[Video] Smeulende onderbos dalk rede vir Knysna-brande

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Terwyl die inwoners van Knysna steeds steier onder die verwoesting van die brande wat die laaste 48 uur in die omgewing gewoed het, is daar nou inwoners van Elandskraal wat aanvoer hulle het die owerhede reeds meer as vyf weke gelede gewaarsku oor smeulende vlamme in dié omgewing.

Anton du Plessis en dr. Wallace Vosloo besit beeldmateriaal waarop ʼn mens kan sien hoe die rook uit ʼn dig beboste gedeelte van die inheemse woud in die Elandskraal-omgewing borrel. Dié beeldmateriaal is op 29 April deur ʼn hommeltuig wat oor die woud vlieg, geneem. Die inwoners het glo die brandweer herhaaldelik gevra om die smeulende onderbos van die spesifieke gedeelte in die inheemse woud te kom oopkrap en te blus.

Die brande in Knysna het reeds vyf mense se lewens geëis, en sowat 500 huise in woonbuurte, op plase en in informele nedersettings is verwoes terwyl duisende mense ontruim is. Die owerhede het die brande vroeër vandag grootliks onder beheer gekry, maar kan nog nie met sekerheid die omvang van die skade bepaal nie.

“Ek dra nie verwyte in my hart nie; ek weet nie wat die brandweer se situasie is nie, maar dit maak my net hartseer om te weet as die regte besluite geneem is en daar genoegsame toerusting vir die brandweer beskikbaar was, sou mense nie gesterf het nie,” het Du Plessis gesê.

Hy het aan Maroela Media vertel hy het die brandweer verskeie kere na hierdie omgewing ontbied, maar dat hulle telkemale laat weet het hulle is te besig om brande in die omliggende gebied te bestry en het nie genoeg mannekrag, voertuie of toerusting om by dié smeulende onderbos uit te kom nie.

Du Plessis was goeie vriende met die Johnston-gesin wat in die Knysna-brand dood is. Tony, Madré en hul driejarige seuntjie, Michael, is deur die rook en vlamme oorval toe hulle vir die brand gevlug het. Madré was agt maande swanger met die Johnstons se tweede kind. Die polisie het hul liggame net 50 m van hul woning gevind.

“Ek was deurentyd in verbinding met Tony en Madré. Ek sit nog met die laaste WhatsApp-boodskap van hulle op my foon wat sê hulle kan die gloede van die vuur sien, maar hulle weet nie presies waar die brand is nie. ʼn Mens besef nie hoe vinnig so ʼn brand kan beweeg nie. Die vlamme was so warm dat die vellings van die motor gebrand het – nie die bande nie – die vellings, hoor.

“Ek voel net dit kon voorkom geword het as die regte besluite geneem is,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis en sy gesin het self voor die brand uitgevlug met net die klere aan hulle lyf.

“Ons was net 10 minute van ons huis weg, toe laat ons bure ons weet ons huis het tot op die grond toe afgebrand. Dis net die bakstene wat nog ʼn aanduiding gee dat daar ʼn huis was, selfs die 20 000 liter-watertenk wat langs die huis gestaan het, het behoorlik in die vuur verdamp.

“Ek dink nie mense verstaan die verwoesting nie. Die hele Tuinroete brand en dit is pikswart sover jy kyk. Die vure smeul nog plek-plek. Dit is apokalipties,” het Du Plessis gesê.

Beide Du Plessis en Vosloo bevestig dat hulle nie vuilspel of brandstigting vermoed nie.

“Daar was nie mense naby die brand gewees nie. Dit sal egter moeilik wees om die oorsprong van die brand te bepaal. Mense moet onthou dat alhoewel die omgewing groen is, was dit die afgelope ruk verskriklik droog. ʼn Weerligstraal of ʼn stukkie glas wat die sonlig weerkaats kon maklik die onderbos laat vlamvat.

“Die onderbos in ʼn woud kan lank lê en smeul. Hierdie smeulende kompos kan die wortelstelsel van die bome in kole omskep en ʼn sterk wind kan dit weer vinnig laat vlamvat,” het Du Plessis gesê.

“Mense moet onthou daar was terselfdertyd ook ʼn brand in die oostekant van Knysna. ʼn Mens moenie die twee verwar nie, maar ek kan nou vir jou sê ek is so seker oor hierdie brand se oorsprong dat ek daaroor in die hof sal kan getuig,” het Vosloo, ʼn wetenskaplike en oorlewingskundige, wat ook sy woning in die brand verloor het, bygevoeg.

