ʼn Span Britse avonturiers en ingenieurs se droom om die landspoedrekord te verbeter is nou besig om ʼn werklikheid te word, en dit danksy die samewerking van hulle Suid-Afrikaanse eweknieë.
Die eerste kommunikasietoetse is onlangs by Hakskeenpan in die Noord-Kaap gedoen waar dié poging aangepak gaan word.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.