Video: Strafregtelike klagtes kom dalk teen rassistiese motoris

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Motoris wat op video vasgevang is waar sy rassistiese beledigings aan ʼn veiligheidswag toesnou, kan moontlik binnekort strafregtelike aanklagte in die gesig staar.

Maroela Media verneem die voorval het Donderdag omstreeks 01:00 in Wingate Park in Pretoria plaasgevind. Volgens inligting het die vrou se motor na bewering oor die pad geswaai en het sy die sypaadjie getref. Veiligheidswagte het haar voorgekeer en die polisie ontbied, omdat hulle glo vermoed het dat sy moontlik onder die invloed van alkohol kan wees.

Met die polisie se aankoms op die toneel, het die drama afgespeel wat op die video gesien kan word. Op die video kan daar duidelik gehoor word hoe die vrou ʼn veiligheidswag herhaaldelik ʼn “f****n wit k**t” noem.

“Ja, ek het dit gesê! Ek het dit gesê! En dit is opgeneem b***h. En ek vertel jou nou, dit sal op nasionale televisie wees,” sê die vrou. Daar kan verder gesien word hoe ʼn polisiebeampte probeer om die vrou te kalmeer. Die video word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die organisasie is reeds in gesprek met die betrokkenes om te verseker dat strafregtelike aanklagte van crimen injuria teen die vrou aanhangig gemaak word.

“AfriForum se standpunt is dat alle vorme van rassisme met dieselfde erns hanteer moet word. Ongelukkig beleef ons dubbelstandaarde dat daar groot openbare klem op anti-swart rassisme geplaas word, terwyl anti-wit rassisme onder die mat ingevee en geïgnoreer word. Dit is juis hierom dat ons tans met die betrokkenes by dié saak in gesprek is om te verseker dat hierdie voorval met dieselfde erns hanteer word as die Vicki Momberg-saak,” het Kriel gesê.

Momberg is ʼn Johannesburgse eiendomsagent wat geskiedenis gemaak het toe sy vroeër vanjaar die eerste persoon in Suid-Afrika geword het wat tronk toe gestuur is vir rassisme. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in Februarie 2016 ook op video vasgevang is waar sy ʼn polisiebeampte herhaaldelik die k-woord noem. Die gelykheidshof het verder in Junie 2017 beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

“Die belangrike ding is dat daar gelykheid voor die reg moet wees en daarom kan ons nie hierdie voorval wat vanoggend gebeur het, net laat verbygaan sonder enige gevolge nie,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel is die vrou in die video glo nie op die toneel in hegtenis geneem nie omdat die polisie haar nie self agter die stuur van die voertuig betrap het nie. Hierdie inligting kon egter nog nie amptelik by die polisie bevestig word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

Rehab ·

NIE DALK NIE . VERSEKER .. sy MOET vervolg word soos VICKY anders is dit ‘n INJUSTICE .. en is die regstelsel BAIE bevooroordeeld .. SY HOORT in die tronk! Laat sy en Vicky mekaar rehabiliteer.

WitBlits ·

Sy sal wel op einde die troefkaart speel dat alles apartheid se skuld is en dan sal sy net vry loop of ‘n waarskuwing kry!

JSG ·

Vat haar Flaffie. Sal ook graag wil weet hoe die saak gaan uitdraai. Hoe gaan die Engelse gesegde “What’s good for the goose, is good for the gander.”

Andri ·

Nie dalk nie sy moet vervolg word, natuurlik as iemand haar kan sê wie sy is want sy weet self nie. Ek hoop die arme manne het behandeling vir oorpyn gekry?

Neels ·

Sy gaan seker net moet onverskoning vra, rassisme is mos net na eenkant toe.

Karen van Zyl ·

Nee wat, dubbele standaarde, niks sal gebeur,
Om dit te sien, ek is rooi van woede, hoe durf dit so aangaan……..

Potties ·

Sy gaan niks oorkom nie die SAP lede het haar nie eers gestop nie so so verkeerd.

Karen van Zyl ·

Soos ek die verstaan, en dit is nou my opinie. Net ‘n polisievrou kan haar probeer stop, as die mans aan haar raak kan sy hulle aankla dan nie?

