[Video] Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die restaurantgroep Spur het Donderdag ʼn gedeelte van kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het, aan die media beskikbaar gestel.

Die beeldmateriaal wys hoe ʼn man ʼn kind aan die arm gryp, voordat die kind se ma hom aan die ander arm gryp en ʼn woordewisseling volg.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, het Woensdag aan Maroela Media gesê ʼn deeglike ondersoek van dié beeldmateriaal toon die vrou in die video, Lebohang Mabuya, se weergawe van die voorval is akkuraat.

Die man in die video het Mabuya se seun glo daarvan beskuldig dat hy sy kind geboelie het. Mabuya het egter aangevoer dit was die man se kind wat haar seun geboelie het.

“Die beeldmateriaal toon duidelik die man het die vrou se kind op ʼn aggressiewe manier gegryp en dié soort optrede is onaanvaarbaar,” het van Tonder gesê. Hy het gesê dit is nie duidelik of die man se kind wel geboelie is nie, maar selfs al sou dit die geval wees, was dit volgens Van Tonder onnodig om aggressief en beledigend te wees.

Hy het ook gesê Spur het nog nie daarin geslaag om met die man in verbinding te tree nie, hoewel die organisasie Mabuya Woensdag ontmoet het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gesin van Capital Park in Pretoria vrees intussen vir hul lewe nadat hulle talle doodsdreigemente gekry het sedert hul telefoonnommer en huisadres verkeerdelik as dié van die man in die sogenaamde Spur-voorval versprei is.

Maroela Media het versoek dat die beeldmateriaal van die hele voorval, insluitend die gebeure vooraf in die speelarea, beskikbaar gestel word. Spur het nog nie op die versoek reageer nie. Van Tonder het egter Woensdag aan Maroela Media bevestig die volle video stem steeds ooreen met Mabuya se weergawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

112 Kommentare

Willem ·

Daar het jy dit nou. So nie net het hy die vrou gedreig met aanranding nie, maar hy het haar kind gegryp. Duidelik het die man dit heeltemaal verkeerd hanteer.

Ruby ·

Verkeerd. Die eerste fout was haar kind wie se handjies te lig is.

Tweede fout: Die ma moes haar kind berispe het, maar toe besig sy haar soos ‘n dame! gedra.

Willem ·

Daar is ‘n regte manier en verkeerde manier om die saak op te los. Toe hy haar kind aan die arm, nogal meer as een keer gryp, en wragtag die vrou nog dreig met aanranding, het hy klaar die argument verloor. Hy kan baie bly wees hy het nie op my gepick nie.

Willem ·

Pierre,

Eerstens, ek sou die diknekmannetjie gedagvaar het tot hy niks oorgehad het nie. Ek is nie meer 10 en moet appels swaai om alles uit te sorteer nie
Tweedens, die man is alles behalwe rustig – hy gryp die kind aan die arm – jy kan dit sien op die video – so die “ooggetuies” is maar net rassiste soos die diknekmannetjie – wat nooit so so opgetree het met ‘n wit vrou nie

Inge ·

Willem, ek stem 100% saam met al jou kommentaar. Maak nie saak wat sy vir hom gese het nie, JY RAAK NIE AAN IEMAND SE KIND NIE! Ek sal hom nie net gevloek het nie ek sal hom gegee het waarmee hy haar gedreig het! Dit sou nou anders gewees het as ‘n volwassene die kind geklap het, maar dit was nie. Kyk nou waar sit hulle en die arme mense wat vals beskuldig is, net omdat hy nie sy humeur kon in toom hou nie. Nou is dit weer ‘n massive rasse ding, mense word met die dood gedreig. Was dit nou regtig nodig! Nee, mens moet jouself gedra, al gedra die ander person hom/haarself nie.

Jaco ·

Almal insluitende Spur glo ek het die saak verkeerd hanteer. It takes 2 to tango. Daars altyd 3 kante aan n saak. Die een party, die ander party en die regte kant. Ek kan nie sien waarom word die man verreneweer en die vrou op haar hande gedra nie. Hy moes die saak met bestuur opgeneem het en as sy n dame was moes sy so opgetree het. As daar skorsings moes wees moes albei geskors word.
Tot nie weer sien Spur. Julle kan nou maar julle familiekaart terugkry!

AL ·

Die video begin nie van die begin af nie, waar die oorsprong van die konflik was nie. Het Spur dit so geredigeer om sensasie te skep? Nogal child abuse onderaan News 24 se video.

Willem ·

Wat het dit te doen met die man se optrede? As grootmens RAAK JY NIE aan iemand anders se kind nie

Willem ·

Ja, ek stem saam. Die verskil is, ek het respek vir alle vroue, selfs die wat so praat, en niks wat ‘n vrou vir my sê gee my vrye teuels tot geweld nie!

