Video: Stellenbosch-bylmoorde: “Ons sal Henri nie in die steek laat nie”

Skermskoot uit die video.

Skermskoot uit die video.

Die enigste oorlewende seun van die Van Breda-egpaar het hulle gedenkdiens bygewoon en volgens ‘n familielid staan ‘n regspan gereed om hom te ondersteun.

Martin en Teresa van Breda, en hul 22-jarige seun, Rudi, is verlede week in hulle huis op ‘n Stellenbosse gholflandgoed met ‘n byl vermoor.

Lees alle vorige berigte oor die aanval by die De Zalze-landgoed op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Asjas ·

Ek vra weer, hoekom het hy ‘n regsverteenwoordiger nodig?

piet ·

Jy moet onthou mense met geld word nie soos gewone mense behandel nie.

Charl ·

Gewone mense kry nie regsverteenwoordiging as hulle dit benodig nie?

Asjas ·

Dis net my mening maar om ‘n regspan op “standby” te he is gelykstaande aan ‘n skuld erkenning …
Ek hoop regtig die sussie herstel volkome sodat die raaisel opgelos kan word.
Dit gese hoop ek ook hy is onskuldig, ek kan nie glo daar is mense wat hul hele familie kan uitwis nie.

piet ·

Dis nie nodig vir die sussie om iets te se nie die polisie weet lankal die waarheid, hierdie is weer n Oscar saak, geld wat stom is maak reg wat krom is. As n mens n deur kan laat wegraak kan n byl ook seker wegraak?

Elfie ·

Piet en al die ewig-galbrakende kommentators hier wat klaar die saak opgelos het, hofsaak gehou, skuldigbevinding gedoen het ens… julle moet lewens kry hoor. Hierdie is ‘n familietragedie, niks gebeur SOMMER net, of iemand staan nie net die oggend op met die doel om ‘n familie uit te wis nie. Julle was nie daar, julle het nie elke dag saam met die seun en/of die gesin gelewe nie, so los die saak maar vir die gereg om uit te sorteer. Wie ookal skuldig is en waarom dit gebeur het sal die GEREG uit sorteer.

Jan ·

As daar 1 lid van ‘n gesin so ongeskonde afkom van ‘n gesinsmoord , kan jy maar weet , daardie een was die moordenaar . Toe ek hoor van die tragedie en hoor hy het slags skrape opgedoen , het ek reeds gedink hy is die moordenaar . Kyk maar , ek gaan reg wees .

Elfie ·

Hel ne Jan! So bly jy is so slim, jy moet tog by die polisie aansluit. En AS jy reg is, wat daarvan – klink nogals asof jy jou verlekker daarin. My simpatie aan hierdie hele familie.

Hennie ·

Elfie, gaan speel met jou karretjies man. Lewer asseblief kommentaar oor die moordsaak, en hou op om jou met ander mense se opinies te bemoei! Dit is swak smaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.