JSG ·

Karen, korrek, soos ek kan onthou toe ek nog die polisie uitgehelp het, was die wet daar. Die polisie moes egter gereël het dat ‘n vroue offisier soontoe kom. Intussen kan hulle haar verhoed om te bestuur deur haar voertuig sleutels te vat indien daar vermoede bestaan het dat sy onder die invloed was.

Joe Hall ·

Afriforum, ek glo dat julle die nodige hulp sal verleen en sorg dat hierdie siel se optrede nie ongesiens en ongestraf verdwyn nie.
Die sg polisie lede wat met allerlei mooi praatjies die betrokkene na haar voertuig begelei, sonder om hul plig na te kom om haar van haatspraak, rassisme ens aan te kla nie, moet groot asseblieftog tot verantwoording geroep word.

Andrea ·

En maak die buiteland bewus van hierdie ongeregtighede. Solank ons nog kan. Sit alles in om die ware toedrag van sake hier in SA op alle terreine uit te basuin. Al is dan ook net ‘for the hell of it’.

Theresa ·

Ja. Wys die wanbalans.
Mense skel mekaar al vir jare der jare. Nie regtig net a g v ‘n sekere stelsel of snert nie. Mense haat mekaar al van oertyd af.
Hierdie rasse ding is bloot ‘n manier van emosionele afpersing. Wie gaan dood as daar op jou geskel word?? Wie word beseer??? Natuurlik is dit nie nodig nie – maar dit gebeur oral in die wêreld en is onwelkom en die persoon wat dit doen is ongemanierd en verbaal wreed (soos enige manier van toesnou van lelike woorde aan ‘n ander!) Maar. Daar is skielik ‘n vreeslike poging aan die gang om eensydig droog te maak.
Laat die wêreld dit dan sien. Want totdat almal dus onder dieselfde kam geskeer word, is dit ‘n swaar hang na die eenkant van die sogenaamde weegskaal. Of tel dit ook nie meer as simbool van geregtigheid nie??!! Daar is mense wat dood en fisiese wreedheid aanwakker en aanpor (bv. die major-sage?), mense wat massas opsweep tot geweld (sekere partye) DIT is baie erger as woorde. DIT maak dood en beskadig. Word wakker!!! Bedaar en sit ‘n wag voor jou mond. Nie te moeilik nie – probeer dit. Die vrou is skuldig aan dit wat nou so groot geadverteer word as verkeerd. Hou ons opdatum of geregtigheid geskied.

JSG ·

Theresa, korrek wat jy meld. Hoe gaan die Engelse gesegde “sticks and stones May break my bones, but words will never harm me” .

Lollie ·

WOW! Ek sal wat wil gee om te sien wat gaan hier gebeur! Hoop nie dit word enigsins anders hanteer as Vicky Momberg se saak nie!
Vicky se storie was aan die groot klok gehang en almal moes dit in detail hoor! Gaan hierdie storie die SAUK nuus haal of gaan dit ń stille dood sterf?
Gerrie Nel sorg ASB dat sy aan die pen ry indien die regstelsel dit nie doen nie! !!!

Marius ·

Is ek nou bly die polisie manne het nie hulle werk geken en haar toegesluit want nou is sy lekker in die sop dat hulle haar gelos het om aan te gaan.Ha Ha

Dewald ·

Volgens bronne was sy onder die limit, so daar was niks wat die SAP kon doen nie, om kru taal te gebruik is nie teen die wet nie.

JSG ·

Ja Dewald, net as jou naam Vicky Momberg is. Niks verhoed die wag om ‘n klagte in te dien.

Eish ·

Goeie kroekereur,
verminderde toerekeningsvatbaarheid as gevolg van alkohol, en siedaar!