Op die vraag oor hoe ʼn mens die trauma van die verwoesting verwerk, het hy gesê: “Ons is wonderlike mense, ons sal oorleef – ʼn mens kan nie in ʼn hoop gaan sit en toelaat dat so iets jou onderkry nie.”

Vosloo het onder meer ʼn ossewa met verskeie antiekware van die Voortrekkers ter waarde van R250 000 verloor. Hy het gereeld by ekspo’s uitgestal en kinders van oorlewingstegnieke in dié tyd geleer.

“Maar dit is aardse goed en dit kan weer vervang word. Wat my egter kwaad maak, is dat die munisipaliteit weke gelede van die brand geweet het en nou is mense dood. Aardse goed kan jy terugkry, maar mense se lewens nooit,” het Vosloo gesê.

James-Brent Styan, woordvoerder van die minister van plaaslike regering en omgewingsake, het gesê die oorsprong en ontstaan van die Knysna-brand kan tans nie bevestig word nie.

“In ʼn stadium was daar soveel as 26 verskillende brande in die omgewing wat bestry is. Daar is tans geen sprake van kwaadwilligheid of brandstigting nie, en geen inhegtenisnemings is in die verband gemaak nie. Ons sal wel mettertyd die ondersoek na die oorsake van die brand afhandel.”

Terwyl 80% van die brande grootliks onder beheer is, en die lugmag tans besig is om die verdere 20% van die brand met waterbomme te blus, het Styan gesê hulle is bekommerd oor die moontlikheid dat die smeulende woude oor die naweek weer kan vlamvat.

“Ons is veral bekommerd oor môre. Daar word weer stormsterkte winde vir die omgewing voorspel. Die potensiaal vir nog brande is weer baie hoog.” Styan het gemaan dat mense onder geen omstandighede braaivleisvure moet aansteek of vure kan maak vir kosmaak of om warm te bly nie.

Intussen is daar verskeie aksies van stapel gestuur om die inwoners van Knysna wat alles verloor het by te staan.

Die koeriermaatskappy DHL het bevestig dat hulle gratis noodsaaklike voorraad soos nie-bederfbare kos, komberse, klere en noodhulpvoorraad aan die streek sal versprei. DHL het landwyd 39 punte waar mense nie-bederfbare kos en ander noodvoorraad kan aflewer.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die diensorganisasie Solidariteit Helpende Hand het ook gister aangekondig dat hulle hul noodfonds uitgebrei het om hulp aan die mense in die Knysna-omgewing te bied.

“Hier is mense wat niks oor het ná die brand nie en nêrens heen het om te gaan nie. Tog het hulle gehelp om vure te slaan en mekaar te red.

“Ons het alles nodig, die soort goed wat ʼn mens as vanselfsprekend sal aanvaar: ʼn tandeborsel, komberse – want dit is winter – en selfs water. Party mense het voor die vure uitgevlug met net hul onderklere en pajamas aan. Sommige mense het niks, regtig niks,” het Du Plessis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pieter ·

Die smeulende onderbos diep in die woud kan nie die brande veroorsaak het wat langs die paaie begin het nie, boonop het die 26 brande feitelik gelyktydig op verskillende plekke begin. Ons mense moet nie so liggelowig en naief wees om te glo dat die brande spontaan ontstaan het nie. Dit is mos vuurmaakseisoen in Suid Afrika.

Catryn ·

@ Pieter stem saam jou. Daar is verskillende brande wat plaasgevind het. Dink die Brandweer en Polisie met self die ondersoeke doen, want iemand moes ook die onderbos aan die brand gesteek het, en dit lyk ook soos op twee verskillende plekke, dalk 3.

Onderbosse – ken daarvan. In Natal is daar baie sulke bosse en brandweer kan nie by alles uitkom, weens die baie bome. Dit is in Natal net so ‘n groot probleem en selfs in staatsbosse.

In ons gebied, nie ver van my huis, is daar netsoveel groen bosse, of altans “moeras”, dit het vir maande gebrand, en as mens gaan kyk wie daar “plak” dan weet jy waar die brande vandaan kom. Inbrake het toegeneem tot aangrensende gebiede, en dit moes oopgekap word deur verskeie organisasies om dit alles te voorkom en misdaad beter te beheer. Dalk het die gebiede in Knysna ook baie misdaad, gaan kyk maar waarvandaan word dit georkestreer.