Pierre ·

Ek salook graag wil weet hoekom word die hele video nie van die begin af gewys nie?

Sonet ·

Sal ook graag die HELE video wil sien, van wat in die speel area OOK gebeur het. SPUR stel gemaklikheidhalwe net die een deel van die video bekend. Is daar nie veronderstel om ‘n oppasser in die speel area te wees wat toesig hou oor die kinders nie? As SPUR reg wil optree moet hulle ALBEI die partye verban en nie net die pa nie.

BS ·

Wat van die beeldmateriaal van die speel area toe die kind sy kind geklap het. As my kind geklap word deur n ander kind maak nie saak watse kleur nie sal ek ook so voel teen daai kind. Nee wat Spur probeer maar net hulself regverdig. Soek die beeldmateriaal van wat gebeur het met die kind dan is dit regverdig.

AL ·

Ek stem! Haar kind het dan geweldadig opgetree. En met so ñ ma wat so aangaan, het die boelie maar net die maniere van sy ma geleer.
Nou moet arme boelie traumabehandeling kry.
Die man het die saak verloor toe hy sy humeur verloor het.

Johann ·

Ja SPUR CEO…wonder watter PR maatskappy probeer jou uit jou penarie help met goed geplaasde reaksies op jou blatante op en aanmerkings teenoor die pa? Watse anert raak jy kwyt oor weet steeds nie wie die man is nie…maar in ander berrigte gooi jy wal oor die gevaarlike gevolge van JOU uitlatings teen blankes wat jou SPUR voor goes genoeg was vir JAAAAARE? WAAR is die res van die bewld materiaal? DANKIE MAROELE::::: hou aan vra…en maak sekwr die SPUR laat nie ee4s die video n draai maak by n goeie editor nie!

Wil jy nou meer ·

Dit is wat ek ook gewonder het. Met die dat daar so baie kinders wegraak, verwag ‘n mens daar sal darem ‘n kamera in die speel area ook wees. Tensy dit dalk “STUKKEND” is.

Scalla ·

Is daar nie beeld materiaal van die speelplek waar die geboelie plaasgevind het nie.

Gerald ·

Vra my, die kamera in die speel area was op daai staduim buite werking ( dit was seker jul storie gewees)

Leandra ·

Wow what a story. I have read all of different reactions. So i also now wanna say my say if i may lol. Nr 1. younger girl allegedly hit older boy. And older boy responds by hitting her back. My son is not allowed to hit ppl. Aspecially a child younger and a girl!! Period. The mother, or her husbands job is to teach their child that. If the child had manners, and at ten children know very good and well what is right and wrong. Everything after that would not have happened. So. Everyones losing their minds and crucifying the father, that was in the first place doing his job protecting his younger then the boy daughter for acting like the womans son did in the first place…..

Willem ·

Kids make mistakes, even at 10. You go to the parents and sort it out like grownups. It does not give you the right to grab somebody else’s child or threaten the parent with violence

Hannes ·

Ja Willem, maar in enige ander land sou die ma wat so vloek en skree ook verban gewees het.

Ig ·

Wat ek nie verstaan nie is hoe kan Spur se bestuur die hele petalje laat aangaan sonder om in te gryp en die situasie te ontlont.

Willem ·

Dis die eintlike probleem hier. Hulle vat die geld met ‘n glimlag, maar met die dat hulle ‘n familie restourant bestuur moet hulle planne en opleiding hê vir die tipe gebeurtenisse, met streng reels dat as jou kind iemand boelie word die kind uitgeskop uit die speelarea.

Anota ·

Ja en daar verander die spur buy one get one free. Want sommige mense vat mos die hele straat spur toe. NEE DANKIE. HOU JULLE KOS

Vra Net ·

Dit kom voor dat Spur heen beeldmateriaal het van die kinder speelterrein nie. Ouers moet maar bekommerd wees as daar geen kameras is in die speelhoekkies nie. Jou kind gaan geboelie word. Spur steek dit net goed weg. Ek soek die beeldmateriaal waar die dogter geboelie is.

AL ·

Maroela volg asb dit op met Spur waar die oorspronklike insident van die kinders gebeur het. N Saak het 2 kante.

AL ·

N Saak het 2 kante. Maroela dring aan op asb op die hele video. Maak Van Tonder se lewe vir hom warm, dan sal Spur nooit weer waag om sensasiebelus te wees nie.

Wolmarans ·

Dit is beslis kommerwekkend veral wat die veiligheidvan kinders betref. Intressant dat so ‘n lang video navore kom. My man se selfoon is van die tafel afgesteel by ‘n Spur en toe hy vra na die videos toe is dit net “glipse” van sekondes op ‘n keer,,,,,,

Seppie ·

Waarom net een sy van storie publiseer?
Waarom nie die beeldmateriaal van waar die kinders mekaar boelie nie.
Waar is die BESTUUR van SPUR gewees daardie dag?
Waarom was die bestuur nie op die vloer daardie dag nie?
Dit wys jou net wat verwag kan word van SPUR in toekoms!