Eish ·

Met eish ja, drank verdra nie onreg nie. Die sypaadjie het voor haar ingespring hehehe Haar taalgebruik is rof en dan het sy ook nog vergeet wie sy is, sy sê mooi, “Vind uit wie ek is”

tom ·

Daar is weer n bewys die polisie ken nie die wet nie so wat gaan van die saak word
Dit is n grap

bgj van der westhuizen ·

nou moet ons wit mense groot geraas maak op dit wand dit moet beslis verder geneem word as die staat dit nie doen nie moet die wag n klag gaan le en ys in sit teen haar ook vir R100 000.00 laat sy betaal sy dink om dat sy swart is hulle kan net se wat hulle wil en ons moet maar dit net aan vaar

Valerie ·

Geen haan sal ooit hieroor kraai nie. Zip. Nope. Soos ek gesê het gister, die voorgestelde “haatspraak” wetgewing is nie gemik op liberales en hul bondgenote nie. En kyk, die vrou was erg onder die invloed van iets. Dit is duidelik.

Tronk toe ·

Maak ‘n voorbeeld van haar—-sy hoort in die tronk. Go Afriforum—ons oe is op jou

Rynhardt ·

Afriforum Kallie Kriel, die probleem is dat alle vorme van rassisme nie onder dieselfde erns gehanteer gaan word nie!Afriforum, julle is uit pas met die nuwe SA!

Trots Afrikaans ·

Hulle het haar nie agter die stuur gesien nie. Nou hoe is sy weg van die toneel af?

Frank ·

Polisieman het SAAM met haar ingeklim aan passasierskant so sy het verder gery met die polisie man reg langs haar…… (Op ander video)

Jani ·

Ag hulle gaan die verskoning gebruik sy was dronk en dis hoekom sy alles gesê het.

VanAfrika ·

As hulle die verskoning vir dronkenskap wil gebruik moet sy gestraf word omdat sy onder die invloed van drank agter die stuurwiel was, nou is daar nie net n klag van crimen injuria nie maar dronkbestuur ook.

Robert Zeelie ·

As ñ polisieman by haar in die kar geklim het en toegelaat het dat sy bestuur dan was sy beskou as nugter. Dan kan daar nie versagting weens dronkenskap wees nie. Alhoewel sy dronk geklink het.

Voidy ·

Vicky Momberg was gehijack en onder helse stress….. dit tel nie as dit by rassisme kom nie.

Valerie ·

Ja, ek weet nou nie waar val “Ai” uit nie, maar my handelinge met Affies was nog altyd top klas en gerespekteerd, al is ek ook Engels.

Tanzie ·

Verskoon tog!! Sy is nie in hegtenis geneem nie omdat die polisie haar nie self agter die stuur gevang het nie??? Lyk en reageer sy waarlik nie soos iemand wat besope is nie? En druk die polisieman haar nie weer terug in haar motor nie???? Ja nee, ons leef in ‘n “one way lane” Suid Afrika.

Johan ·

Daai ene slaan my ook dronk (ekskuus vir die woord !!!). As enige dronk persoon uit die kar klim (en hy is alleen) en die polisie kom dan op jou af, wat dan? Het Casper die Spook die kar bestuur? Ja, die slim regsmense sal nou met allerhande argumente kom en reken jy moet iemand SIEN iets doen. As jy alleen was, hoe de heng het die motor daar uitgekom?

Wenner ·

Dit sal baie regverdig wees as sy vervolg word. Rassisme is wedersyds. Nie net na die een kant toe nie

Anoniem ·

Ons hoop maar sy was dronk, want dis verskriklik om te dink ‘n nugter mens gaan so tekere.

Ryan ·

Niks maar niks minder as 3 jaar nie . Hulle moes bloedtoetse ook doen, sy kom bedwelm of dronk voor.

Oom Kalahari ·

Wow……..wat ‘n rassistiese optrede en die woorde wat ge-uiter word is te min van A-Z in die woordeboek.

Die polisie staan net rond en tree nie werklik op nie. Sy het in sypaadjie vasgery (Staats eiendom) en hoe het sy in eerste plek daar gekom as enigste persoon op ongeluks toneel.
Het hul ‘n alkohol toets op haar uitgevoer en hoe is sy en voertuig weg van die ongeluks toneel?
Wel gelyke en regverdige optrede om Sekuriteits beampte met R100,000-00 rand te vergoed en 3jr tronkstraf met ‘n jaar opgeskort en jou werk verloor. Die liberale wil die wette mos toepas om een groep in onguns te bring en te benadeel terwyl hul bewus is dat daar sulke optredes in beide kante is.

