heel stewig op sy voete en sy hande hou die motor vas. Ons sal nie weet nie want ons was nie daar nie.

Henk ·

Mag jy n voertuig bestuur as jy medikasie van die aard gebruik? Behalwe alkohol, watse medikasie maak jou lomerig as jy warm kry? Mag jy aan diens wees EN n vuurwapen dra as jy medikasie gebruik wat jou lomerig maak? Is jy dan bevoeg om n viurwapen te dra? Ek wonder of die breindooie beampte wat die verklaring uitgereik het besef wat sy lieg storie nou tot gevolg het?

Elria ·

Kyk hy is getrain om so te kan slaap. Jare lank Goed geoefen. Val nie een om nie. Hoor niks nie. Well done. Skandelik om die minste te se. Betaal af Verdien nie om te werk nie

Anoniem ·

Dan het hulle almal n mediese toestand want as hulle nie slaap nie dan sit hulle en eet en as hulle nie eet nie dan bribe hulle. Kyk maar hulle het almal pikkewyn hande staan heeldag bakhand om ietsie in die hand gestop te word

lee ·

Dis lagwekkend.
Gee vir hom ‘n kantoor joppie, dan kan hy heel gemaklik onder die aircon ‘n uiltjie knip,
en nie in die hittige son nie.
Sê nou net hy val binne in die kattebak in – en kom nie weer maklik daaruit nie ???
Hoop sy “mediese toestand” verbeter gou-gou…LOL

What a joke! ·

Nee nee nee nie n kantoor joppie nie asb eerder n joppie in die regering..Nou daar sal hy uitstekend in pas!!!
Wonder hoe kry hy n lisensie om te bestuur as hy so ewe skielik aan die slaap raak!

Johann cb ·

Die beampte kan eerder diens doen waar die publiek hom nie sien nie. Dit sal veiliger wees vir motoriste.

Abe ·

Om so n video te siene te kry en dadelik daarvan af te lei dat die persoon betrokke n voorbeeld is van growwe nalatigheid in sy werk, is nie noodwendig n goeie weergawe van waarheid nie. Hierdie spesifieke geval is bv. Nagespeur en daar is bevind dat hy n “toegewyde” werker is met n “goeie werksrekord”. Mens moenie sommer oordeel nie.

Philip ·

Hulle noem daai toestand slegte siekte
So mors hulle ons geld. Wonder wat sou gebeur het as dit ‘n wit persoon was? Vra maar net

Jo-anli ·

Ja ekt ook n mediese toestand wat veroorsaak dat ek aan slaap raak, daarom wanneer ek medikasie neem geen bestuur nie enhet altydn noodkaart asngespeld teen my sodat gesien kan word. Eks amper in selle gegooi oor noodaaaklike medikasie wat ek saamdra en gelukkig het een van houers voorskrifnr op en Dr.se tel. Mense toe is gort gaar.al wat gesê is we are sorry mem

SjN ·

Sy mediese toestand is as gevolg van sy verhoogde BMI( body mass index) en dit lei tot slaap apnee, was seker sy dooie rus etenstyd slapie.

Miekie ·

my moeder is in Julie oorlede en is ek nou ‘n diabeet. as mens nie betyds medikasie gebruik of inspuit nie kan mens so half aan die slaap raak. ek het lae bloeddruk ook en dit lei ook dat mens sommer net wil slaap as mens nie reg eet of gereeld eet nie.. omdat die arme man in die staatsdiens is word dit nou wyd en syd verkondig. wat van die ense wat elke kort kort gaan rook is dit nie dalk om wakker te bly. vra maar net

Baardman ·

Ek stem volkome saam met jou.Hulle wil net oordeel en sien nie die anderkant van die muntstuk raak nie.

Abe ·

Miekie en Baardman,
Ja, moet ons nie almal n bietjie sagter raak in ons oordeel nie. Trouens is dit nie wat die land nodig het nie.

Ek se maar Net ·

Maar Miekie
Mens behoort mos nie in ‘n pos te wees waarby jy moet bestuur en ‘n wapen dra as jou mediese toestand van so aard is dan jy aan die slaap raak gedurende die dag nie. Dit kan tog vir niemand veilig wees nie.
Nee wat hierdie is vir my regtig ‘n dom besluit om so ‘n posisie te beklee as jy ‘n gevaar vir jouself en jou medemens is.

lekkerslaap ·

eish mense moenie so judge nie, want ek het ook ‘n kondisie wat my maklik kan laat slaap en veral as ek voor die rekenaar sit soos wat ek elkedag doen om my werk te doen. Ek raak maklik lomerig self en raaaaaakk maklik moeg as my suiker bietjie val dan
moet ek opstaan voorekniemeerkanwerkniezzzzzzzzxzaaclscaslcmmmsdkc . Skrik ek nou wakker waar is ek.