AC ·

Die klein kleuter dogterjie het nie ‘n kans gehad teen 10 jarige se klappe nie. Om iemand so te klap dat 5 vinngers duidelik op haar wang sit rooi en opgehewe sê vir my ñ ander storie. Passop dat bordjies nie verhang word as dit met een van jou kinders of kleinkinders gebeur het nie.

Willem ·

Hoe weet jy hoe haar wang lyk? Die fotos op Whatsapp wat versprei word het niks met die geval te doen nie, MaroelaMedia het dit ook al so oorgedra

Karin ·

AC waar het jy die foto gesien van die dogtertjie met 5 vingers duidelik op haar wang rooi en opgehewe? Of was jy self daar?
Pasop, daar is tans ‘n foto wat die rondtes doen van ‘n klein blanke dogtertjie met merke op haar wang – dis ‘n foto van ‘n Amerikaanse dogtertjie van ‘n voorval wat verlede jaar daar op ‘n skoolbus gebeur het. GLAD NIE verwant aan die Spur geval nie!
Ek is net so vies oor die hele storie en voel die vrou verdien net soveel om verban te word as die man want sy het die situasie totaal verkeerd hanteer. Baie min van ons was daar en ons het nou al die “eyewitness account” gelees van die man wat wel daar was, maar selfs HY was nie in die speelarea nie. Wat ek wel weet is dat die vrou om verskoning gevra het oor hoe sy haar gedra het – die man het nie. En ek is baie jammer, as dit wel waar is dat sy dogtertjie die eerste klap gegee het, dan is hy HEELTEMAL verkeerd. My dogtertjie is self 4 jaar oud en as sy aan ‘n ander kind klap in ‘n speelarea en sy kry ‘n klap terug – sorry sussie! Dogtertjies moet kan kry nes hulle uitdeel. Net omdat sy ‘n meisie is beteken dit nie sy kan klappe uitdeel soos dit haar smaak en dan die slagoffer speel nie.

Tinktinkie ·

Mense d foto van d dogterjie met d rooi handmerk op haar gesig is nie d man se kind nie. Ek weet hoe lyk hulle dogtertjie, sy het donker haartjies!!! D foto wat versprei word is vals!!!

Nellie ·

Hoe erg is dit dat jy nie eers vir jou eie kind mag opstaan sonder dat jou gesin dreigemente kry nie. Wie dreig hulle gesinne as hulle n boer op sy plaas dood maak of slaan!!!!! Niemand!!!! Hoekom is ek nie verbaas oor spur se optrede nie. Lyk my wit mense se geld maak nie meer saak nie, selfde as ons lewens en en hoe ons voel. Ek hoop daai persoon wat die man se besonderhede so gee brand ini hel

Willem ·

Nellie, die verkeerde man is geteiken met dreigemente, die artikel is op die voorblad van MaroelaMedia

Jof ·

Waar is die video van die speel area Spur? Of word dit toegesmeer?

Marius ·

Help niks sonder klank ons weet nie wat sy vir hom gese het om die man so om te krap???

Vra Net ·

Bo aan die Video staan “Spur Smoking.”
Wat soek kinders in die smoking gedeelte????
Spur behoort vervolg te word vir kinder mishandeling

Johann ·

Skerp opmerking…of verwys die SMOKING na die rook wat getrek het nadat die dame haar dame taal so m8ldelik g3deel het. Of die.rook wat getrek het toe die dame in n artikel in die BEELD van vandag se die man het hulle as.dames.geteiken…? Waar daar n rokie trekkkk.sit die SPUR se CEO en vuur gooi op n eensydige ras keuse uit sy eie doen en late!

E.K. - ek sê net! ·

Vra net en Al – asseblief tog! Dit gebeur in al sulke restaurante daagliks. Plus kinders van rokend eouers is tuis heeldag en aldag in hul ouers se gerook, so moenie na strooihalms gryp nie!

Willem ·

Ons definisie van aggressief verskil – as grootmens sit jy nie nie hande op iemand anders se kind nie – finish en klaar

Uitlok? Gee dit hom die reg om te drei en soos ‘n barbaar tekere te gaan?

Hy sou dit nie met ‘n wit vrou gedoen het nie

Anti Spur ·

Op die kamera staan “spur smoking ” sit die arme kindred in n rook area?

Buitestander ·

Dankie marloela met die vinnige verwydering van video.
Dit jaag net gemoedere op.

