Video: Solidariteit se advertensie wat DStv glo weier

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die vakbond Solidariteit het vandag ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is, op sosiale media aan die publiek vrygestel.

Solidariteit sê die advertensie, waarin vakbond-lidmaatskap bemark word, sou op kykNET uitgesaai word.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, is dit die tweede keer dat DStv weier om ’n televisie-advertensie van Solidariteit uit te saai.

“As DStv nie ons advertensie wil uitsaai nie, sal ons ander maniere vind om die advertensie aan die publiek te versprei,” verduidelik Kruger.

Kruger sê duisende gebruikers van sosiale media het vandeesweek hul ongelukkigheid met DStv op sosiale media laat blyk.

Kruger sê die publiek se ondersteuning vir Solidariteit se veldtog is oorweldigend. “Ons ondersteuners het veral op Solidariteit se Facebook-blad hul steun vir die veldtog getoon. Daarbenewens het verskeie lesers van veral aanlynkoerante hul misnoeë met DStv se weiering om die advertensie uit te saai in hul kommentaar op artikels oor die veldtog laat blyk,” sê Kruger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ella ·

Ja nee kyk, dis omdat daar nie een swarte in die advertensie is nie! Gaan kyk maar hoeveel advertensies is daar wat net swartes het en geen blankes nie!

Leeutjie ·

Ek stem saam met jou genoegisnougenoeg! Soliraditeit is nie net daar vir die witmense nie. Dis vir alle rasse. As daar ‘n anderkleurige met die pik gestaan het sou dit ook weer diskriminasie gewees het. Laat mens gedurig voel jy is onder ‘n vergrootglas. Dis ‘n baie goeie advertensie!

Babs ·

Selfs op KYKnet wat veronderstel is om ‘n Afrikaanse kanaal te wees, is advertensies swart en in Engels. Karen Meiring gaan niks daromtrent doen nie. Tyd dat daar veranderings plaasvind. Baie goeie advertensie van Solidariteit. Ons sal seker maak dit word versprei. Kom Karen, wys vir ons watter kant van die draad jy sit.

soutie nel ·

Want dit is wit dis hoekom hulle dit nie wil uit saai nie want om wit te wees is n Sonda

johanna toerien ·

Ek sien niks daarmee verkeerd ni dis baie smaakvol gedoen miskiwen is daar nie genoeg kleur inni daarom wil dstv dit ni uitsaai ni

Jacques Ferreira ·

Dit lyk of julle net vir blanke lede bedien. Baie wit vir n reenboognasie !

Este Gerritz ·

Wat het hierdie advertensie met kleur of ras te doen. Asseblief man !

Volkswag ·

Baie goeie advertensie, welgedaan. Ek dink egter die rede dat die advertensie nie geplaas word nie, is dat die laaste kêrel swart merke op sy gesig het. Dalk probeer Solidariteit ‘n swart motorwerktuigkundige uit te beeld en die poletoer het opgeraak.

Volkswag ·

Ai ou Este, waar is jou sin vir humor? Duidelik was my opmerking ietwat hoërgraad vir jou. Kom ek spel dit uit. In die lig van die onlangse tragiese polimiek wat uitgebars het om die twee dame studente wat gekleë was as swartmense, sien ek die satiere raak dat Solidariteit se gremeringsspan se ‘black is beautiful’ op geraak het in die inkleur van die motorwerktuigkundige se gesig.

Leeutjie ·

Toemaar Volkswag… Jy het my darem laat lag! Goeie humorsin jy!

pieter conradie ·

Geen maar geen fout met daardie advertensie nie!! Puik gedoen! Regtig DSTV? KOM BY!!!! Baie van julle kyker tal is wit. So pas op….julle mag hulle dalk net verloor…

Kys de Wet ·

Daar is mos daardie wet wat “BEE” beskerm. Waarom is “WIT EKONOMIESE BEMAGTIGING” nie aanvaar baard nie?
Net EEN rede:
JY KAN NIE DIE WITMAN SE GELD WAT BEE MOET DRA, OOK GEBRUIK OM WEE TE DRA NIE. “BEE was fists.”

Meisie ·

Dit gaan nie oor wit of swart in die advertensie nie , dit gaan oor die party,…. as dit nou `n anc advertensie was, sou hulle dit sommer dubbel advertensie tyd gekry het!! DSTV wil nou besluit watter party gann hulle bevoordeel, en wat vertel dit vir ons van hulle????

Johan Brits ·

Politieke korrekheid begin werklik alle verstand te bowe gaan. Hierdie advertensie is so neutraal, self Tony Ehrenreich sal stil wees.