Geregtigheid ·

Word hierdie siekte nie ook verbind aan “babelaas” nie. Hy is n gevaar ir die samelewing en mag nie bestuur nie.

Jakes ·

Daai is n baie wille afleiding. Dalk is jy n gevaar wanneer jy babalas het, maak nie almal so nie

Ampie ·

Mediese toestand , ek glo dit, want my pa was Pieter Paashaas

chriss ·

SIESTOG EK DINK HY WERK HOPELOOS TE HARD, DIE LANG URE BEGIN SY TOL EIS.
ARME MAN

Sputnik ·

Hy gaan glo aansoek doen vir ‘n stasiewa want dit is darem net té ongemaklik om só te werk!! ;-)

hendrik ·

@Sputnik. hahaha dit is rerig snaaks en het nou lekker gelag.

Marlene Bothma ·

Los tog die arme man. Kyk uit vir die beampte en draai die kamera op hom. Indien hy beserings opdoen sal hy kan sien wat gebeur het. Ten minste kry ons nie boetes nie.

Careltjie ·

Ja right, dan moet hy medies afgelê word en plek maak vir iemand bevoeg. Wat as hy in iemand anders, tydens ‘n mediese aanval, vasry??

Chris ·

n Mediese toestand met n medikasie wat hom lomerig maak veral as dit warm is. Op sekere medisyne etikette word aangedui dit sal jou lomerig maak moet nie bestuur of met masjiene werk nie dit is gevaalik Nou vra ek myself wat gaan gebeur as hy bestuur en raak lomerig en verongeluk onskuldig pad gebruikers. Dan sal dit seker maar nog n statistiek wees en n ongeluk oorsaak wat ondersoek gaan word net om nooit die uitslag bekend te maak nie net soos al die ander ongelukke waarvan mens nooit die oorsaak en uitslag hoor nie .

sies tog ·

Mooi feite Chris maar dit geld nie vir hom nie. Hy is “The Law” en maak die reels.

Ounuus ·

Ek het ook vir die staat gewerk. Hierdie medisyne verskoning kom al vir jare. In my tyd het dit n mens ook dronk gemaak maar dit het in my tyd nie as verskoning gewerk nie. O gaats!!! Vergeet ek nou. Alles is mos deesdae anders. Tot die Bybel word nou anders verstaan.

Lollie ·

Ai ai ai, waaraan sal hulle nog dink?! Indien dit regtig ń ‘mediese toestand’ is hoort hy nie in daardie werk nie.
Werk hy dalk in ń gebied waar daar tsetse vlieë is?
Nee wat dit klink vir my na ń wolhaarstorie

PLP ·

Daai mediese toestand se medikasie koop mens gewoonlik by jou naaste bottelstoor

Jack Daniel ·

Kan sien hy het a toestand maar dis Defnitief nie medies van aard nie. “Maag is Vol n oe trek toe”. ?. Noem dit ooreet siekte. ?
Die een wat die boete skryf lyk of sy ook a mediese toestand het. Dit word oorvreet siekte genoem.
Kom Ons staat maar die facts in die besig Vandag. Hulle almal lyk soos boedha beelde n Dan word een of Ander mediese kwaal word daaraan gekopper.
Plaas die medisie so slim raak om reguit te se “Jy ly aan lui n vreet siekte!!”

Ronin ·

Ek sien daar is baie wat dan in die parlement dieselfde “Medikasie”gebruik want hulle vertoon dieselfde “simptome” as die persoon. Hulle moet dan ook geskuif word want hulle is in beheer van die land se sake nie eers te praat van net een pad nie soos in die geval nie!!

Hennie ·

Vriende hy gebruik volgens my bron KFC.hoe meer hy inkry hoe lekkerder slaap hy!

Arizona ·

Ek vind julle kommentaar uiters swak. Ek is gediagnoseer met Narcolepsy. Dis verskriklik. Jy het n neiging om sommer vir niks aan die slaap te raak in n rustige omgewing, maak dit my sleg. Nee. Ek maam 3 kinders groot, op my eie, het n goeie werk en ek maak self my huis skoon. Dink bietjie voor julle mense ag maak as sleg.

