Video: Solidariteit pak polisie oor regstellende aksie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Daar word vir die eerste keer in die arbeidshof geveg teen ‘n regstellende aksie-plan in sy geheel; pleks van bloot net die toepassing daarvan. Die vakbond Solidariteit het aansoek gedoen om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se diensbillikheidsplan in geheel onwettig te laat verklaar.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rudi ·

Ek hoop die hof sal geregtigheid laat geskiet. Ek twyfel sterk of die ANC en hul volgelinge dit sal toelaat. Hoe andes gaan hul die lekker lewe op ‘n skinkbord ky? Net een oplossing vir geegtigheid. Ons hou op TAX betaal

Rudi ·

Ek hoop die hof sal geregtigheid laat geskiet. Ek twyfel sterk of die ANC en hul volgelinge dit sal toelaat. Hoe anders gaan hul die lekker lewe op ‘n skinkbord kry? Net een oplossing vir geregtigheid. Ons hou op TAX betaal

Shannon ·

Alle sterkte met julle …. 90ste ? een honderste ? hofsaak Solidariteit !!
Ek gaan so waagkans vat en die verskeie uitkomste raai –
– Solidariteit gooi tou op driekwart deur die ‘saak’ a.g.v. finansiële redes
– die hof beslis in die guns van Solidariteit. Die ‘saak’ stagneer en die regering gaan voort soos normaal
– die hof beslis in die guns van Solidariteit. Die regering bevorder egter slegs swart lede. Die gevolglike opvolg ‘saak’ word ingedien deur Solidariteit.
– die hof beslis in die guns van die SAPD en die ‘saak’ dien as voorbeeld wat in ander sektore geimplimenteer moet word.

Renate Barnard ·

Solidariteit is die ENIGSTE vakbond wat die moed van oortuiging het om die staatsdiens te takel oor onbillike arbeidspraktyke. En handdoek ingooi of die geveg net los, was nog nooit ‘n opsie nie. Baie dankie en sterkte vir die stryd – aanhouer wen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.