Winston ·

Stem saam. Laat sy maar n banklening vat om te betaal.
Daarna 3 jaar .
Kom ons kyk of dit gebeur.

Eugene ·

Ons will van hierdie omblik elke dag hoor wat is die vordering van die saak,en dit moet ook net so vinnige af gehandel word soos Vicki Momberg se saak.

Koos de Meyer. ·

In die eerste plek moes hulle laat bloed trek het. Hoe kon die polisie haar laat gaan. Hier gaan ons sien wat gaan gebeur. Weer dudubbel standaarde of wat..

Verdwene ·

Laat weet ons sommer ook wat van die saak geword het so paar jaar terug van die swart vrou wat die wit vrou in ‘n “roadrage-geval” haar kop
telkemale teen die motor geslaan het en haar
‘n “white b***h genoem het. Buite die hof geskik?

Samantha ·

Do you know who I am???? We will see it in the news soon, dont you worry

Marie Senekal ·

DAARS HY…. HIEHIE ”What goes around.. comes around” Vicky jy gaan verseker geselskap kry. … die hele wêreld se oë is op dié video. Hiehie

Marie Senekal ·

Nou wat nou…. kom ons kyk hoe gaan fie saak hanteer word. Die wêreld het ook hiervan kennis geneem.

JV ·

Die polisie het haar nie agter die stuur gekry nie maar sy is wel deur die veiligheids wagte voor gekeer nadat sy oor die pad geswaai het en die sypaadjie getref het, so daar is getuies wat haar agter die stuur gesien het en dit kan bevestig in die hof. Dit is swak van die polisie, selfs met haar tirade moes hul opgetree het. Ons polisie mag het uiters verswak. Hoop sy word aangekla en na die polisie se swak optrede gekyk word.

PJC ·

Kan Afriforum dit dalk bewerkstellig dat sy voor dieselfde landdros verhoor as Vicky Momberg dan sal almal in die land mos kan sien hoe die wind waai. Indien sake nie gelyk gehanteer word nie kan dit sommer wěreldwyd so verkondig word.

Johan ·

PJC – puik voorstel. Kan MM dalk help in die verband en berig in die trant plaas?

G ·

Hoop van harte ons sien dit vanaand op SABC -nuus soos die geval met die Momberg-storie

Onnie ·

Eerstens moes haar voertuig geskut word en tweedens moes sy onmiddelik inhegtenis geneem word vir dronkbestuur en derdens aangekla word vir verbale teistering crimin injuria. En is sy??

Koos de Meyer. ·

Daar moet ook na die polisie se optrede ge kyk word. Regsverydeling. As dit ‘n blanke was, was hy of sy dadelik gearresteer. Maar nee hierdie madam word nog weer in die kar in gehelp. Kyk sommer na die hantering van die die insedent deur die polisie. Pateties verby.

Jaycee ·

Ek weet nie hoekom dit so is nie maar skeltaal en rassistiese uitbarstings deur ‘n swarte teenoor ‘n blanke is vir die blanke amper soos water op ‘n eend se rug. Die blanke weet in sy of haar gedagtes dat so ‘n mondelinge aanranding kom van ‘n patetiese skepsel wat dit onwaardig maak om dit hart toe te vat. Jy weet waar dit vandaan kom en jy weet wie jy is. Die woorde is net ‘n holklinkende lawaai.

Joshua ·

Kom News24, City Press, Sunday Times, eANCA, Sowetan, ANC, EFF.. ons wag dat julle hiersie RASSIS oordeel en elke dag oor dit praat en publiseer-doen dit!

Cryo ·

News24 het dit op YouTube opgesit en dadelik weer verwyder. Ek het n notifikasie op my foon gekry daarvan. Wonder hoekom was dit afgehaal

Andri ·

Nie dalk nie sy moet vervolg word, natuurlik as iemand haar kan sê wie sy is want sy weet self nie. Ek hoop die arme manne het behandeling vir oorpyn gekry?

Avra ·

N Oranje ontwerperspakkie sal mooi aan haar lyk…. Vir 3-5 jaar

Dee ·

Laat geregtigheid geskied. Wat vir een geld geld vir die ander. Trek haar aan maar sluit haar asb toe.

