[Video] Staatsrede: ‘Staat het gesag afgedwing’; regsaksie dreig

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gesê die staat het sy gesag afgedwing toe EFF-LP’s Donderdagaand fisiek en gewelddadig uit die Nasionale Vergadering verwyder is.

“Jy het die reg om jou mening te lug, maar dit beteken nie jy kan op ander se regte trap nie en dit is wat gebeur het,” het Mapisa-Nqakula gesê. “Ek dink die oppergesag van die reg en die staat het sy gesag afgedwing om seker te maak dat dit wat beplan was, voortgegaan het.”

EFF-LP’s is verwyder ná daar vir langer as ʼn uur ontwrigting was en pres. Jacob Zuma nie sy staatsrede kon lewer nie. EFF-LP’s het onder meer gesê hulle het inligting ontvang dat die sogenaamde withemde beplan om hulle met kabelbinders vas te maak en hulle met “biologiese wapens” in te spuit.

Maimane buite die Nasionale Vergadering. Foto: ANA

Maimane buite die Nasionale Vergadering. Foto: ANA

Mapisa-Nqakula het die ontplooiing van 441 soldate verdedig en gesê dit was nodig nadat ʼn “bedreigingsevaluering” gedoen is.

Mmusi Maimane, leier van die DA, en die party se LP’s het self die Nasionale Vergadering verlaat voor Zuma met sy toespraak begin het. Maimane het intussen met regsaksie gedreig.

“Die Grondwet maak dit duidelik dat die polisie en weermag nie die Nasionale Vergadering mag binnekom nie. Daar is traangas afgevuur en hulle het Zuma beskerm.”

Maimane het gesê hulle sal Vrydag die hof nader en ʼn hersieningsaansoek indien.

Malema het gesê hulle sal nie die hof nader nie hoewel talle van die party se LP’s tydens Donderdagaand se gebeure beseer is. “Dit is ʼn politieke stryd. Ons sal op die grond veg. Ek is beseer en is nie eens seker hoe ek Vrydag ʼn pen gaan kan vashou nie.”

https://youtu.be/60LPvGEDy6o

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Kobus ·

Regverdig nie kommentaar…die DA sal hul weer teen die beskermsengel/s van die nar in die hof vasloop na jare se hofsake en vermorsing van geld en tyd…spaar jul energie met dit en oortuig die land se mense dat hul by die stembus met 2019 se verkiesing die laaste se het.

Landie ·

Klomp narre, almal van hulle. Die hele wereld lag vir hierdie patetiese land wat deur narre regeer word. En dan wil Zuma nog kom vertel dat die ekonomie deur blankes beheer word. Hy moet dalk eerder wakker word en teruggaan skool toe. Die pateet.

Ronel ·

Wat n joke!! Daars een woord wat ontbreek in sommige mense se woordeskat. RESPEK. Klaarblyklik ken min mense deesdae daai woord. Maar dit gesê… mens verdien respek, dit kom nie vanself nie.

Fluffie ·

Al die lede in die parlement is deur die verkiesing daar gestel en dit is die manier waarop ons landsburgers daar verteenwoordig word. Absoluut verregaande – hoofsaaklik die EFF het rede om hul te skaam oor hul optrede. Dit is die manier hoe hul kiesers daar verteenwoordig word.

Hendrik 2 ·

vandag is hierdie Suid Afrka baie kwater as gister. Dis my mening maar tog oortuig daarvan

Nico K ·

Die ander kant van die saak is, mag die EFF die plek ontwrig en so tekere gaan. Ek dink nie so nie. En as hulle nie mag nie, moet daar iets met hulle gedoen mag word. En die storie dat geen polisie in die parlement mag inkom nie. So as iemand vermoor word, mag die polisie nie inkom nie??