Naby St Lucia is daar ook sulke groen bosse wat gereeld aan die brand raak, en gaan kyk maar WIE bly tussen daardie bosse – duisende plakkers maak hulle tuis daar. En dit is nie ver van Mosambiekgrens en baie “onwettiges” maak hulle in die bosse tuis, wat groot brande veroorsaak.

Ashlee ·

n Smeulende onderbos kan WEL brande op verskillende plekke laat onstaan. Inteendeel, dit is dan die vinnigste manier! Een lap onderbos verdeel in verskeie are wat in winderige toestande met n hengse spoed sal beweeg. Hoe sterker die windspoed, hoe vinniger versprei dit. Ook, wind kan n smeulende kool tot 3 myl ver dra, vlamvat, en nog draende kole versprei.

Gjorgi ·

Dit wat julle sê gaan dalk uitdraai as die waarheid maar kan ons asb tog net wag vir die bewyse voordat stellings soos “almal weet mos wie die brande gestig het” gemaak word. Dis asof elke tweede artikel op Maroela kommentare het van mense wat praat sonder om te dink…..gaan my verstand te bowe.

Tanya ·

Gjorgi, ek neem aan jy het nie die berig gelees oor al die rassisme wat daar heers ten spyte van al die verwoesting. Die ‘ander’ wat bid dat Jesus tog net asb nog wittes moet wegvat. Nou wonder ek maar net wie dink nou soos ‘dwase’?

Ettienne Swanepoel ·

Se dan vir my wat ek geskryf het wat enigsens nie aanvaarbaar was nie?

Oompie ·

Maak in elke geval nie meer saak waar of wie het dit begin nie, mense is dood en dis n hartseer wat nie verander sal word met die wie of die waar nie. My hart gaan uit na daai mense, wit en swart.

Ek ·

Ek stem as elke. Brand wat begin geblus word.sal brand. Nie verspry Nie en wAter en brAndstof ook bespaar.maar niemand gee meer om Nie. Wag. Tot dit te laat is.dan skrik hul wakker.

Ashlee ·

As dit wel so is dat die brandweer geruime tyd in kennis gestel was, en hul besluit om nie te antwoord, how bazaar!! In any other civilized country the State would be responsible, and liability would be millions, if not trillions!!

Johann ·

“Eisgeld NA brande, storms, ‘goed’ vir plaaslike sake.” Hierdie is die opskrif wat ek gister in ‘n artikel lees. Ja, na die storms wat die WesKaap getref het, die brande daar, vroeër vanjaar en nou weer in Knysna en omgewing, word daar der miljoene en der miljoene Rande in die ekomomie, mense se sakke, ingepomp om die skades te herstel en aankope te doen.

Wat dan oor sekerlik die waarheid is, want baie van die brande, dalk meeste, was as gevolg van brandstigting, as al die bewerings waar is. Dan kan mens dit seker verder vat en sou mens inligting van die versekeraars bekom oor watter bedrae hulle jaarliks aan misdaadverwante eise uitbetaal.

Sal dit dan nie ‘n aanduiding wees, as mens die somme maak, watter deel, misdaad jaarliks tot die ekonomie bydrae nie. Juis waar ons ekonomie nie aan die groei kan kom nie, moet misdaad tog deurlopend ook bydrae.

Dus vra mens, is misdaad dan nét sleg, veral in ons huidige ekonomiese klimaat? Die misdadiger oorleef, en die ekonomie kry ‘n deel.

Wat dink julle? Tot watter mate laat ‘n regering dit ooglopend toe, of het die regering net nie die mannekrag om die land te polisieer nie?

Patrys ·

Ja, logiese redenasie. Helen zille se redenasie was ook logies…

Johann ·

Ek kan byvoeg, buiten dat die misdadiger, dit wat hy bv steel, self gebruik, verkwansel hy baie daarvan, dus kom dit weer in sy woongebied of daar waar hy dit verkwansel in die ‘mark’. Die eis vir daardie gesteelde items, word deur die eiser, by die versekeraar ingedien, wat die items vir hom vervang, of kontant betaal, of herstel, na gelang die omstandighede. So oorleef die misdadiger, asook die versekerde, en die ekonomie wen.

Of wat praat ek. En ek praat hiermee GEENSINS misdaad goed nie, maar dis hoe dit is.

