[Video] Só werk ‘duur flitsligte’ vir polisie

Skermgreep uit die video

ʼn Groot uitgawe wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens op die laaste dag van die 2015/16- finansiële jaar meer vir 169 flitsligte aangegaan het, het wye reaksie uitgelok, maar ʼn video wat dié toerusting demonstreer poog om kritici twee keer te laat dink.

Andre Farber, ʼn konsultant vir Forensic Data Analysts (FDA) en wat ook opleiding aan forensiese polisiebeamptes verskaf, het ʼn demonstrasie van die toerusting op YouTube gelaai.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het glo meer as R52 miljoen betaal vir 169 flitsligte. Daar is dus meer as R300 000 per flitslig betaal.

Farber het aan Maroela Media verduidelik dit is nie net ʼn enkele flitslig wat R300 000 kos nie, maar ʼn volledige stel toerusting wat onder meer verskeie forensiese ligte, lense en ander komponente insluit wat forensiese beamptes kan help met hul werk. Die forensiese ligte word ook só vervaardig dat dit op ‘n spesifieke golflengte kan werk.

Hy verduidelik in die video hoe die toerusting gebruik kan word om bewyse op ʼn toneel raak te sien (soos liggaamvloeistowwe of selfs vingerafdrukke), wat nie noodwendig met die blote oog sigbaar is nie.

“Hierdie toerusting word ook oorsee verkoop en in ʼn land soos Australië betaal hulle tot AUS$24 000 (ongeveer R264 000) vir ʼn stel en in Amerika, vir ʼn kleiner stel met minder toerusting, tussen $15 000 en $17 000 (tussen R215 000 en R244 000),” het hy bygevoeg.

“Ek is passievol oor my werk en die opleiding wat ek aanbied. Daar is beamptes wat hierdie toerusting met groot welslae aanwend,” het Farber bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Fourie ·

Uiteindelik ! Fantasties! Mag dit seën bring vir elkeen wat daarmee werk. En mag dit in die hande bly van verantwoordelike, kundige en toegewyde forensiese ondersoekers binne die SAPD! Hoop dit gaan lei tot baie meer arrestasies, nie net in hoë-profiel sake nie maar ook in voetsoolvlak misdade waaraan ons deesdae so swaar sluk.

Lizl Scheepers ·

Jitte, baie dankie! Baie dankbaar iemand is positief! Ek gebruik die ligte daagliks, en glo my, dit is die moeite werd!

Albatros ·

Dis nie die probleem nie. Ons vang hulle, maar dan laat ons hulle weer vry.

Susan@@ ·

Hoekom het hulle dit nie al lankal aangeskaf nie!! Sjoe dit is slim.?

Colin ·

Op n toneel waar ek was,was die toerusting met sukses aangewend. Positiewe vingerafdrukke was gekry en n verdagte was gearresteer

Pieter ·

Uiteindelik CSI tipe toerusting on geweld misdaad te ondersoek, Dink net hoe makliker sou dit wees on die afgelope paar jaar se opsraakwekkende moorde opgelos te kry het.

DJ ·

Ek stem saam!!. Daar is baie Kundige Polisiemense en dit sal hulle verseker help. :) Dis Positief.

Leahim ·

Daar is so n groot verskil tussen die polisie kundiges in die vsa en Australië jy kan hulle nie vergelyk met die in die sapd nie miskien met Zim en Somalië se polisie dan kan die SAPD saamgesels .

Passop ·

Nou moet jy ligloop. Ek het familie lede in die polisie. Eerlike mense, kundige mense wat baie hard werk en aan baie gevaar blootgestel word. Die polisie is nie net vol van incompetent mense nie, daar is polisiemanne en vroue wat uitstekend is. Moet hulle nie beledig nie.

Sdl ·

Hoekom het die DA so groot ding van dit gemaak. Is daar wel iets verdag? Of is dit suurdruiwe? My opinie die DA moet meer huiswerk doen.

MissDemeanor ·

Ek dink juis nou dieselfde. Die DA het lankal al my stem verloor.

