Video: Stap teen Geweld

Meer as 2 000 mense het Dinsdag in Pretoria byeengekom om vreedsaam teen geweld te betoog. Die inisiatief is geneem in reaksie op die gru-moord van die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy oppasser, Margrietha de Goede (66), in Delmas verlede maand.

Steve Hofmeyr, Bobbie van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Corlea Botha, Jennifer Zamudio, Pieter Koen, Adam Tas, Derick Hougaard, Gerrie Pretorius, Quentin Prinsloo, Karen Ferreira, Andre Schwartz, Dewald Louw, Ricus Nel, Angelique Gerber, Rudi Claase, Armand Hofmeyr, Izak Davel, Gretha Wiid, Sorina Erasmus, Marnet, Elizma Theron en Janine van der Vyver is van die bekendes wat die voortou geneem het en die optog bygewoon het. Wiehan se ouers, Wiets en Rita, het ʼn plakkaat van Wiehan gedra en saam die bekendes gestap.

Klik hier om foto’s van die geleentheid te sien.

Hier is ʼn video van die staptog:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.