Kommentaar ·

Arizona. Ek wet jou dat jou aansoek as verkeersbeampte weens jou siekte nie eers oorweeg sal word nie. Sal jy in n pos soos hierdie geplaas word waar jy n verleentheid vir jou dept mag wees. NEE. Inteendeel, jou huidige werkgewer gaan jou nie iewers plaas waar jy vir hom of jouself n verleentheid a.g.v jou siekte sal wees nie. Hierdie “speedcop: mag moontlik die siekte hê maar is n verleentheid vir hom, sy dept en sy hoof wat hom in hierdie posisie geplaas het.

alida ·

Oorgewig veroorsaak ook ‘n mediese toestand en dit geld vir beide van hulle.

Sandy ·

Ander mense se boeke is maar duister om te lees. So mens kommentaar nie nadat daar ‘n verduideliking gegee was sonder om al die feite te ken nie. Ons SA Citizens is ‘n klomp haatdraende mense. Daarin sluit ek myself in, want ek kommentaar ook altyd op alles en almal sonder om die feite te ken. En partymaal, nie altyd nie, skaam ek my vir myself as ek die waarheid hoor.

Jozi ·

Julle is lelik met die ou. Ek het dieselfde “mediese kondisie”.
Dit tref my klokslag, elke aand, as ek op die bank kom le om bietjie TV te kyk.

ek sê maar ·

Ek is teen skiet van klappers, maar in die geval sou ek daarvan gehou het as ‘n klapper langs hom kon skiet – dan kon ons hom uit sy “mediese toestand” kry in ‘n oogwink!

Verstom ·

Hahaha ek kan maar net lag, daar is al verskeie videos van verskillende beamptes in verskillende poste rond gestuur waar hulle of lê of sit en slaap. Hou ons parlement sitting dop.

Spike ·

Sy mediese toestand is vetsug wat lei tot luiheid. Hy is moeg want die werk wil nie klaar word nie. Geluk aan al die comrades.

christoffel ·

HAHAHAHAHAHAH, JA BESLIS KYK NA DIE PARLEMENTS LEDE OOK HOE LY HULLE AAN DAAI SIEKTE.
GELUKKIG KRY ONS DAN MINDER BOETES WANT “HY IS NIE OP DIE JOB NIE”
HAHAHAHAHAHAHAH

Magrietha ·

Ag ja hoor en ek ook.As hy so siek is wat soek hy by werk.Dit is n lieg stoorie.Hy het geslaap.

Hanna Hoekom ·

Sy mediese “toestand” is of wingerd-griep en/ of vetsugtigheid. Wat soek die man agter die stuurwiel van n motor as hy dan kwansuis so siek en lomerig is?

Lindtjies ·

Haai Alida ek weet van mense wat so maer soos ‘n strykplank is wat ook een of ander kondisie het. Ry maar verby koeltebome en jy sien hulle daar lê.

sons ·

As die verkeers beampte ‘n mediese se toestand het, is hy gladnie veronderstel om so ‘n tipe werk te doen nie.

Willi ·

Lyk na dieselfde mediese toestand as wat in die parlement, regering instansies en staats departmente waargeneem word.

Boertjie ·

Eish, presies wat deur my gedagtes gegaan het.. Sy krag sal nou-nou weer aanskakel. :-)

Henry ·

Hiert ou Staatsdiens!
Wat op deeske aarde het medies, pensioen en ‘n stokperdjie met slapende oorgewig spietkoppe te doen!!!
Belastinggeld wat vermors word om oorgewig, slapende spietkoppe en ander lomerige staats en semi-staatsamptenare genoeg vas-aan-die slaap-geleentheid te bied, terwyl hulle veronderstel is om ‘n rojale salaris met op-en-WAKKER toewyding te verdien.
30 Jaar seg jy.
hmmm

Bekommerd ·

Hoop nie daai “speedcop” het nog n bestuurslisesie nie. Indien hy dit nog het sal mens moet van die pad ry as jy n vrystaat verkeerskar sien. Dit kan dalk die siek man agter die stuur wees.

HENNA ·

Ek vra nou net,as hy dan in sy slaap begin loop oor die pad,hahahahaha,
Wat n grap,ek soek die naam van die hahaha,siekte,ek dink ek het dit ook,maar my baas dink ek is net lui,hahahahahahahahaha

Ander Annie ·

Los tog maar oorgewig uit die storie en die alewige afbreek van Staatsdiens amptenare. Ek kry saam sommer vir jy eerste realise toe ek na die video gekyk het. Nadat ek die artikel gelees het, het ek besef een van my vriendinne het dieselfde gedoen agv medikasie. Jy praat nog met haar dan raak sy aan die slaap
Ek hoop die Werkgewer help die Beampte met ‘n kantoorgebonde pos.