Johann ·

Partys, interessant dat jy dit, wat ek hier bo gesê het, met Zille vergelyk, maar baie, baie relevant.

En veronderstel ek het nou ge-TWEET en nét gesê, “misdaad is nie nét sleg nie”, sou al wat leef en beef (of dan die regses) my verguis? Ek het nou nie genoeg spasie vir my tweet gehad nie, dus weet die mense nie dadelik wat ek verder wil sê nie, dus verguis hulle my, juis omdat ons in die land met misdaad sit wat skrik vir niks, en dan nog plaasmoorde ook. Hier het ek nou genoeg spasie om dit te kwalifiseer.

Maar dit beteken nie dat, mens nie daaroor kan gesels nie, of MAG gesels nie en deur die gepeupel stil geskree word, soos in die Zille geval.

Dirk ·

Johan, die regering laat verseker die misdaad toe. Dis logies dat kriminele met bendelyers soos Zuma en die Guptas, geensins sal omgee oor misdaadvlakke in die land nie.

Die koste van misdaad en natuurrampe is steeds werklik alhoewel dit in die huidige siek ekonomiese stelsel dalk nie so lyk as mens na dele daarvan sou kyk nie.

Die beginsel wat mense uit die oog verloor, is dat geld eintlik net ‘n ruilmiddel is, en dat n gesonde ekonomie goedere moet produseer wat die vuil stukkies papier waarde gee.

Voorbeeld: Jy het klein landjie wat net 5 karre in die land het en R500 000 se geld in omloop het. Jy laat die entrepreneurs toe om karre te bou en einde vd jaar het jou ekonomie nog 5 karre gebou, dan het jy 10 karre wat die prys per kar sou afbring na R50k. Die regering kan dan nog R500k druk sonder om inflasie te skep en jou ekonomie het 100% gegroei.

As die bou van die karre verhoed word met belaglike wetgewing en belastings en toegelaat word dat 2 gesteel word en nog een afbrand, dan veroorsaak dit dat die oorblywende karre se pryse styg na R250k elk. Die R300k om die karre te vervang kom uit premiegeld uit wat mense moes betaal het vooraf waarmee hulle goedere en dienste sou gekoop het wat werk en ekonomiese groei sou skep andersins. (Die karre is voorbeeld van alle goedere wat in ekonomie geskep moet word om geld waarde te gee.)

Johann ·

Dirk, kan ons dit ‘n naam gee? Kyk, na 1994 het diefstal en inbrake by besighede en huise die hoogte in geskied, sekere ander misdaad ook, soos kar diefstal, transito, ens, maar terug by die voormelde, in daardie tyd het ons dikwels daarna verwys as synde die verdeling van ‘rykdom’, wat ons geglo het ooglopend toegelaat word, want dit het net nie einde gekry nie, en die versekering het betaal dat dit hik. Dit het vir ons gevoel die regering kyk ander pad. Kan mens dit nie noem BEE, Regstellende aksie, of waaronder sou mens dit kon indeel, want dalk is dit soos die regering dit beskou het, daardie ‘herverdeling van rykdom’, en dat dit die mense toekom het.

Johann ·

My hart gaan werklik uit vir my medemense met hulle groot verlies, mag die Almagtige Vader u in vertroosting bring. Pieter ja onderbos het ‘n manier om die tiepe ding te doen

John ·

Waarvoor het ons hommeltuie? In beboste gebiede kan sulke apparaat ingespan word om vroegtydig gevare uit te wys. Tronkstraf vir oopvure tydens gevaartye moet toegepas word. Te veel amptenare sit op hul breine en wag net vir maandeinde en dan moet werkloses hul lewens verloor, soos om op brandstapels te moet sterf, om die hogeres se onverantwoordelikhede te gaan blus. ‘Fire’ die onverantwoordelikes! Vure moet voorkom word, ‘Working on/in fire’ is ‘n onbegonne en lewensgevaarlike taak.

Dirk ·

John, ek stem heeltemal saam met jou. Weet jy dat ons lugmag al in die 80’s Onbemande Vliegtuie gehad het wat honderde kilometers ver kon vlieg en groot gebiede kon monitor vir tot 9 ure lank met 50L brandstof? Waar hommeltuigies maar 15 minute lank kan rondvlieg teen maksimum 60km/h kan daai goed 9 ure vlieg teen 250km/h!

