Video: Springbokke dalk binnekort Rooibokke?

Die nuwe truie. Foto: SARU / ABSA

Die nuwe truie. Foto: SARU / ABSA

ʼn Video volg onderaan die berig.

ABSA, die amptelike borg van die Springbokke, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die Springbokke gaan binnekort in rooi en goud op die veld uitdraf.

Die span gaan glo vir die eerste keer dié nuwe truie dra as hulle op 14 Junie vir Wallis die stryd aan sê in die eerste toets vir die seisoen.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het gesê die verandering van die tradisionele groen en goud na rooi en goud, was nie ʼn maklike besluit nie. Volgens Saru skep die treffende rooi trui die gevoel van passie, krag, dapperheid en mag.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het gesê hulle is ʼn innoverende maatskappy en dit sou gek wees om nie aan maniere te dink wat die spel vorentoe kan neem nie. “Daar is altyd die risiko om as ‘outyds’ bestempel te word, en ons het dit goedgedink dat daar geen beter tyd is om die aankondiging te maak nie. Die trui sal later vandeesmaand onthul word,” aldus Roux.

“Die Springbokke het ʼn lang nalatenskap en tradisie wat deel is van die geskiedenis van Suid-Afrika,” het David Wingfield, bemarkingshoof van Barclays Africa, gesê. “Ons ondersteun hierdie erfenis ten volle en, as amptelike borg van die span, is ons opgewonde om by hierdie nuwe fase betrokke te wees. Ons is geëerd dat die land se nasionale rugbyspan in ons handelsmerk-kleure gaan speel.”

Volgens die verklaring gaan die nuwe trui op 24 April tydens ʼn spoggeleentheid in Kaapstad onthul word.

Of hierdie net ʼn April-gekkedaggrappie is, sal ons moet wag om te sien.

http://youtu.be/6dT3iTLl0Fs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Regina ·

Ek wonder hoe gaan dit lyk as Wallis en die Springbokke rooi truie gaan dra………Probeer weer.

JOHANNES BLOM ·

As die nie ‘n April gek/grap is nie wil SARU indirek se die ALL BLACKS IS OUTYDS OF WALLIS OF DIE AUSSIES.Wel na my mening as dit nie ‘n grap is nie dan is SARU dommer as wat ek gedink het.Dankie tog ek is is ‘n ALL BLACK ONDERSTEUNER DEUR EN DEUR.

Melissa ·

Hierdie MOET sekerlik ook ‘n April Fools grap wees, want ek kan nie sien hoe mense dit sal toelaat nie. Hoekom lees ek eers nuus vandag…..

Nadine ·

Several newspapers on Tuesday published prank stories and advertisements for April Fools’ Day, mocking government and recent controversial projects.Political parties and sports bodies also joined in the April Fools’ Day fun, by issuing prank press statements to media outlets.

The SA Rugby Union announced a radical change to the Springbok kit making it red and gold in the first test match of the 2014 season, against Wales.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.