Hy mag mos ·

Hy kan seker maar onder die invloed van bedwelmende medikasie bestuur want hy mag seker, nê. Enige iemand anders wat onder ‘n bedwelmende toestand bestuur sal heel waarskynlik toegesluit word. Die hele land is onder een groot belaglike mediese toestand. Beste opsie is om te emigreer. Wit kinders het geen toekoms hier nie.

Staak saam ·

En hy bestuur n voertuig, wat gebeur as sy AC in hierdie hitte sou breek???

Smirre ·

As daar kans is vir ‘n bribe sal jy sien hoe wakker kan hy wees……

Hennie ·

Die mediese toestand was veroorsaak deur apartheid, en as die beampte swart is maak dit nie saak aan watter mediese toestand hy behoort nie want apartheid het gesorg dat hy kaksleg is.

andre ·

ek ken daai soort siekte …sien dit daagliks…ken nie sy fancy dokters naam nie…maar sy algemene naam wel…..plain sleg

Lorinda de Jager ·

Whahahahahahaaaaaaa
LYK ONS VIR JULLE F****N ONNOSEL?????!!!!

Stephen Namibia ·

Jullle onderskat werklik die publiek se intelligensie met hierdie twak verduideliking!

JV ·

Hoop nie hy bestuur die motor met sy mediese kondisie nie, hy sal n gevaar vir ander motoriste wees. Gee hom n kantoor werkie

Jeff Ralph ·

Mediese toestand? Ja en ek is die president van die USA Donald Trump. Do these people think they talking to an uneducated nation. Hy is dan n gevaar agter die stuurwiel as hy “slaap siekte” het. Al daai spoedkaartjies is ” null and void ” vir daai dag want hy kan nie vetseker se dis daai kar wat spoed oorskry het.

Moontlik ·

Dis moontlik dat die man so n soort siekte het, maar dan moet hy geplaas word waar hy nie n verleentheid vir homself, sy dept en sy beheerbeampte sal wees nie. In die geval is hy vir genoemdes n groot verleentheid.

lolla ·

is dit aansteeklike siekte…. ek dog almal in die parlement ly aan dit….of is dit n kwalifikasie vir die parlement….. hy is n gevaar op die pad ….dit lyk my die pens trek sy oe toe….. nee wat ek glo nie die mediese toestand storie nie….

Alida ·

Ek het nou al die kommentare gelees en dit is nie snaaks nie. Niemand het hom sien bestuur nie het julle? Indien die dept weet van sy siekte vir 6 jaar al is dit uiters onverantwoordelik om hom op die pad te laat werk. Hy kan dan nie objektiewe besluite neem nie. Dit daar gelaat. Die opmerkings oor KFC is holrug gery. Mense kan eet wat hulle wil.

Pitbul ·

Net n grappie… die mediese toestand is seker tekortevelio. As die magie vol is trek die ogies toe….

Von ·

Snaaks, hoeveel parlementslede en polisie lede ly aan die “siekte”?

Abe ·

Lag maar,
Is al waaraan jy kan dink om te se ‘n lelike woord?

PJ ·

As ramapromise hierdie video sien stuur hy dadelik n ampsmotor om hom in die parlement op te neem glo hy word dadelik minister van vervoer

hb ·

Di ou is moeg man. Ekt dit gister bd werk gesien nadat ek wakker geskrik het. Toe lag ek maar net my gat af. Moeni so hard oppi ou wees ni. Hu meer hulle slaap hu vinniger kan ek jaag.

Abe ·

hb,
Jy het net n paar reeltjies geskryf, maar jy verklap so baie van jou swak karakter. “Ek het my gat af gelag”- n uitdrukking nie juis in die beste smaak nie en dan verraai jy jou begeerte om vinnig te jaag sonder om gevang te word. – Jy sal dus graag die wet oortree.

RATEL ·

Johny Walker Blou Infeksie is my Diagnose…die “Bribes” het dit geborg!

AMS ·

Mediese toestand? Weereens bewys van hoe mense vir mekaar cover wat nie hul werk doen nie. As hy dan die “mediese toestand” het, hoekom die risiko waag om hom op die pad te sit? Wat van ‘n kantoorpos waar hy rustig kan slaap as hy warm kry? Nee, nee, nee, ons het nie sulke verkeerspolisie op ons paaie nodig nie. Hy maak homself en die werk wat hy doen belaglik met sy “mediese toestand”. En wys ook net hoe ruggraatloos sy bevelvoerders is om hierdie geval nie behoorlik aan te spreek nie.

