Video: Só vier PG du Plessis sy verjaarsdag!

PG du Plessis en Chris Barnard tydens du Plessis se 80ste verjaarsdag.

PG du Plessis en Chris Barnard tydens du Plessis se 80ste verjaarsdag. Foto: Esté Meyer Jansen

ʼn Video van PG du Plessis se verjaarsdagkonsert volg onderaan die berig.

Die bekroonde skrywer PG du Plessis het sy 80ste verjaarsdag saam met ʼn paar bekendes en aanhangers tydens ʼn spesiale verjaarsdagkonsert gevier.

Sandra Prinsloo en Marius Weyers het die aand ʼn draai op die verhoog gemaak en Anna Davel het Du Plessis en sy gaste bekoor met ʼn paar liedjies.

Elize Cawood, Deon Lotz en Frank Opperman het die gehoor laat skater van die lag toe hulle ʼn skets gedoen het as karakters uit Du Plessis se nuwe televisiereeks, Pandjieswinkelstrories.

Du Plessis, wat met sy Koöperasiestories diep in die harte van Suid-Afrikaners gekruip het en talle stories tydens die immergewilde televisieprogram  Spies en Plessie – met permissie vertel het, het self ook die gehoor vermaak met ʼn storie.

Maroela Media het voor die tyd met Du Plessis gesels oor wat die aand vir hom beteken en wou by hom weet wat is die grootste les wat hy ooit geleer het. Sandra Prinsloo en Marius Weyers deel ook ʼn snaakse staaltjie oor Du Plessis en ʼn kaftan…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.