Nuushond ·

Hersiening van wat? Spaar ons die sirkus van vooraf…amper gedog dat almal mooitjies weer op hul plekkies gaan sit totdat die Regiseur “action” uitskree…vergeet dat die hele wereld dit aanskou het hoe n Wilde Weste fliek se barfights eintlik moes lyk

Jollie ·

Hehehe ek hoop die WERELD sien hierdie gemors. Ek hoop hulle is nou gelukkig nadat hulle sanksies vir jare toegepas het op ‘apartheid’ SA, ek hoop dit lyk nou vir hulle goed, dat hulle nou tevrede is dat Suid Afrika die rigting gaan waarna hulle uitgesien het en dat die mense wat die MAG in hande het nou die regte mense is …Vreemd hoe hulle altyd in die ou NP regering ingemeng het maar jy hoor nou selde van inmenging van die buiteland . beteken dit dat hulle nou happy is? Meerderheid mag nie onderdruk word nie, maar MINDERHEDE Mag. Ek bly in ‘n land waar die leiers GEEN respek vir ander het nie, waar die gesag van die howe ondermyn word, en daar geen dissipline is en geen reels en wette meer nagekom word nie .. dit het net vir sekere mense gevolge, die ander kan malgaan ..

Fluffie ·

Baie goeie standpunt, Jollie. Nou sal die buiteland presies kan sien met watter tipe mense die ou NP destyds gesit het. Neem ook kennis dat parlementsittings in die toekoms dieselfde gedrag sal moet “face”. Opposisielede moet hul ook staal teen soortgelyke optrede as hul moontlik die dag aan bewind kom. Op die ou end – behandel almal met respek selfs al verskil jou standpunt van andere s’n.

Rooiman ·

En waar is die “JA”-stemmers wat dit wou hê? Hulle is oor alles gewaarsku maar wou nie luister nie. Hulle geniet dit seker terdieë!

Zumie ·

..Hooow to deal wif de oppositiooon…… eish….. Ve haf a good demockeryasy..

Raymond ·

Jammer om die te sê of om op iemand se tone te trap, maar die is een groot sirkus ! Hoe wil mens ‘n land so regeer met hierdie tipe optrede ?
Wonder net wat die buiteland van ons dink…

tant sannie ·

Raymond

Sit ook nou hier en kyk,
dit is regtig om die minste te se onsmaaklik.
en ja, ek bly in die buiteland, het ook al alles probeer om julle te help, maar wat ek nodig het, en bestel het, en e-mails oor gestuur het,
geskakel het en nog baie meer, niemand reageer nie.
Ook hier besig om te kyk of ek nie die mense hier kan laat insien dat wat nou besig is om te gebeur in een woord afgryslik is nie, maar ek kry geen terugvoering nie, met ander woorde, as mense van julle kant af nie saamwerk nie, kan ek nie hier my saak op n ordentlike manier stel nie.

maar laat ons eerlik wees Raymond,
ek glo jy het net so min soos ek iets anders verwag?

WDP ·

Hierdie is Afrika – en die denkwyse en manier van dinge doen is anders as in die res van die wêreld. EFF en ANC is eintlik op dieselfde vlak.EFF is altyd rebels en will alles ontwrig -more maak hulle weer die ander partye af as rasisties. Die ANC is besig om dieslefde trend te volg in dele waar hulle nie meer regeer nie

m4 ·

Wat ek opgelet het was toe die Blanke DA LP dieselfde opmerkings as sy mede ” ander ras” LPs maak word hy as ‘n Rassis uitgejou!! Nou wonder ek maar net….

AL ·

Maimane is ook as n rassis uitgeskel. Duidelik verstaan hul nie die woord rassis. Die EFF se leierskap word bewys deur hul optrede. Dis hoe hul elke faktor in hul daaglikse handel en wandel toepas.

Hendrik 2 ·

wie was meer rasisties as zuma self. hy het gesê die WITTES het nog te veel. dit gaan van hulle weggevat word. Is die man blind. kyk maar om jou. wie bou die huise en dis abnormale huise. wie ry die mooiste en duurste karre. hoeveel swart besigheidsmanne is in jou dorp. kyk daarna in verhouding van ander rasse. As zuma n opstand wil verhoed moet hy uittree.