Muffin ·

Ek het almal se kommentaar gelees. Vergeet asb van mediese probleem en medekasie. Het dit al voorheen gebeur en hoekom het werkgewer nie al lankal opgetree en gehelp nie. Hy kan dus nie sy werk doen nie. Dit was pay day.

Wattie ·

Die berig is swak geskryf. Sonder die video sal jy nie weet van watter provinsie. Die berig dui ook nie aan waar die voorval gebeur het nie.

Anoniem ·

Het hulle nou gedink ek gaan dié storie glo ! Hulle terg hulle-self Laat die slapende spoedkamera Jokkie tjaila en daars nog baie wat slaap-slaap deur ‘n betaalde dag gaan ! Ek sal volgende keer mooi seker maak dat die verkeers beamte wakker is as Hy my stop ! Miskien het Hy gedroom !!!!!

koos harmse ·

as die beampte n mediese probleem het gee hom dan liewers n kantoorpos of laat hom medies ongeskik bepaal word en sit hom op pensioen vir mediese redes

Ig ·

Sies vir al julle negatiewe kommentaar, julle kan mos sien hy is besig om te dênk oor die volgende plan van aksie om die jaagduiwels vas te vat.

Parlement ·

Sy base gaan nou die kaart speel – DIABETES!!! Ek gaan elke dag werk toe met n suiker van 26 gebruik pille en insulien 5 keer per dag en nog nie eenkeer in jare het ek inni kantoor geslaap nie!!!

Chris ·

Sjoe ek ken baie mense met daai siekte, veral sondae na middag ete. Wat is volgende ????

Anoniem ·

Indien die “medikasie” wat hy neem vir sy “mediese toestand” hom lomerig maak is hy dan nie veronderstel om dit in die aand te neem nie. Vra maar net.

honourable member ·

Dan is ek baie siek want as dit so erg warm is raak ek ook erg lomerig en sommer net lui.

Sarel ·

Indien dit wel n siekte toestand is wys dit net weer die bestuur se swak oordeel. Die persoon is n gevaar vir homself en ander. Het hulle die video gesien waar die veiligheidswagte vir hul wapens geskiet is?
Die beampte behoort dus of in die kantoor aangewend te word of op medies geplaas te word.

Gatvol ·

Gelukig is hy nie `n maklike teiken dat sy wapen geroof word nie!!! Kyk hoe maklik het die man wat die video geneem het om die kar geloop en hom afegeneem, hy kon net sowel sy vuurwapen gevat het. Die skerp kollega het dit nie eers agter gekom nie!!!

Wim ·

Hierdie beampte se senior praat baie goed van hom, so hy is seker een van die beter werkers.

Corrie ·

Ag bull dis nou die eenvoudigste verko ing dan hoort hy nie in daai pos nie

Sterretjie ·

Glo my jy kry so siekte. Dit word chronic fatigue genoem en is gladnie lekker. Die verkeersafdeling moet hom van die pad afhaal want dis eintlik baie gevaarlik.

thelsa ·

Die ‘mediese toestand’ is eintlik ‘n posvereiste anders vang jy die ander 3 eerlikes in die Department uit.

Kriek ·

Ek vind dit baie funny, ek gaan die ene met my baas prober – hahahahahahaha

bollie ·

Almal wat se as die medikasie hom lomerig maak ,hoe kan hulle toe laat dat hy bestuur ,maar as julle julle OE oop maak en lees sal julle sien daar is nog n beampte saam hom daar so die ander beampte kan bestuur ,niemand het gese hy bestuur nie.

Dr ·

As mediese dokter is ek bereid om die beampte te ondersoek en te help. Hy het beslis hulp nodig.

Elvira ·

Ons ken ook iemand wat aan daai siekte gely het. Altyd by die werk aan die slaap geraak. Word toe op vroee pensioen gesit. Toe is hy kort daarna wonder bo wonder heeltemal genees.

Ek se maar Net ·

Ag shame julle, gee die ou nog ‘n “break”
Ek dink hulle moet vir hom ‘n kantoorpos gee dan kan hy lekker slapies op sy arms op sy lessenaar.

I spy ·

So jy mag ry en slaap…maar nie drink en bestuur…
Albei klink gevaarlik vir my..
Of ry hy nooit…en het n persoonlike drywer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.