Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad is Sondagoggend voor juigende skare ingeplof.
Ross Demolition het die 12 verdiepings skouspelagtig laat inplof waarna die stad se nooddienste van die geleentheid gebruik gemaak het om ʼn soek-en-reddingsoefening uit te voer aangesien die terrein ʼn soortgelyke omgewing bied as dié van ʼn gebou wat ineengestort het.
Bouplanne vir ʼn nuwe hotel is glo reeds goedgekeur.