[Video] Só kan jy kapers fnuik

Argieffoto

ʼn Video wat daarop gemik is om lede van die publiek voor te berei om die kanse vir ʼn moontlike kapingsvoorval te verminder, is al bykans een miljoen keer op sosiale media gekyk.

Dié video, wat vervaardig is deur die Londoloza Protection Group, is vandeesweek op sosiale media gedeel as voorkomende maatreël vir kapingsituasies.

“Dié video is veral belangrik vir vroue wat alleen tuis aankom. Deel die video om almal bewus te maak van dié voorsorgmaatreël,” het die groep gesê.

Die video lê daarop klem dat mense dikwels ʼn groter risiko staan om gekaap te word omdat hulle nié die regte voorsorgmaatreëls tref wanneer hulle voor hul eiendom of in ʼn oprit stilhou nie.

In die video word van fiktiewe kapingsvoorvalle gebruik gemaak om vir kykers te wys wat die regte manier sou wees om by jou huis of voor enige eiendom stil te hou.

Kyk die video hier.

Thank you to the people that made the video.This is especially important to woman arriving home by themselves. Please share to make everyone aware of this good practice.

Posted by South African Police Complaints unofficial on Thursday, March 16, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Ons kan nie die kriminele vasvat en onder beheer hou nie……….dus moet ons ons gedrag aanpas om voorkomend op te tree ter wille van oorlewing? Ons is heeltyd besig om te rittereer…..Dienste word nie gelewer nie, dan doen ons dit self en bly die verskaffer wat ons gefaal het, betaal. Veiligheid en sekuriteit (wat volgens ons “wonderlike grondwet” die staat se eerste prioriteit behoort te wees, gebeur nie….en ons doen dit self, en bly die verskaffer wat ons gefaal het, betaal. Skoolopvoeding is swak….dan doen ons dit self, en bly die verskaffer wat dit moes voorsien het, betaal. Gesondheidsorg is pateties….dan doen osn dit self en bly die verskaffer wat in gebreke gebly het, betaal. Infrastruktuur verval of word beskadig en afgebrand….maar niemand word vervolg nie, ons betaal vir die herstel en wag dat dit weer afgebrand word. Wat ‘n ongelooflike “verloor-verloor” situasie is ons nie in nie?

Koos ·

Ag Maroela. Doen ons lesers ‘n guns en plaas ALTYD die link na you tube ook. Ons wat nie julle videos kan oopmaak nie wil graag ook geleentheid he om te kyk. Dankie

Tana ·

Hi, thank you so much for sharing our video. However please change the details of the post, it was in fact made and posted by us at Londoloza Protection Group. Thank you.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Tana

Dankie vir jou kommentaar! Die artikel is gewysig met ʼn skakel na julle webwerf. Dankie!

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Ek twyfel ·

Ek twyfel of die oplossing só maklik is. Die voertuig wat volg is darem baie naby maar sal ook met ‘n verder volgafstand wag tot die hek oop is en die voertuig om te kaap eers ingery het.
Die enigste sal wees om ‘n verdere straatblok om te ry en dan te kyk of jy agtervolg word. Jy sal dit elke liewe dag moet doen en ook dan afwissel om jou woonplek/kuierplek van meer as een rigting te nader. Dis dan wanneer sekuriteit ‘n werk word en jy dan sommer gou-gou terugval in jou ou roetine.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.