Regtig? ·

Liewe aarde! Dat so voorval nou die hele land tot stilstand ruk. Almal het ‘n eiertjie te le en iets te se. Hoekom moet mense to teer op ‘n ding en aan en aan en aangaan oor ‘n ding. Dit is beslis nie die eerste keer dat so iets gebeur nie en beslis ook nie die laaste keer nie. Dalk moet almal hulle bepaal by hulle eie dinge en aangaan met die lewe. Wat maak dit nou eintlik saak wat gebeur het? Gaan dit iets in jou lewe verander? nee.. gaan jy iets daaraan kan verander? nee.. gaan almal ‘n stertjie bylas en WEEREENS die kleur kaart gooi? BESLIS JA!
Plaas dat almal net aangaan met hulle lewe en doen wat hulle moet doen, nie omgee oor wat in ander se lewens aangaan nie en mense mekaar aanval oor opinies wat verskil..dit mag dalk ‘n groot verskil maak.

lw ·

Die rede waarom dit so ñ warm besprekingspunt is, is omdat dit wit op swart gedrag is.
Danksy ons hoofstroom media en sosiale media – dis hoe die ANC daarvan hou, terwyl die land brand met korrupsie en moord, werkloosheid en verkragting agv hul onbevoegdheid) bepaal die ANC en hul maatjies hul eerder by sensasie op sosiale media.

Ook n slagoffer ·

Wag tot die skoen op jou voet is…dis van los DAT die land uitmekaar val…of wag tot jy in so situasie is Dan sien one hoe tree jy op…makliker gese as gedoen ne

Penelope ·

Ek neem die SPUR kwalik dat hul nie probeer om almal te akkomodeer nie. Die hele publiek weet nou al dat die hele storie nie op die betrokke video verskyn nie. Waarom doen die Spur se bestuur nie moeite om die ander videos te kry nie….So maklik soos dit. En soos ek verstaan het die man eers ordentlik met die ma probeer praat, maar sy het so geskree dat al die kinders een vir een verdwyn het…. hulle sal moet berading kry agv die situasie, nie net die man se toedoen nie. Daar bestaan nie meer regverdigheid nie en dit sou nie so groot storie gewees het as dit 2 blankes of 2 nie-blankes was nie. Maar die rasse-kaart word altyd gespeel en die opstokers sit agteroor in hul Multi-miljoen rande se huise terwyl mense mekaar doodmaak! Ons moet baie hard bid dat God almal se harte sal versag en mense mekaar verdra, ons is almal moedeloos….

Ansa van Venrooy ·

Spur julle wys wat gebeur het nadat daai boelie die dogtertjie seer gemaak het. Hoekom wys julle nie die footage wat op speelgrond gebeur het nie? Die ma is ver van akkuraat want sover gesien kan word sit sy by die tafel. So sy het nie n clue wat werklik gebeur het nie. Hoekom haar en kind heeltyd verdedig?? Die man het wel die kind aan arm gegryp maar maggies ons is ouers is dit nie instink as ouer om jou kind te verdedig nie? O maar ekt vergeet syt mos omverskoning gevra vir haar krutale so sys vergewe. Diep teleurgesteld in Spur. Julle oordeel is pateties geniet die handjievol kliente wat jul nog gaan ondersteun. Ons is klaar met julle. Kruip maar verder met n gratis ete.

Kenzel ·

Ek stem 100% saam met jou stelling oor ouers wat hul kinders beskerm. Ek is n ouer en dit is instink vir my om my kind te beskerm. In hierdie geval beskerm die man sy dogtertjie teen ‘n 10 jarige kind. Die vrou beskerm maar net haar 10 jarige seun teen n volwasse man.

Rudi ·

Wat van al die gru moorde, slagtings, verkragtings, kapings, die rasistiese aanmerkings wat ons daagliks moet beleef. (nooit deur die media opgeblaas nie) Die rasistiese opmerkings wat op facebook gemaak word, hoe ons vermoor en ons vroue verkrag moet word. NIKS, daar sal NOOIT NIKS gebeur nie. media, polisie, politieke partye, staat. NIKS is vir ons nie maar teen ons!! Alles gaan net vererger, niks sal beter word nie. Wens ons wil wakker skrik!! Iemand word gevloek in SPUR, nie gedreig met moord of verkragting nie. Dit moet mos nuus maak! Kom ons gebruik SPUR om te StIRR!! Jy as blanke, mag en kan niks doen nie, jy het geen regte nie. Almal weet dit.

Johan ·

Vriend van my se hy sou n strategiese besluit geneem het en sy vrou ingestuur het.

Chrisjan ·

Die situasie kon baie vinnig deur die dogtertjie self opgelos gewees het…. as iemand jou slaan, slaan jy terug, harder en seerder. As jy nie jou man kan staan nie, vermy die speel groepie. As die mannetjie die les by die dogtertjie gekry het sou ons nie woord daarvan in die media gesien het nie. Leer julle kinders om na hulself te kyk. Dieselfde geld vir die pa, hy weet wat die situasie in die land is, as jy nie die bekgeveg kan wen nie vermy die Spur. Hierdie is Afrika, die sterkste bul oorleef. Ons het vir ‘n kort tydjie westerse maniere op afrika afgedwing, dit is verby.

