Video: Solidariteit pak Inkomstediens in hof oor rassediskriminasie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die vakbond Solidariteit pak die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die arbeidshof oor beweerde rassediskriminasie.

Karen Labuschagne werk die afgelope 26 jaar vir die Inkomstediens. Sy het aansoek gedoen vir ‘n pos in 2010 en is deur ‘n interne paneel daarvoor aanbeveel. Labuschagne het egter nie die pos gekry nie omdat die Inkomstediens meen daar is té veel wit vroue in sy diens.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Helena ·

Ek het in Junie aansoek gedoen by hulle vir ‘n pos in hulle forensiese afdeling, en is af gekeur sonder enige verduideliking.

Grappie ·

mmm… Jy’t van die verf vergeet. Probeer dit volgende keer. :-)

hentie engelbrecht ·

Jou kwalifikasies is te hoog. Jy moet net weet hoe om pay te trek en verder hoef jy niks te weet nie!!

Shannon ·

So ja. Is dit nou duidelik dat hofsake werk ? Nie.
… nee wat, die legal eagles is reeds hard aant voorbereiding vir die volgende een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.