Video: Speaker in Baai sy pos kwyt

DA-raadslid Victor Manyati het buite stemming gebly. Foto: ANA

Die speaker van die Nelson Mandelaabaai-metro, Jonathan Lawack, is Maandagoggend tydens ʼn raadsvergadering uit sy amp verwyder.

Die mosie is deur die UDM se Mongameli Bobani gebring. Lawack is met 60 stemme vir die mosie uit sy amp gestem teenoor 59 stemme teen die mosie.

DA-raadslid Victor Manyati het skokkend genoeg buite stemming gebly, wat uiteindelik gelei het tot Lawack wat sy posisie kwyt is.

Johan Mettler, die stadsbestuurder, het ná Lawack se verwydering die raadsvergadering waargeneem en moes eerstens die kwessie rondom die verkiesing van ʼn nuwe speaker hanteer.

Ander mosies waaroor daar ook gedebatteer sal word, is die verwydering van Athol Trollip as die uitvoerende burgemeester van Nelson Mandelabaai.

Die DA het versoek dat daar geleentheid gegee word vir koukus terwyl opposisiepartye daarop aandring dat die vergadering voortgaan.

Mettler het die raadsvergadering tot 14:00 verdaag terwyl hy regsadvies inwin oor hoe om die vergadering verder te hanteer.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Potlood ·

Oooooo die Hemele weet… Hulle is so behep op mag en beheer… Elke week is dit dieselfde ding… Hulle mors so baie tyd en geld!

zoom zoom ·

En so val die DA stukkie vir stukkie. Volgende is Pretoria en JHB.w

Awie ·

So word laaste hoop gebreek. Selfbeskikking sal ons finale hoop wees.

KP ·

Wanneer gaan die DA leer jy gaan nie n ooreenkoms met die duiwel aan nie.

Jovaro ·

Ek kon nog nooit kleinkry dat enige blanke, veral ‘n konserwatiewe of regse blanke, vir die DA kon stem nie. As julle jul geskiedenis bestudeer het sou julle weet dat die DA bloedlyn deur kommuniste beheer was. Dus is jy wat vir die DA kon stem ook dus ‘n kommunis in jou ondersteunende stem.

Oor Selfbeskikking – nie in die volgende 100jaar nie. Ons blankes het dit destyds op die onderhandelingstafel opgeneuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.