ʼn Liedjie genaamd Sauce-a-loza, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma is op YouTube gelaai.
Die musiekvideo verwys hoofsaaklik na die Nkandla-skandaal, maar verwys ook na vorige aanklagte wat teen die president gebring is.
Loer gerus ook of jy Helen Zille in die video raaksien.
Die kopiereg van die video behoort aan TIMS United Artists, wat homself glo beskryf as Kunstenaars teen Korrupte Politici. Die liedjie is Dinsdag, 29 April op YouTube gelaai.
ʼn Video, Nkandla Style, het vroeër opslae gemaak op sosiale media. Die oorspronklike video is verwyder, maar talle ander is weer op YouTube gepubliseer. Klik hier om meer te lees.