Rupert Ashford ·

Joumeisiekind van 5 sal sleg seergekry het as sy dit probeer het. Die onaanvaarbaarheid van geweld teen vrouens en kinders geld nie almal nie. Vra die vrouens en kinders in “huisrowe” en plaasaanvalle. Hierdie manne word anders grootgemaak.

Loop by my ore uit ·

Ag nee werklik!!!! Genoeg is nou genoeg. Ek dink as ek nog een keer van hierdie moet lees, skiet ek ‘n kat. Dis asof mense niks produktiefs het waarmee hulle, hulle besig hou nie. Regtig!!!! Gooi klippe tot vervelens toe. Die vrou was maar net so skuldig. Sy het soos ‘n tierwyfie te kere gegaan. Sy behoort haar te skaam vir daai smerige mond. SIESA!!!! Sy kry seker haar kos met aarvoeding want met so mond kan jy nie eet nie.

vierkleur ·

Kan hierdie SPUR asb die beelmateriaal wat die speel area afneem vir ons wys?
Ons sal mos daarin kan sien wat tot die argument gelei het,dan nie?

Willem ·

Die storie het net mooi niks met plaasmoorde te doen nie. “hulle vermoor ons uit”, bid jou aan!

Willem ·

Ek sien ‘n groot aggressiewe afrikaner man ‘n ander vrou se kind gryp, en die vrou dreig met aanranding – dit is verkeerd en jy weet hy sou nie so met ‘n blanke vrou gemaak het nie

#s# ·

Weer eens is daai ou verkeerd regtig en om om te draai en se daai ou se kind het eerste geslaan nee wat ek weet nie julle wurry blykbaar net oor 1 persoon soos dit vir my lyk wat van altwee nou praat almal van rasisme is dit dan nie rasisme om net 1 te verban nie regtig ek was n groot klient by spur in Gauteng maar soos Spur nou aangaan weet ek nie. Julle is Pateties om net 1 verantwoordlik te hou as sy hom nie so gemok het nie was die omstandighede anders maar ja en Spur moet by kom in die lewe want weer eens wys dit n mens net ons as wit mense hey mos nie n reg nie wat het geword van ordentlik heid dit is sommer by die deur uit en ja Hulle al 2 was verkeerd maar om kant te kies maak Spur hul self ook skuldig aan die sogenaamde Rasisme waar oor als mos altyd moet gaan……REGTIG WORD NET GROOT EN KRY BIETJIE SENCE!!!!!!!!!!!

Hein ·

Die hele voorval is belaglik. Beide was verkeert en stel ‘n onsettende verkeerde voorbeeld aan hul kinders en selfs ook ander kinders in hul teenwoordigheid oor hoe om konflik te hanteer. Dit is hoekom ons vandag in ‘n land bly met soveel aggressie en geweld… En as ‘n bekende plek soos Spur ‘n punt wil maak dan stem ek saam beeld die volledige storie uit van speel area tot tafel.

AL ·

Het jul al die hele video gekry van Spur? Ek sal popcorn maak…. Movie time!

AL ·

Willem jou ma het jou baie mooi grootgemaak. Nietemin het jy seker beter selfbeheersing as ander as die vrou soos n straatvrou vloek en skel op jou.

Michael ·

As mens is dit maklik om kante te kies maar, regverdigheid moet die orde van die dag kry,Die voorval moet nie eers op video gespeel word nie want dit lok net verdere agresiewe gedrag en kommentaar.Spur moet die voorval hanteer en dit is privaat tussen daai mense.Nou word ander mense met hulle lewens gedreig.Die social media soos wat hy bekend staan het nou n paar keer die verkeerde indrui geskep en veroorsaak net rasse geweld en haat spraak.

E ·

Ag nee wat as ek die vrou was het ek net daar die kids gevat en loop. Die ouers is erger as die kinders. Ek skaam my dood.

Trudie ·

Almal wat so aan gaan oor die beeld materiaal van die speel area,??? wat maak dit tog saak wie het wie geslaan, kinders is tog kinders en al was jou kind nie verkeerd nie, wat wou die man nou eintlik bereik het, N jAMMER. Ek is n ma van n amper 3 jarige dogtertjie en sy word groot gemaak om vir haarself te kan opstaan, gryp n volgroeide man so aan my kind ( al was my kind verkeerd) sal ek verseker nie die saak daar los nie. Die man was duidelik verkeerd. Al die blankes wat die Spur wil booikot julle spite net julle self want glo my die Spur gaan julle geldjies nie mis nie.

Daniel ·

Die wit my is beslis verkeerd. Kinders stamp en stoot aan mekaar, dit is kinders, hy kan nie net n kind se arm gryp en hom begin trek ook nie mik om na n persoon te klap. Maak nie saak wat voor dit gebeur nie sy optrede by die tafel is verkeerd. Witman meng in met ander se privaatheid by hulle etenstafel, onaanvaarbaar.