Lag maar net ·

Die prys van R300000.00 per sogenaamde stel klink vir nogsteeds teveel

Francois du Plessis ·

Net 3 vrae:
– Hoeveel meer sake is suksesvol opgelos met die R52 milj se toerusting? (Volgens misdaad statistieke lyk dit nie veel meer nie)
– Hoeveel van hierdie 169 stelle is nog volledig, en in besit van die SAPD?

Fotograaf ·

Farber se ultraviolet lig demonstrasie kan gedoen word met ‘n R80 ultaviolet ligbron, die Pelican tas waarin die ‘spesiale’ flitse verpak is is meer werd as die UV flits. Die paar kamera filters waarmee gespog word kan aanlyn vir ‘n paar honderd rand gekoop word. Selfs uitstekende optiese glas soos Leitz of Zeiss sal beswaarlik R1000 elk kos. In die land van die blindes is eenoog koning. Net ‘n blinde sal R300 000 vir daai tassie vol tjol betaal.

Sdl ·

Fotograaf. Nou begin jou eie maatskappy en vervardig die produkte. Ek dink jy gaan baie belangstelling kry van oorsee ook teen die pryse wat jy dit kan maak.

Mikrobioloog ·

Die filters en ligbronne wat ons in die laboratorium gebruik om fluorescente bakteriele kolonies op petri plate te tel is baie minder gesofistikeer …maar daardie filters is vrek duur. So ek kan glo dat hierdie toerusting duur is.

ECB ·

Stem saam met jou. As hulle vir my se die stel kos R30000.00 elk dan sal ek dit aanvaar maar nooit R300000.00, tjol. Die vidieo is tipies ” salesman talk”. Verkoopsman sal jou einige tjol vertel net om homself te beskerm.

cc ·

kyk,,,,,as jy nou vir my se daai flitslig sal lig werp op die “moneytrail”van sekere hoog geplaasde amptenare(noem hom arguments onthalwe : Jacob), dan se ek great!!!
Wat n goeie koop!!!
Anders is dit toerusting wat oor ‘n jaar n nuwe baas gekry het of net erens in n kantoor onder docets le.

Nita ·

Ons het ‘n inbraak gehad – duidelike voetspore. Ons eie mense het spoorgesny tot by die stat. Polisiehonde sou die inbrekers waarskynlik baie gou kon kry. Ons wag nou nog vir ‘n hond, of ‘n beampte…. met, of sonder, ‘n flitslig…..

Henda ·

In vandag se chaotiese omstandighede is dit so moeilik om te weet wat is waar en wat is vals berigte. Hoe groot is my teleurstelling om te sien dat selfs Maroela Media nie sy feite agtermekaar het nie. En boonop ‘n hoofopskrif wat onmiddelik negatiewe reaksie uitlok. Sien nou die chaos wat dit veroorsaak? Hoekom is daar van die begin af nie net gepraat oor die “stel” toerusting nie?? Natuurlik gaan mense kwaad wees oor ‘n flits van so ‘n belaglike bedrag! Ag nee. Ek is uiters teleurgesteld!

Andre ·

Hoeveel van die flitse werk nog en hoeveel is al weg,as n vuurwapen kan verdwyn is n flits niks om weg te raak nie

Nick Smit ·

Die feit dat hierdie tipe uitgawe probeer regverdig word is verspottend. In die area waar ek woon is ‘n vreeslike geweldadige bende te werk wat onder andere ‘n hulpelose tiener meisie sewe keer geskiet het die afgelope week en ‘n jaar of wat terug ‘n jong pa wat gesmeek het vir sy lewe koelbloedig voor sy vrou en ses maande ou baba dood geskiet het. Twee lede van die bende is aan gekeer deur ons sekutiteits maatskappy maar deur die onkundigheid van die polisie is hulle sommer net vry gelaat uit die aanhou selle. Spandeer eerder daardie geld op misdaad voorkoming as misdaad oplossing. Lei taakspanne op om te konsentreer op hoë misdaad areas. Koop perde en motorfietse en helikopters.
Om flitse te koop is soos om pruimedante te eet om maagwerkings te stop. My bloed kook letterlik.