Mel ·

Ek skaam my om ‘n Suid Afrikaner te wees, dis beslis ‘n verdomde sirkus

malkop ·

only in South Africa!!!!
welcome to our land , this is our leader!!!well done….please world laugh as hard as you can ….
WE ARE DOOMED!!

Niccy ·

Suid-Afrika, Suid-Afrika my dierbare land……. Ons huil oor jou ondergang.

o ·

Ek dink nie die wereld gee enigsins om nie, anders sou iemand iewers in die ‘wereld’ al iets oor die volksmoord gese of gedoen het. So sad dat dit ons situasie is

melktert ·

Haai, dis nie waar nie, ek gee om, maar die probleem is, na hoeveel e mails, telefoonoproepe ens, kan niemand my voorsien van die dinge wat ek vra om die beeld ordentlik uit te dra nie, ek kry die idee julle wil nie gehelp word nie, ek bly in die buiteland, en probeer al hoe lank, maar niks help nie, jammer, is al wat ek ook nou kan se.

Rina Vermeulen ·

O, ek dink net ñ gedeelte van die volle waarheid kom deur en dat die groepe wat dit aanvoer regse groepe is waarvoor daar nog nie genoeg begrip en simpatiek is vir die situasie. Pietser weet nie watter groep jy verteenwoordig nie jou kommentaar is eensydig en nooit die volle prentjie nie. Ja daar baie moorde in S.a per dag maar die swart mense word nie deur blankes vermoor nie.Dis swart op swart geweld en misdaad. Ek verstaan ook waarom baie witmense deesdae so moedeloos is ons taal, geskiedenis, monumente ens word geteiken. Ons is uitgelewer aan moord en misdaad, eensydige rassisme en hieroor is regering en hoofstroom media stil.So Pietser lewer jou kommentaar maar gee albei kante.

Frikkie ·

Alle dank aan die parlementslede wat sulke beeld uit gedra het aan die buite wereld daar buite. Geen wonder dat daar soveel buitelandse beleggers eerder hulle geld elders wil bele. as hier in ons mooi land Suid Afrika. Kyk na ons werkloses syfer en die arme onskuldige mense wat daar onder moet lei, deur sulke gedrag van gisteraand in die parlement….. Laat ons wag vir hoofstuk 3 – SONA 2018. gaan ons dit weer sien. Ek as trots Suid Afrikaans sak my kop in skaamte. Met alle respek gevra, hulle wat altyd hulle voorvaders se raad vra, vra gerus vir julle voorvaders wanneur ook al of hulle SONA 2017 se gebeure goed keur, asseblief

JC ·

Ek het vanoggend Wardel toe gery in Australia New South Wales toe hierdie nuus op die radio deur kom. Daar was n gesprek en komentaar hieroor. Ja, wat kan mens nou se.

Gesag? ·

Die staat het GESAG afgedwing? Jissie dit is pragtig gestel .. hulle noem boelie, en onderdrukking en oordondering en outokrasie GESAG? Die ANC loop oor almal, JA die EFF het nie goeie maniere openbaar nie .. daarmee stem ek saam . maar GESAG? Wat se gesag is afgedwing? Parlementslede is met PEPPERSPROEI gespuit en GEVLOEK deur die ANC lede, dwing mens so gesag af deur die F woord te gebruik en mense rassiste te noem wat nie met jou saamstem nie? .. Die ANC is desperaat, hulle is bang hulle verloor mag, nou OORDONDER hulle almal, verwyder hulle .. spuit hulle met peppersproei dat net hulle alleen kan besluite neem en statements maak .. Word dit nie outokrasie genoem en Zuma ‘n despoot nie?

Nicolene ·

Suid Afrika is n grap. Mense sit en lag vir ons land. Dit is verskruklik regtig.