Emmie ·

klein obserwasie wat ek gemaak het – die kamera wat dit af geneem het word genoem “SPUR SMOKING”…… Dod dis teen die wet vir kinders om in die rook area te sit..

Vra maar net ·

Wat my diep bekommer is dat op die skerm staan ”spur smoking” mmm laat mens wonder het hulle in n rokers area gesit?

Ouma ·

Ons het altyd as ons kleinkinders kom kuier, Spur toe gegaan om hul uit die woonstel kry. Dis naby aan ons, en die speelgoed is lekker, en veilig. Maar wanneer ma’s te lui is hul vol agterstewes met moeite te lig en te gaan kyk of als nog reg is by die kids, gebeur dit dat 10 jarige knapies weier om van 3 jariges se speelgoed af te klim en dan stamperig en stoterig raak. My bloed het so gekook dat ons besluit het om nie langer terug te gaan Spur toe nie. Met ‘n piekniek mandjie wat baie goedkoper uitwerk, besoek ons nou die dieretuin, hasiepark, leeupark en ons kan in vrede die dag deurbring. Spur is totaly over-rated. Duur en kos maar doodgewoon.

Benito ·

Trudie….so ons los die ou wat die vuurhoutjie getrek het en beskuldig die ou wat gemaak het of hy die ou wou klap wat petrol bly opgooi het….

Trudie ·

Benito Die verskil is hy het na n vrou toe gemik, kan nie baie van sy karakter se nie.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Hoe belaglik is sekere kommenatre nou dat uitgewys het die man het eerste vinger gewys en sommer die kind gegryp. GEEN verskoning vir sulek gedrag nie. Hy moes toe die kind geklap was na die bestuur gegaan het. Nou kom mense met kommentaar kinders hoort nie in rookareas (terwyl die kinders van rokers HEELTYD elke dag in hul ouers se rook moet sit!) en al sulke twak terwyl dit oral in alle restaurante gebeur. Enigiets om nou Spur aan te vat; totaal kidneragtig. Nou wil almal skielik sien wta in die speelarea gebeur het. Wat ookal daar gebeur het die hele storie gaan oor die man se gedrag teenoor die vrou en haar kind en haar gedrag. Moenie swak verloorders wees nie, dis duidelik wie die bullebak hier is. En daarby keur ek NIE die vrou se gedrag/taalgebruik goed nie. Nie en van die twee hier is REG nie, albei het baie swak opgetree en dit voor hul kinders. En die wat Spur nou so wil boikot – dis kinderagtig; swart mense is die meerderheid en sal dan maar net in jul plek gaan. Wat ook ironies is is dat almal maar die “slegte” kos en “hoë” pryse betaal het tot hierdie voorval, nou skielik is dit te erg. REGTIG?

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

En jammer oor my vingerfoute maar ek is so …vol vir mense se eensydigheid en “diepe” bekommernis oor kinders in ‘n rookarea terwyl dit altyd oral so gaan – tuis heeltyd! Plus die ander opmerkings hier. Regtig mense, kry iets om te doen.

Morne Coetsee ·

Al 2 se optrede is onaanvaarbaar. Maar dis vir my as n blanke man totaal onaanvaarbaar dat n blanke man die P woord gebruik selfs tussen net ander mans, wat nog te sé vir n vrou in die openbaar?

gert ·

Neewat, Ek boikot Spur – het nou agtergekom hoe agterbaks hulle is. Ek het al groter kinders as 10 jaar oud by hulle speelarea sien speel – en dit is genoeg vir my gewees.
Ek sou ook my kind beskerm het indien sy deur ‘n groter kind geslaan word. Sonder twyfel.

Johann cb ·

Wie het oorspronklik hierdie veelbesproke video op sosiale media begin versprei?
Hierdie tipe insident kom daagliks voor en word nou uit verband geruk…só voel baie van ons daaroor…

Marga ·

Presies, dankie Johann cb. Ek is nou al so keelvol vir die SPUR episodie’tjie ek kan skree! Ek was self vir jare kelnerin in Spur en ander restaurante tydens skool en studies. Hierdie tipe insident is nie vreemd nie. Dit gebeur daagliks. Maar dit vat een sensasievraat om skielik die wereld om te keer. So onnodig. Eintlik, pateties. Het ons nie beter dinge om te doen nie? Ek het sopas 1 minuut van my lewe gemors om eng mense in SA jammer te kry wat baie meer tyd mors oor hierdie tipe nonsens.

