Die video volg onderaan die berig.
ʼn Volskaalse soektog duur voort na Brenda Lynn Scriven (62) wat Maandag vermis geraak het tydens vloede in Durban weens swaar reën.
Volgens Reaction Unit South Africa wys kringtelevisiebeeldmateriaal hoe Scriven se motor Maandag op die hoek van Glen Anilstraat en Sneezewoodweg in Durban-Noord gaan staan het.
Sy het glo vir ʼn insleepvoertuig gewag toe ʼn rivier daar naby oorstroom het. Sy het vermoedelik uit haar voertuig gespring toe dit deur vloedwater meegesleur is en is ook deur die vloedwater weggespoel.
Die polisie, lede van die publiek en verskeie nooddienste en instellings soek sedertdien onverpoosd na Scriven, wat vermoedelik verdrink het.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die soektog na Scriven het Vrydag op die rivierbanke van die Umgenirivier langs Old North Coastweg hervat.
“Die gebied is deur die polisie se soek-en-reddingseenheid geïdentifiseer nadat honde Woensdag leidrade daar opgemerk het. Met die hulp van die Ethekwini-nooddienste is opdrifsels en modder verwyder sodat ʼn meganiese graaf in die omgewing kan grawe,” het Van Reenen gesê.
Mense met enige inligting oor Scriven word versoek om ao. Audh by 072 796 1818 of die polisie by 0860 10111 te bel.
Water, wind en vuur: wanneer dit hand uitruk is die natuur onvergeeflik. Wat ‘n ongelukkige sameloop van omstandighede vir haar. Werklik ‘n fratsongeluk. Ek vertrou dat sy gekry sal word en sterkte aan die betrokkenes.
Die hartseer van die stories is die oorledene se boedel en sy mense moet nog steeds die skurk onderhou all word hy skuldig bbevind. ( belastings)
Watse skurk? Die vloed?