Ettienne ·

Kom ons sien of ons regstelsel haar ook R100000 boete gee en vir 3 jaar tronk toe stuur soos vir Vickey Momberg!!??!!??

Chantel ·

As hulle haar aanvat moet hulle die polisie aanvat wat haar laat gaan het, so die dossier sal soeitjies verdwyn…as daar ooit een gaan wees.

marie le roux ·

Ok Mmusi Maimane het binne 24 uur reageer op willemse en Vicky. Kom ons kyk of hy n rassis is en of hy nou weer sal reageer. Ek twyfel.

Cherokee ·

AfriForum…Kallie Kriel, baie dankie. Vergeet asseblief die mense wat weer die koortjie hier bo sing dat ‘sy niks gaan oorkom nie’ en ‘dat daar niks van gaan kom nie’. Daar sal ongelukkig altyd klaers en pessimiste wees in die groep. En hulle praat agtermekaar aan. Dankie vir wat julle doen, AfriForum. Dit is tyd dat julle ‘n politieke party stig en die konserwatiewes saamsnoer.

Adam ·

Luister mooi na hoe die Konstitusionele Hof vandag by monde van die Adjunk-Hoofregter reageer het en glo my, Vicky Momberg gaan nie geselskap kry nie. Die onewehandige optrede van die howe het my al baie laat wens dat ek my regskwalifikasies kon “inruil” vir my destydse studiegeld.

Frank ·

What the “Volgens Kriel is die vrou in die video glo nie op die toneel in hegtenis geneem nie omdat die polisie haar nie self agter die stuur van die voertuig betrap het nie. Hierdie inligting kon egter nog nie amptelik by die polisie bevestig word nie” MAAR DIE POLISIEMAN RY SAAM MET HAAR IN DIE KAR terwyl sy verder bestuur???

Karen van Zyl ·

Maar? sy was dan oppad om weer in haar rooi kar te klim, sy haar kar se rooi deur vas gehou? Sou hulle dan nie moes vra wie se kar dit was?

Sean ·

Die blanke SAP en sekuriteits personeel gaan nou geskors word soos Naas en Nick

Jacobus ·

Onthou, Vicki Momberg is skuldig bevind aan crimen injuria en omdat sy nie jammer gesê het nie en geen berou getoon het nie volgens die regter.

Die dame gaan net jammer sê en sê dat die blanke sekuriteit haar gedreig het, hulle rassisties was, sy gevrees het vir haar lewe ens. en dan sal sy dalk ‘n ligte klappie op die hand kry, dalk ‘n opgeskorte vonnis, maar die binnekant van ‘n tronk, dit glo ek nie.

Jongergenerasie ·

Ons as jonger generasie wil net die rassisme uit die land uit kry. Wat in die verlede gebeur het het ongelukkig gebeur en nie ek of my mede tieners en jonger kinders kan dit verander nie. Ons as die nuwe generasies wil aan beweeg ons wil n lewe saam spandeer en oor die weg kom, ons was nie daar toe dinge uit hand geruk het nie hoekom aan hou op dit karing. Ek wil oor die weg kom met almal maak nie saak wat die situasie is nie. Hoekom kan ons as land nie aanbeweeg en besef die mense wat in verlede dalk baie foute gemaak het dalk nie meer met ons isvnie en dit al baie jare terug is nie. Ons generasie wil nie meer aan die verlede karing nie, ons almal wil oor die weg kom. Ons as nuwe generasie is moeg om te lees oor rassisme en oor die verlede, beweeg aan kom oor dit. Ja dit was baie verkeerd maar hoekom aanhou dit oor vertel en nuwe generasie probeer uit mekaar skeur wanneer ons niks met dit tedoen wil he nie. Almal moet selfde behandel word, ek het respek vir almal, ongeag die situasie of vel kleur. Jy weet nie wat die persoon se situasie is as jy hom of haar nie self ken nie. Ons wil aanbeweeg, land sonder rassisme en baie van my generasie en nuwe generasie sal saam my stem. Ons wil skoon begin, ons was nie daar toe dit gebeur het nie.

Daan ·

Die merk is gemaak met Momberg, hul het nie ‘n keuse nie, hul sal maar net moet vervolg.

