Video: Stappe gedoen teen polisieman wat vrou klap

‘n Skermskoot uit die video

’n Polisiebeampte wat op video vasgevang is waar hy ’n vrou by ’n polisiestasie deur die gesig klap, sal dissiplinêr verhoor word.

Die Gautengse polisiebestuur het die voorval ten sterkste veroordeel. In die video wat wyd op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ’n polisiebeampte in volle uniform ’n jong vrou deur die gesig slaan wanneer sy verby hom loop.

Die voorval het by die Tembisa‑Suid-polisiestasie plaasgevind, het brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die betrokke polisiebeampte is geïdentifiseer en die provinsiale inspektoraat het reeds die distrikkoördineerder opdrag gegee om ’n departementele dissiplinêre ondersoek teen die lid in te stel.”

Die polisie het ’n beroep op die slagoffer en ooggetuies gedoen om na vore te kom sodat ’n strafregtelike saak teen die beampte aanhangig gemaak kan word. “Die strafsaak sal na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) verwys word vir verdere ondersoek.”

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê dat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord as ’n tweede pandemie in die land verklaar is.

“Misdade teen vroue en kinders is ’n prioriteit vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens en sal nooit geduld word nie, veral nie wanneer dit gepleeg word deur ’n polisielid wat onderneem het om te dien, te beskerm en die wet te handhaaf nie. Ek verwag ’n spoedige ondersoek na die saak,” het Mawela gesê.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het gesê hy is bly die betrokke beampte is geïdentifiseer. Cele is oor die voorval uitgevra nadat hy Vrydag die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak het.

“Ek wil dit baie duidelik maak dat ons nie dié tipe gedrag, hetsy uitgelok of nie, van lede van die polisie sal duld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Casper ·

As ek reg kyk dan is dit ‘n blanke vrou.Het sy dalk ‘n klag ingedien teen die spesifieke lid of ander lede of dalk een van oor People.Sprekende voorbeeld was dit uit selfverdediging of was dit ‘n rassistiese voorval.

Delia ·

Dit maak nie saak wat haar velkleur is. Dis onaanvaarbaar en geen van sy kollegas doen ook iets nie

Colin ·

Nee Casper. Dit is nie ‘n blanke vrou nie en dit maak ook nie saak wat haar kleur is nie. Tembisa was deel van die ou Bophutatstwana.

Spekkies ·

Colin, Thembisa is noord van Kempton park. Is nie naby waar Bophuthatswana was nie. Dit is ander kant Swartruggens.

Hardekwas ·

Tembisa is langs Kemptonpark. Baie ver van ou Bophutatswana.

Patch ·

Bophuthatswana was in Sun City se omgewing…BAIE VER van Tembisa/Kemptonpark. En wat het Bophuthatswana met hierdie artikel uit te waai?

Nettie ·

Nee lyk nie na n blanke vrou nie maar die feit bly staan n geregsdienaar lig sy hande vir n vrou. Dit is onaanvaarbaar en die wat daar staan en kyk en netso skuldig.

Lesly ·

Red ‘n nasie met die tipe. Bitter min na geen hoop op ‘n positiewe toekoms vir die land

Magda G ·

Dank hom summier af en uit hom toe. Dis onaanvaarbare gedrag
Die vrou moet hom dagvaar vir aanranding en n stewige bedrag vd Staat en polisiemn eis????????????

Adriaan ·

Die beamptes wat rondstaan en kyk sonder om iets te doen is net so skuldig soos die 1 wat die klap gegee het.

Snowball ·

En dan moet hulle kamtig geslagsgebasseerde geweld stopsit. Geen wonder soveel vrouens meld nie eers meer verkragting of mishandeling aan nie. Walglik!

Dup ·

Dit gebeur wanneer jy aspirant kriminele in sulke posisies aanstel…..kry vir jou.

Carel ·

Lyk my die SAP het 2 stelle reëls????
Kymie Du Toit se geval was slegs ‘n misverstand?
Die Afrikaanse Pretoriaanse ma (met haar klein kindertjies) wat in die stik donker afgetrek is, maar met flikker ligte na die naaste fulstasie gery het, is op selfoon kamera gedreig deur ‘n polisie vrou dat hulle haar gaan skiet?
Nee wat . . . . SAP tree selektief op . . . . . die “Verdrukkers van 30 jaar gelede” moet nog steeds boet vir Oupa se sondes

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as jy mag sit in die hande van n arrogante en onbevoegde individu. Pateties.

Vlooitjie ·

Sy kollegas wat net gestaan en kyk het moet saam met hom aangekla word.

Herman ·

Die gemors sal dit nie met n man probeer nie. Lafaard. Skuim.

Jeepie ·

Dis jammer om te sien. Sal graag die storie agter die storie wil hoor. Geen man mag raak aan ‘n vrou nie. Daai lid kan by my kom braai. Sal hom so paar klappe gee om te onthou.

Johan D ·

Dan kom die perd, na hy besef het hy is uitgevang, nog dreigend nader na die persoon wat die video geneem het…om wat te doen?

Wielspore ·

Tipiese gedrag van ‘n vroueslaner, hy is nie die uniform werd wat hy aan het, geen wonder die gemeenskap het nie vertroue in die SAP.

JohanR ·

En daar is die manne. Haal de geweer af dan kan ons ‘n paar rondtes gaan…..man teen ummmmm man! Wat sal sy dissipline wees? Seker ietsie belaglik!

Di ·

Cele moet glad nie sy bek rek nie, hy is verantwoordelik vir die aanstel van hierdie tipe onbevoegde lede. Hy moet maar pa staan vir al hierdie gevalle

Nettie ·

Hoop hy word afgedank en die ander polisielede staan ek kyk maar doen niks. Julle netso skuldig.

JohanCzu ·

Dissipliner? Dit is veronderstel om ‘n kriminele klag te wees.

Dink ·

En wat van al die ander wat in hulle uniform net toegekyk en nie ingetree het nie. Hulle moet ook verhoor of afgedank word. Hoe moet enige iemand hulle vertrou as hulle kies om die ander pad te kyk en nie te beskerm nie????

Swerwer ·

Hy moenie dissipliner verhoor word nie, hy moet onmiddelike ontslag kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.