Moderne elektronika het die koste van sulke sisteme geweldig afgebring en sal vandag selfs meer effektief kan wees om bosbrande en misdaad te bekamp en monitor. Dis ongelukkig vir die huidige regering belangriker om die belastingbetaler se geld te steel en gebruik vir hulleself.

w ·

Ons harte bloei en ons huil vir onbekendes. Die oorsprong van brande ken ons ni ma indien dit brandweerdiens se nalatigheid is moet iemand vervolg word. ?

Vraatus Kannibalus ·

Andile Mngxitama van BLF reken die storms (en ander natuurrampe soos droogte en aarbewings) is die skuld van “wit monopolie kapitaal” wat opsoek is na meer om te vat, meer om te vreet. Witmense het die aarde opgevreet volgens hom en natuurrampe is anti-swart en rassistiese konstrukte deur bose wit magte.

pietie ·

Julle logika werk nie regtig uit nie. Verhoogde eise lei weer tot verhoogde premies en wie betaal dit? Buitendien kan die skade aan mense en verlies van lewens nie met geld reggestel word nie.

Leendert ·

Ons weet dit, maar dis nie waaroor die argument hier bo gaan nie.

Robert ·

Ek en jy verstaan dit so, en dit is reg so, maar vertel dit vir die massas……

Vraatus Kannibalus ·

Nee dis mos witmense se skuld volgens Andile Mngxitama van BLF. Die droogte en aardbewings ook. Dia “wit monopolie kapitaal” se skuld. Ons soek glo nog om te vat, nog om te vreet. Ons het glo die aarde opgevreet en elke natuurramp is anti-swart en rassistiese konstrukte deur “bose wit magte”.

Johann ·

Pietie, ek wens dit was soos jy sê, maar dit is wat werlik in die realiteit gebeur, soos daarbo geskryf is, dis nie raaiwerk nie. Wat anders? Gee jou sienswyse van wat gebeur, ek verneem graag.

jaco ·

As hierdie brande almal gestig is en almal teen wit mense en die DA gerig was, waarom help die polisie en die lugmag, wat deur die oorwegend swart en anti-DA ANC regering beheer word, om die brande te blus?

Alida ·

Niemand kan direk verantwoordelik gehou word nie. Die plakkers maak vuur om hitte en warm kos te he. Hulle het nie kaggels en geriewe soos ons nie. Die regering kon al 700 000 gedienste huise gebou het met die miljarde wat gesteel is sedert 1994. Dit is uit en uit die ANC se skuld. Daai mense bly in haglike omstandighede.

Sê maar net ·

Almal wat so oordeel en n skuldige soek. Besef julle nie ons lewe in die laaste dae nie. Hou op oordeel wat rondom jou gebeur en ondersoek jou eie hart. Elke mens gaan gaan alleen voor God staan ongeag ander se opinie.

Jacoba ·

Stem saam met Alida ivm huise bou MAAR met oop grense en huidige houding van regering sal daar NOOIT genoeg behoorlike beplanning en uitvoering van planne wees. SIESTOG.

Nadia ·

Ons gebede gaan na almal wat hierdeur geraak word. Wat my bekommer is die vure begin nou oral, Thornhill, Oesterbaai, Woodridge en Van stadens brand, Buffelsbaai, en selfs gehoor iewers in Durban. Dan is daar mense wat goed op FB kwytraak soos ‘lag in my mou want ons weet wie bly in Knysna’…WAT??? Alle rasse is geraak in hierdie tragedie!!! BAIE hartseer dat daar nog mense is wat hulself oor ander se tragedies kan verlekker.

Alida ·

Nadia sommige mense is dwase. Hulle sal ook n beurt kry glo my. My hart bloei vir mense wat ek nie eers ken nie.

"Some net iemand" ·

Baie snaaks. Polisie kry altyd skuld vir die onheil van ander. Nou die brandweer wat nie reageer. Ja dis nou hulle fout. Mar baie snaaks hoe verskillende vuure voorkom het ne. Nogals ene diekant en ene daaikant…….mmmm. Dis mos nou maklik om dit te doen……isit nie. Plaas van se son wat weerkaats op ‘n stukkie glas. Word wakker. Want julle dink nooit en dan word julle onder gekry…….deur wie nogals?

Dries ·

Onderbos oorsaak van brande – is daar onderbos in George en Mosselbaai ook wat die brande daar veroorsaak het . Lyk my die hele Weskaap is op ‘n onderbos gebou , wonder wie of wat is die vuurhoutjie !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.