Shirley Wassenaar ·

Ek kan dit byna nie glo nie. Ek stem KYKnet is verskriklik liberaal en wil graag polities korrek bly hulle is te bang om enigeiets ander op hulle program te wys. Ek kyk net Binneland en ek is mal oor die akteurs. Hulle is Mandela mal. So erg dat ek telkens na ander stasie moes oorgaan. Ek weet glad nie hoekom Dstv dit nie wil wys nie. Hulle is bang vir die witmense. As daardie persoon met die pik swart was sou dit ook nie reg gewees het nie want dan sou helle se dit is diskriminasie .

NAUDE VISSER ·

HAHAHAHA BAIE GOEIE ADVERTENSIE MAAR DAAR IS NET BLANKES IN DIE ADVERTENSIE DIS HOEKOM DSTV DIT NIE SAL UIT SAAI NIE HULLE SIEN DIT AS DISKRIMENASIE TEEN NIE BLANKES
WANT MENSE VAN N ANDER RAS MOET MOS VANDAG ORALS IN GEDRUK WORD ANDERS WORD DIT NIE GOED GEKEUR NIE OF DIT WORD AFGESKIET OF DAAR WORD NET VIR JOU GESE JAMMER DIS NIE WAT ONS SOEK NIE
SIT N NI BLANKE PERSOON IN DIE ADVERTENSIE EN JULLE SAL DIT REG KRY OM DI ADVERTENSIE OP TE KRY BY DSTV

tania ·

Daar is net een rede hoekom dstv dit nie wil plaas nie en dit is omdat daar nie “diversiteit beoefen” is in die advertensie nie. (is dit polities korrek gestel?)

Suné Horn ·

Ek dink nie dit het met kleur te doen nie, geensins nie. Ek wens mense wil na onredelike gevolgtrekkings spring. Alhoewel ek vind wel fout met die volgende: Daar word gesê “Wat is so omstrede aan hierdie advertensie dat DStv nie wil hê jy moet dit sien nie? Ons weet nie.” en dadelik daarna word gesê “DStv gee ook nie GOEIE redes nie”. My vrae: Gee hulle redes en dis net nie goed in Solidariteit se opinie nie, of gee hulle geen redes nie? Sê DStv die video is onstrede of se Solidariteit so? Oor die advertensie: Die eerste sin “Daar is NET EEN organisasie wat veg vir jou reg om te werk…” Dis onwaar. Daar is talle vakbonde in S.A. Is dit moontlik dat DStv nie vals informasie wil uitsaai nie? Is dit moontlik dat indien daardie eerste sin anders benader was, hulle dit moontlik sou uitsaai? As Cosatu dieselfde video gemaak het, en ook gesê het hulle is die ENIGSTE vakbond wat veg vir jou reg om te werk, sou dit nog ‘n goeie advertensie gewees het? “Ons dink dis sensuur.” Net omdat julle dink dis sensuur, beteken nie dit is nie. As die advertensie goed uitgevoer was in die eerste plek sou daar nie ‘n probleem gewees het nie. Ek sou ook nie leuens wou versprei as ek DStv was nie.

Christaff ·

Hoekom is daar nie Afrikaanse sepies of Arikaanse programme op Catchup nie? Dt kan sommer deel word van die debat met DSTV. Ek het die vraag aan DSTV gevra in di kliente diens vraelys wat hul vir my gemail het hoe goed is hul diens. Dstv het glad nie ‘n antwoord vir my terug gemail nie. Met wie kan ek daaroor praat by DSTV?

Steven ·

dstv is swart en sal niks van wit uitsaai nie. dis hul manier om ons nie n kans tegee om ons saak aan die hele wereld tewys nie.

MD van Niekerk ·

Daar bestaan ‘n vrees dat die boerevolk sal mobiliseer en daarom word enige vorm van saamstaan afgekeur. Dit is ook ‘n bewys dat vryheid van spraak ingeperk word en dat die nasionale uitsaaier beheer word deur die party in beheer.

Ansie du Plessis ·

Ek dink die gemeenskap het JUIS sulke advertensies soos hierdie nodig. Dis jammer DSTV sien dit nie so nie. Gelukkig kan mens op ander maniere ook die publiek bereik..

Ryno ·

Dit is seker te wit. Maak die mense swart in advertensie dan sien julle hoe vinnig word dit uitgesaai.

joe ·

Komaan dit is voor die hand liggend! Waar het jy gesien n jong witman staan met n pik en koplig en werk soos n arbeider of myner asseblif julle fool die publiek delete net daardie een image want dis die probleem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.