Video: “Spook” in ou kroeg afgeneem

Die figuur wat op video afgeneem is.

Die figuur wat op video afgeneem is.

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Spook is glo op Valentynsdag vanjaar in een van Engeland se oudste kroeë, die historiese Ye Olde Man and Scythe, op die kroeg se kringtelevisiekamera afgeneem.

In die video kan ʼn mens die buitelyn, wat soos die figuur van ʼn mens lyk, by die kroeg se toonbank sien staan.

Die bestuurder van die kroeg het gesê die kringtelevisiestelsel het op die dag om 06:18 eweskielik ophou werk. Hy het ondersoek ingestel en die figuur opgemerk. Die eienaar is skepties oor die bonatuurlike, maar is oortuig hy het ʼn spook op kamera vasgevang.

Die kroeg bestaan reeds sedert 1251 en is glo Engeland se vierde oudste kroeg. Daar word beweer dat die sewende baron van Derby, James Stanley, se gees in die kroeg spook.

Die edelman, wie se familie die oorspronklike eienaars van die gebou was, het glo die laaste paar ure van sy lewe in die kroeg deurgebring, voordat hy in 1651 onthoof is.

Bron: Ananova

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.