Daan ·

Wel …. As hulle nie bloedtoetse gevat het nie, kan daar nie gese word dat sy dronk was en nie geweet het wat sy gedoen het nie, want dan is daar nie bewyse dat sy onder die invloed van alkhol was nie, so? dan was sy mos by haar volle positiewe toe sy al die goed gese het, 3 jaar tronk toe! As hul toets gedoen het dan moet sy ook tronk toe want voor video het sy bestuur en dit nogal met ‘n passasier, en dan somme daai polisie man ook toesluit of fire want hy het sowaar laat toelaat dat publiek wet oortree in sy teenwoordigheid … WOW!!

Doempie ·

Lekker man. Daai woordeskat en haar aanhou vermoë het my stom

Pieter ·

Hoekom blykbaar en nie beslis nie? Kla die vrou aan en kry rigting!

HP ·

en onthou Momberg was gesmash en grab né O wee nee vervolg asb. hierdie houding moet gestop word. en die ondersoek beamptes wat jaar toelaat om te ry kan gerus ook vervolg word. Duidelike coverup!

Iza Rust ·

Is stomgeslaan! Geen “breathalyzer test ” geen saak vir roekelose bestuur???? Wat gebeur met die 2 SAP lede wat net daar rondstaan en nie hul werk gedoen het nie?
Dalk moet die dame en V. M. n sel deel?

Izet ·

Ja was dit n wit person was sy lankal gearresteer en toegesluit maar née dubbel standards is an die orde vd dag. Share this
sodat Almal kan sien wat rassisme eintlik is in ons land

Buffel ·

Sluit die FT toe soos met ander rassiste hulle verdien hulle straf. Hoop wetstoepassing sal regverdig wees. Die een lyk nog aggresief gedrink ook.

nickey ·

Volgens Kriel is die vrou in die video glo nie op die toneel in hegtenis geneem nie omdat die polisie haar nie self agter die stuur van die voertuig betrap het nie maar hulle laat haar daar weg ry wow wat se julle daar van

RM ·

Dit is darem ‘n uitstekende voorbeeld om vergelyk te word met Vicki Momberg. Is daar gelykheid in SA of is Apartheid terug? As duidelike swart rassisme onder die mat gevee word, is die enigste hoop vir witmense in hierdie land om ‘n behoorlike bohaai te maak voordat ons versmoor. Werk hard sodat die buiteland die dubble standaarde kan waarneem. Die land word nie bestuur nie, hy word geplunder todat nie eers ‘n groen blaartjie gaan oorbly nie. Se^ nee vir ZIM 2.0. Se^ nee vir Kommunisme. Se^ nee vir onderdrukking weens velkleur. Spandeer jou Rande versigtig todat jy presies weet wat vir ons voorle^ met die “nuwe” ANC onder Rhamapateties.

Ek het nie woorde nie ·

Baie dankie aan die mense wat ander probeer veilig hou het.

Jammer dat die polisie lede haar in haar beskonke toestand waar sy emosioneel is laat bestuur, sonder om haar vir drugs en alkohol te laat toets het. Dis uiters swak.

Kyk as iemand vir my gil : “Do you kbnow who I am?” sal daai persoon dit NOOIT weer doen nie, want ek sal vir almal kliphard sê : “nog iemand wat nie eers weet wie hy/sy is nie.” EVALUEER die persoon, want hy/sy is erg verward.

Laastens ek het die info gedeel met NZ nuus. Vir 2 redes, sodat die mense kan verstaan ons Blankes loop deur onder rassistiese aanvalle en tweedens om te illustreer dat die polisie ‘n beskonke emosioneel belaaide persoon toelaat om te bestuur sonder om haar te laat toets vir alkohol. Hier sal daai vrou haar sterre sien. BLITSVINNIG

Natascha ·

Ja nee verseker sal sy MOET vervolg word. Want dit blyk dat die rassistiese ding slegs op die wittes gemik is. Wat goed is vir een is goed vir die ander. Daar moet geen uitsondering gemaak word nie. Vat ook vir Malema vas en daai majoortjie vd weermag.
En as dit n wit vrou was sou die polisie haar daar in hegtenis geneem het. In hierdie land word daar n DIK swart streep getrek tussen wit en swart. Mintag die apartheids jare is mos al lankal verby. Kry lewe en gaan aan.