Henk ·

Selektiewe en geredigeerde video: wat het VOORAF gebeur wat die man so ontstel het”

Ben Niemand ·

Ongelukkig is dit irrelevant. Maak nie saak wie het wie se knoppies gedruk nie, as jy die party is wat hand-gemeen raak (in hierdie geval die man wat die seun aan die arm getrek het) verloor jy die saak. Ek weet, was al daar…

Cherokee ·

Jimmel julle is ‘n klomp opgesweeptes! En dit oor iemand wat met genoegsame rede verban is by Spur. Spur is onnodig duur en soos by ander restaurante moet die kliënte nog hul kelners se salarisse ook betaal met fooie maar as kliënte dit goed vind om ‘n aand daar te gaan geniet mag hul duur plesier nie bederf word deur ‘n onbeskofte kliënt wat die aand vir almal wil bederf nie.

‘n Debat oor die regverdiging van fooitjies (‘ies?) vir kelners sou beter aanklank vind in ‘n forum soos hierdie. Gesels liewer oor waarom restaurant eienaars nie self hul kelners se salarisse betaal nie.

Ljl ·

Ek kry die vroutjie en haar kind so jammer ,dat hulle deur hierdie trauma gesit moet word , ek glo baie van ons wat die ware feite nou ken se siening sal verander tov. SPUR en die vroutjie.

AL ·

Ons wag in spanning vd video. Maroela, het jul vir Mnr Van Tonder in die hande gekry?

AL ·

Die arme vroutjie het pragtige gekruide taal gebruik en die arme vroutjie het nie haar mond gehou nie en soos n matroos gevloek!

Theresa ·

Aawwww. Vroutjie????? Pragtige taalgebruik en fyntjies bly piep dat die man ‘n dit en ‘n dat en wat nog is. Baie petit gesqueek dat hy fouteer. Die ou dierbare kindertjies het met skoene en al so oor die sitplekke geklim – fyntjies, hoor. Die man was al ver weg (omring met manne) toe die arme vroutjie steeds piep en beduie. Groot kindertjies speel nie tussen kleintjies nie – hul moet mooitjies sit aan tafeltjie by mammie. COME ON!

Gatvol ·

Regtig?! Vir my lyk dit eenvoudig of die man die kind se hand neem sodat hy kan gaan verskoning vra vir sy optrede ! Persepsie is ‘n wonderlike ding, elke mens sien net wat hy wil uit sy eie verwronge raamwerk.

Ek keer nie een van die twee se optrede goed nie en definitief ook nie Spur s’n nie.

Hulle is besig om hierdie hele storie in die verkeerde rigting te stuur. Hulle kon eenvoudig ‘n verklaring gedoen het dat twee klante in ‘n onderonsie betrokke geraak het, en dat hulle dit uitsorteer, vir welke geval hulle in anyway nou nodig het om betrokke te raak.

Hulle moes in die eerste plek ordentelike toesig gehad het by die speelplek en hulle personeel moes die aangeleentheid dadelik by bestuur aangemeld het. Die bestuurder aan diens moes na die ouers gegaan het, en dinge uitgesorteer het.

Myns insiens, moes die ma van die seuntjie gevra gewees het om die Spur te verlaat as gevolg van haar kind se optrede. Dit sou dadelik die hele situasie ontlont het.

Die bestuurder en personeel het egter gekies om hulle koppe in die sand te steek, en NOU wil hulle verklarings uitreik en kant kies.

Waar was die bestuur en personeel van Spur toe hierdie insident plaasgevind het?

J ·

Spur plaas asb die video van wat gebeur het in die speel area. Dit wil ons almal graag sien. Die man gaan nie verniet so te kere nie sy dogtertjie is 5. En die ander kind is 10jaar oud

Moenie begin wegsteek ·

Hoekom word die begin van als nie gewys nie?

Eugene ·

Hou op om die Spur te blameer! Dit is nie hulle skuld nie dit het net op hulle perseel gebeur! Die rassis het die voorval veroorsaak! Waarom probeer julle die boef Beskerm! Skaam julle.

AL ·

Spur het dit begin – nobody else! Hul wou brownie points score, soos die Amerikaners sê, let wel nie ekke! Uhmm…

Pop ·

Spur speel die raskaart deur die video net gedeeltelik te wys. Of nee wag daar is seker nie videos in speelplek waar die kinders speel nie. Geen, maar geen mens loop n ander kind net by en ruk hom aan sy arm nie. Daai mannetjie is yslik groot en die dogtertjie net 3. Spur, julle het die rasse haat nou lelik petrol gegee. Klop julself op die skouer

Susan ·

Ons as gesin is ook klaar met spur die vrou het net so aangegaan en gevloek wat goed is vir een is goed vir almal in hul speel area maak hul gebruik van n kind om kinders op te pas as hul altwee pare verban het was dit een ding ons het twee jaar gelede opgehou om by die spur te eet nadat my man vrot ribs gekry het en vier maande terug nadat ons kaap toe getrek het besluit om hul weer te ondersteun maar nou is ons regtig klaar met enige iets wat deel is van spur dit sluit panarottis, John dory en captain dorego ook in.

