Video: Stop ‘ras-tellende’ aksie, stop kwotas

rasstellende aksie

Die video volg onderaan die berig.

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag ʼn video vrygestel as deel van sy veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie. Meer as 30 000 petisies is reeds van die publiek gekry waarin hulle versoek dat kwotastelsels, soos dié wat so blatant deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toegepas is, gestop moet word.

Solidariteit wil deur sy veldtog 51 762 petisies teen ‘ras-tellende’ aksie insamel – genoeg om al Loftus Versfeld se sitplekke vol te maak en die eindfluitjie vir rasgebaseerde regstellende aksie te blaas. Dit kom nadat die vakbond se versoek om ʼn parlementere debat oor regstellende aksie as ʼn gier en ʼn gril afgemaak is. “Stone Sizani, ANC-hoofsweep, het by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, gesê die parlement debatteer nie kwessies volgens die grille en giere van drukgroepe nie. Ons wil nou 51 762 petisies van die publiek af kry om die ANC te wys dat die behoefte aan ʼn parlementere debat oor die huidige toepassing van regstellende aksie nie net ʼn gier en ʼn gril is nie. Ons sal die petisies aan die parlement oorhandig en weer versoek dat ʼn parlementere debat oor die kwessie plaasvind,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

Solidariteit moedig die publiek aan om voort te gaan om die veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie te ondersteun deur www.stopkwotas.co.za te besoek en ʼn petisie in te vul, of deur die woorde “Stop Ras” na 34388 te stuur. ʼn SMS kos R2 en elke SMS sal ook as ’n petisie getel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Dit is nie net SAL nie,die hele Spoorwee, is skuldig aan die kwotas stelsel.Jy sal nie sommer n blanke werker op Spoorwee sien nie,en dan is alles Engels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.