Truidie ·

Mens sien duidelik by 0:21 op die video wie het eerste vuiste geswaai.

tom ·

Ergste was dat zuma nie eers kan lees nie maar hys die president he he he

Vic ·

Ons o so gesofistikeerde en beskaafde leierskorps. N vreugde om te aanskou

tamboti ·

Voorstelle vir nuwe naam vir die kolonialistiese instelling in die gees van die Nuwe SA: Parliamilletaryment, Parlesirkus, Parlia-meant, Parlia-struggle, Struggliament, Parlia-bashment,
Parleteties?

humor ·

Los vir f w uit. Hy le nog onder sy donskombers en weet nie eens van die staatsrede wat gisteraand gelewer is nie.

corrie ·

Man ek geniet julle almal se kommentaar en is verbaas dat dit toegelaat word want dit klink vir my na na ‘n parlementere sitting buite n parlement sonder ‘n hoofman oor miljoene. Kom ons kyk of hierdie siening goed gekeur gaan word

amanda ·

Mense daar is ‘n oplossing vir hierdie sirkus – Maak soos ander lander maak – wanneer daar ‘n presidentsrede gehou moet word laat die president in sy kantoor sit en sy rede voer deur middel van kameras, dan kan hy sonder om die ander ampsdraers toe te spreek sy rede lewer en almal kan daarna luister oor radio en televisie sonder enige onderbrekings – Nou sien die wereld watter agter tandse regering en land ons het want al die partye het hul swak gedra want die rede vir die samekoms het nie die doel gedien nie – Waar is die dae van die stylvol geklede vrouens en mans en die respek wat ons suid-afrikaners gehad het toe die staatspresident van jare gelede die podium betree>?

mundi labuschagne ·

Dank Vader ons in Namibia kan in vrede in ons mooi land woon! Sterkte aan alle Suid Afrikaners. Wit of Swart

Sandra ·

Ai. dis eintlik Tragies dat so iets gebeur. Maar wat anders het hulle verwag. Volgende keer as die klomp weer bymekaar kom gaan dit die selfde wees, seker nog erger… Wonder net hoekom word daar nie vroegtydig beplanning gemaak vir die GAOS.

Drikus Kotze ·

Dit is presies die staat van die “nasie”. Die vervolg vind oor 2 weke plaas waar ons vir die res van die wêreld gaan sê dat ons baie graag rommel status wil bereik. Want net in Suid-Afrika weet ons hoe om ‘n verlies te “maak”.

Liza ·

Ek weet nie waar om my kop in te steek met so ‘n blerry sirkus in die parlement nie, wat gaan aan met hierdie land van ons……. almal lag wragtig seker lekker vir hierdie dom Suid Afrika…..en die ergste van alles niks word gedoen aan die probleme nie…..dit sal nooit nooit ophou nie, ek hoop die hele wereld het hierdie gemors gesien …………

hannes marais ·

die hele wereld het die sirkus gesien …n uur na die SONA toe word die hele sirkus op aljazeera en cnn tv nuuskanale uitgesaai

WDF ·

Ek woon in Australië. Almal hier lag en geniet die debakel in Kaapstad baie. Hulle vra laggend : ” But how is it that blacks are assaulting other blacks in parliament? The red shirt ones against the white shirts?” Van vêr af lyk dit snaaks.

zeno ·

Dit was `n absolute gemors. Wat `n helse groot skande is dit vir Suid-Afrika wat reg deur die hele wêreld gesien word. Hoe laag kan dinge nog daal? Geen respek meer vir niemand of vir niks.

~~fluffie~~ ·

Nee a, fluffie,
Die EFF het op Grondwetlike wyse die Speaker daarop te wys dat die heer Z on Grondwetlik teenwoordig is omdat hy sy ampseed by verskeie nie nagekom het nie.
Die.Grondwet.spesifiseer duidelik dat hy onder sulke omstandighede van sy amp ONTHEF moet word.( LW Nie onthef MAG word nie maat onthef MOET word.)
Die LP’s wat hulle nie hier aan steur nie tree ook ongrondwetlik op.

chrisp ·

Die werklikheid na die reenboogdroom van die verkramte liberales in 1994.
Hulle wat moord en oorlog voorspel het in daai tyd en uit vrees gestem het gaan nou die vrees in hul maaksel moet hanteer.
Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.