Briekmerk ·

Miskien sou 52 miljoen rand beter aangewend kon word vir meer lede en beter opleiding?

Deon ·

As 169 polisiemanne opgelei was om dit te gebruik en te beheer (deel van die kontrak) en elkeen was met so ‘n flits uitgereik dan glo ek dit was geld goed bestee. Die polisiemanne word (elkeen) verantwoordelik gehou vir die beskerm, beheer en algemene onderhoud daarvan. Driemaandelikse inspeksie, behoorlike oorhandiging (getekende sertifikate) na ‘n volgende gebruiker..dan kan dit werk.

Andre Farber ·

Ek daag jy uit – kom kyk hoe lyk dit en werk dit.
Ek sal alles met jou deel.
Dan kan jy jou opinie in ‘n objektiewe manier gee.

Andre ·

Fotograaf: Dit is beslis nie so eenvoudig soos jy dit laat klink nie.
As dit was sou daar baie mense en besighede gewees het wat dit kan doen.
Ek nooi jou uit om persoonlik te kom kyk hoe dit lyk en werk. Asook wat die uitdagings is en die tegniese aspekte wat ter sprake is. Hierdie is “high-end” tegnolgie is beslis nie iets wat sommer by enige plek te koop is nie.

Hanna ·

Jinne, julle moes nooit die prys genoem het nie. Nou gaan hierdie toerusting ook uit die polisiestasies begin “wegraak”!

Derik ·

Die waarheid sal seevier!
Was daar nie iemand se vrou as tussenganger nie? En al kos dit R250k per stel, eaar is is die ander 50? Waar daar n rokie trek, is daar n flitsliggie!

Andreas ·

Ek self was al op verskeie misdaad tonele waar die toerusting gebruik is. Dit maak ‘n groot verskil. Misdadigers gebruik allerhande maniere om so min as moontlik leidrade agter te laat. Die polisie moet die beste toerusting moontlik gebruik om bruikbare leidrade op te spoor, te bewaar en te gebruik in howe. Die toerusting word slegs deur opgeleide lede van Kriminele Rekordsentrum of Forensies gebruik.

Ek sê weer. Raak betrokke by die GPF en sien wat in die polisie aangaan

Isabel ·

Op n positiewe noot “Bravo” wat n oulike idee. Mag dit oplossings bring vir baie dinge wat nie dadelik opgelos kon word nie. Gebruik dit wys en met respek.

Daniel ·

Ek is self ‘n polisie lid verbonde aan die k9. Die ligte werk fantasties! Ek wens ek kon net 1 of 2 van daai ligte gehad het. Ek is altyd so verlig wanneer my LCRC kolegas op die toneel kom met hul stel ligte. Maak die soekna bewysstukke soveel makliker. Dis merkwaardig as hul jou wys wat daai goed doen. Skelms en sindikate gebruik die beste tegnologie. Die polisie moet probeer by hou.

ECB ·

Ons het laas week Dinsdag ‘n inbraak op my plot gehad en daar is twee motor fietse gesteel. RAAI WAT. Ons wag nog steeds vir einige forensiese polisie om op te daag. Die ligte het seker klaar voete gekry.

Kyk bietjie verder ·

Fotograaf se kommentaar hierbo is heeltemal in die kol. Niemand plaas in dispuut dat die tegnologie goed gebruik kan word nie, die prys is egter verregaande. Indien so ‘n stel wel USD15G kos, hoe kom mens by R300K uit? Dis hoogtyd dat Keith Keating se ‘deals’ met die SAPD en staat behoorlik ondersoek word. Dit kom al ‘n lang pad, van die dae toe Visual Analysis die Analyst’s Notebook sagteware aan die polisie verkoop het onder die hand van Gen Maj Marlene Meyer en haar man Willie (wat albei bedank het uit die polisie)

bgj van der westhuizen ·

wel as daar van die begin af gese was watter flits ligte was dit sal mense beter verstaan het almal wat al prente gesien waar soort gelykte goed gebruik word sal weet dit werk maar soos gewoonlik kry ons mos nie regte nuus nie net halwe inligting ek hoop die mense wat dit kry om mee te werk weet wat hulle doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.