Michael ·

Ja ek sien die nuus het nog nie een TV uitsending gehaal nie As dit n blanke vrou was shoeeee was dit al reg oor die wereld uit gesaai.

Annette Groenewald ·

Hoe kan ‘n polisieamptenaar ‘n besope persoon toelaat om agter ‘n voertuig se stuurwiel in te skuif. Was hulle bang vir die wilde vrou, want sy is nie geboei of in hegtenis geneem nie? Dit sal bitter interressant wees om te lees wat van hierdie ras-voorval gaan word?

Elize ·

Watse polisie? Dit is nog net toeskouers wat daar rondstaan met hande in die sakke. Hulle was seker bang sy gaan hulle pak gee

DAVID ·

Ek wil net weet indien hulle vermoed dat sy onder invloed was hoekom het hulle haar nie gearesteer en bloed getrek nie,dubbel standaarde.

kozikan ·

BLYKBAAR was sy nie agter die stuurwiel toe die polisie daar aankom nie maar sy het wel self daar wegbestuur met n polisieman langs haar in die kar…. ja nee, dubbele standaarde….

Anne ·

Haar sg dronkenskap kan nie as verskoning gebruik word vir haar rassistiese gedrag nie, sy moet tot verantwoording geroep word vir haar optrede. Sies man sulke swak taalgebruik skaam jou.

KOZIKAN ·

ek wil asseblief verkeerd bewys word… net mooi niks gaan hier vandaan kom nie soos die geval met die swart man en die swanger wit vrou… :-(

dubbele standaarde… hulle mag, ons ,mag nie…. plein en eenvoudig…

kas ·

Karen,enige iemand kan ‘n vrou stop maar ‘n vrou of bagasie mag net deur ‘n vrou deursoek word.Ek is bevrres sy gaan dieselfde pad as Vicky stap.Afriforum sal dit nie net daar los nie.Wat soek sy daai tyd van die oggend in die strate.Was sy onder die invloed of nie.Hoekom het haar kar dan oor die pad geswaai.

Eileen ·

Ek het vanoggend die video ontvang via WhatsApp, sowel as ‘telefoon nommers vir die vrou, en ‘n “voice note”. Details word gegee dat sy vir ‘n Methodiste kerk werk in Pretoria – die spesifieke Methodiste kerk isnie in Pretoria nie – as ‘n lid van die Methodist Kerk is ek ontsteld dat die kerk hierby betrek moet word.

zack ·

Eileen—Stuur die video aan sodat dit by almal kan uitkom. Dis ‘n skande en sy moet boet vir haar dade

Vanessa Moore ·

Sy verwys na die polisie as ongeletterd. As sy so vreeslik slim was sou sy nie al die dinge kwytgeraak het en dit nog op kamera (ha ha, slim vang sy baas). Ek stem dat geregtelikheid moet geskied. Sy noem ook dat die polisie nie weet wie sy is nie. Sy ag haarself nog vreeslik belangrik ook. Ek het nie ‘n saak wie jy is nie of jy nou Zuma se vrou is of net ‘n gewone persoon op straat, dit gee jou nie die reg om jou so te gedra nie. Ek besef as mens kwaad is sê jy goed wat jy nie bedoel nie, maar regtig jy hou net aan en aan. Ja sussie jy sal moet opdok. Wat vir een geld, geld vir ‘n ander.

RH ·

Die polisie het haar nie self agtet die stuurwiel gesien of gekry nie. Wat van na die drama oor en verby is? Wiet toe agter die stuurwiel ingeklim en waar was die polisie toe gewees? Sou dit n wit mens wees was die inhegtenis geneem vir bloed trekking en blaas!? Wat nou??? Is daar spesiale instruksies gegee vir verskillende ras groepe of hoe werk die wet nou?(dom vraag!)

Johan. H. ·

Jammer man ek was weer te vinnig met die vingers oor die klawertjies,,, Klaar ge E-pos vir my kennisse oor die water,, Hulle kan ook mos maar sien hoe die mense en polisie hier optreee,, Shame man!!