Vergete ·

Waar is die beeldmateriaal waar die dogtertjie gegryp en geslaan word?Sy verdien ook berading.

Die wiel het gedraai ·

Ek het vir lank met n wraak in my hart geloop deur dat nico met my ex vrou n verhouding aan gehad het en hy en sy huidige meisie was nog saam. Ons het geskei en hy was n groot deel van my egskeiding. Ek het doods drygemente gekry nadat ek sy meisie vertel het van die geheime verhouding dit was 2014. Sy het my nog gewaarsky teen sy ligte vuiste en veralvir vrouens. So bly hulle verhouding het nie uit gewerk nie en my kinders is veilig vandag. Toe ek die vid sien het ek hom dadelik erken. Nou weet die hele SA wie is waarlik hy is.

Michelle ·

Hoekom word die rasse kaart die heeltyd gespeel? Wat as dit n swart man en n wit vrou was? Of altwee swart of altwee wit?
Sou spur dit anders hanteer het? Sou die mense eers die moeite gedoen het on alles op video te sit? I don’t think so!!!
Solank ‘n men’s aan die verlede aanhou, gaan die toekoms maar bleek wees.Ongelukkig ruk die rassisme stories elke dag meer en meer hand uit kan niemand n fight he sonder on rassisme daaraan te koppel nie..

Kay ·

ek wil graag iets vra … Hoekom word die geval – gekoppel aan rassisme… ek is seker die pa sou dieselfde opgetree het as dit ‘wit , groen of geel kind was … Hy is ‘n pa …en ja dis sy dogtertjie en die kind is net 4 en die seun 10 en as hulle nie loud is nie dan vat hulle heeltemal oor haar taal gebruik het die ding erger ontlont … en ek dink hy moes kalm gewees het maar ja ek kan dink hoe dit gegaan het … die rasse kaart is nie nodig nie want ek dink hy sou dieselfde opgetree het met n ander ma / ek moet ook by se die ouers maak hulle kinders baie snaak goot hulle lok mens uit gebeur elke dag hier by ons en 10 of nie hulle is windgat

Lalla ·

Is daar nie veronderstel om iemand aan diens in die speelarea te wees nie? Waar was die persoon? Interessant dat daar geen beeldmateriaal beskikbaar is van die insident in die speelarea nie.
Dink daar is beslis meer feite wat nie genoem word nie. Maak nie saak wie reg of wie verkeerd is nie , al 3 partye moet beslis selfondersoek doen. Verder moet ouers alreeds van kleins af wedersydse respek vir hul kinder aanleer. Speelareas onthef ouers nie van hul ouerskap vir ‘n uur of twee nie, nee inteendeel, hou ‘n oog oor jou kind en sorteer jou eie probleme met jou eie kind uit. Kinders speel al lankal weer met mekaar, dan is ouers steeds kwaad vir mekaar. Laat mens dink…..

sioux ·

dalk is ek doof vir mans stemme. ek hoor egter dat die vrou die man herhaaldelik vloek. een ding is seker ek ondersteun spur nooit weer nie.

REENEN ·

wonder net wat al die mense wat so die man aanval sou doen as dit hulle kind was wat aan die ontvang kant was

Sarie ·

Ek vat niemand se kant nie, maar as iemand vir my so go f..yourself, sal ek ook my m..strip. Kom Spur, wys die volle footage, ook in die speelkamer, julle is mos manne en nie muise nie. Vandag gaan afskeid neem ….R108 vir ñ simpel burger, koebaai, sien julle nie weer nie. En dit is NIE oor die insident nie….julle raak onbekostigbaar, ek ondersteun enige ander restaurant veel eerder wat dubbel jul prys vra. Totsiens – Aufwiedersehen

Anonymous ·

Where is the cameras outside to show the world what really happend between the 2 children. And then the rest. A story has two sides. Stop making up stories. And start acting like normal humans. Stop acting like indestructible monsters. We are all flesh driven skeletons. Stop hating and stop accusing when you have no idea what really happend. Not for us to choose who was at fault. You will be judged the day the Lord returns. We really have to start appreciation each other. And stop playing the racial card. We are all different we grew up with different values of live it all depends on your parents how they raised you and what you make of your life. Stop feeding the devil. Just treat people with respect even if they treat you with the same respect be the better person. Yes it seems like I am judging but all I want is for all of us to get along and respect each other. We are all living on this planet for a reason. We can all be gone in a second.

Heike ·

Spur het duidelik gewys hoe hulle oor die blanke in SA voel.Ek is bly dit het uitgekom al was dit nou op hierdie onaangename manier. Dit het ons oe laat oopgaan.Dankie daarvoor want Spur het nou vir ons die geleentheid gegee om vir hulle totsiens te se en ander weivelde te gaan soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.