Chris ·

…en die polisie doen niks. Volgens die wet moet ‘n polisie beampte optree as ‘n misdryf, in die geval moontlike rassisme en haatspraak, die verdagte arresteer….maar niks. Ek sou ‘n saak teen die SAPD gemaak het vir versuim van uitvoer van pligte.

Theo ·

Aan Jongergenerasie, Jou noodroep dat ons in n land moet bly sonder rassisme is n droom. Rassisme is n Wereldwye verskynsel en of jou nou daarvan hou of nie in Suid Afrika sal dit nooit verdwyn nie. Maar kom ons bly werk daaraan.

JP ·

Hoe kan die polisie haar toelaat om in haar kar te klim en weg te ry? Sy was verseker onder die invloed gewees. Afriforum dankie dat julle ietd hieromtrent probeer doen… alhoewel daar tien teen een niks gaan gebeur met haar nie.

ChrisE ·

Ek weet nie hoekom almal so kwaad word nie. Sy het net haar vryheid van spraak uitgeoefen. Wanneer gaan ons witvelle leer.? Dit help nie om stof oor sulke insidente op te skop en lawaai daaroor te maak nie. Niks gaan met die dame gebeur nie. Ons wittes moet leer om stil te bly en met ons lewens aan te gaan. Ons word elke dag deur sulke optredes gekoggel en uitgelok. Wat doen ons, ons trap elke keer in die slaggat en daal tot hul vlak. Sy het publisiteit gekry waarvoor sy gesoek het. Dink asseblief bietjie verder.

Johan ·

Gee die saak vir Sandton DBV – hulle ondersoek ‘n saak baie vinniger as die SAP – LOL LOL

Die publiek wil weet wat haar naam is.

Janosh ·

As sy “wit” was, was sy reeds agter tralies – soos met Momberg die geval was.

Ek hoop sy kry haar dag in die hof sodat geregtigheid ook hier kan geskied – soos met Momberg.

Tina Reynders ·

Hopelik moet sy ook duisende rande boete betaal en tronkstraf kry omdat sy trots is op haar self !!! Nee hel man dis onvanpas maar weereens- almal het dit gesien, gehoor en steeds gaan sy weg stap sonder dat daar iets aan di saak gedoen ga word !!! Maar was di bordjies verhang was hy lankal toe gesluit !

Dann Druff ·

Ek moet sê Media24/Naspers se stil te oor verdowend. Ashwin Willemse se kar was nog nie aan gesluit na sy storm nie toe is daar 3 meningstukke op News24 oor die rasisme in SA. Soliforum se vliegtuig VSA TOEwas nog op die luggage toe loop die Naspers propoganda masjien voel spoed

LB S ·

Goeie genade! Sy moes net daar gearresteer gewees het . Maar nee, hulle loop net rond en laat haar aangaan.

Wonder... ·

Wat ek nie verstaan nie is… die polisie kon haar nie arresteer nie want sy was nie agter die stuurwiel nie soos ek die storie verstaan. Maar hoe het sy by die huis gekom? Lyk nie of die polisie agter die stuurwiel ingeklim het nie?

daro ·

Wel enige wit persoon of almal kan klagte gaan maak, sy het al die wit mense beledig, want mens kan duudelik in die video hoor hoe sy gese het ALL YOU WHITES.

Mrs.B ·

Weet enig iemand wat gevolg het na die polisie haar van die toneel vergesel het? Dalk, net dalk is sy wel gearresteer.

Chris ·

Ek is regtig dankbaar dat Afriforum ten minste hiervoor in tree ?. Maar ek wil nie weet wat sal die hof sal sê nie, want dit dit sal my net in woede en teleurstelling laat. Sy sal niks oor kom nie!

Andre van Coppenhagen ·

“Die polisie het haar nie gearresteer nie omdat hulle haar nie self agter die stuurwiel gekry het nie” Tog is die veiligheidswagte getuie is dat sy bestuur het en sal dit ondersteun word deur die feit dat sy sal moet verklaar hoe sy en haar motor daar opgeeindig het. Of wou hulle nie iemand arresteer wat wit mense vloek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.