Video: Studente brand Njala met polisie binne-in

Skermskoot van die njala wat brand. (Video: Twitter)

’n Njala-polisievoertuig is Maandag tydens ’n gewelddadige betoging by die Walter Sisulu Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (WSU) in die Oos-Kaap aan die brand gesteek.

Die polisielede wat die voertuig beman het, was nog in die voertuig toe dit begin brand het en kon net betyds uitspring. Intussen is ’n video van die voorval ook op sosiale media versprei.

Betogende studente het glo ook op polisielede losgebrand en vier lede van die polisie se eenheid vir openbare orde (pops) is beseer toe hulle hulle met klippe bestook het.

Prof. Rushiella Songca, rektor en visekanselier, het in ’n verklaring gesê dat die voortslepende betogings hulle geen ander keuse laat as om die kampus te sluit en akademiese aktiwiteite aanlyn voort te sit nie.

Studente betoog onder meer oor NSFAS-toelaes en registrasie- en studiegelde.

“Ondanks pogings om die kwessies vreedsaam te hanteer, het ons geweld ervaar en is eiendom op meer as een van ons kampusse beskadig,” het Songca gesê.

Sy het ook gesê dat studente op hul regte mag aandring en hul griewe bekendmaak, maar dat dit nie ten koste van ander studente se regte kan gebeur of die universiteit se eiendom en aansien mag skade aandoen nie.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die pops-eenheid Dinsdag in ’n verklaring bedank vir hulle hantering van die betoging. Hy het ook ’n beroep op die provinsiale kommissaris van die Oos-Kaap, Liziwe Ntshinga, gedoen om die 72-uur-aktiveringsplan uit te rol wat ontwerp is om met behulp van belangrike hulpbronne en kundigheid te help om oortreders wat die gesag van die regering ondermyn suksesvol te identifiseer.

Strafregtelike sake wat insluit opsetlike saakbeskadiging en aanranding word tans ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Adri ·

“Losgebrand” is verwarrend, want dit beteken die studente het op die polisie geskiet. Kan ‘n mens hulle nog studente noem?

Willem ·

Nee hul is boewe en wie weet wat nog. Geen student vang dit aan nie

Sarel ·

Regering redeneer mos dat dit is Studente se reg. Daar mag nie opgetree word nie en ” Studente” word masr weer toegrlaat om voort te gaan. Wsnneer en waar gasn dit eindig. Kortupsie groot oorsaak.

Androclus ·

Die polisies moet nou deurloop,wat maar net daar is om toe te sien dat dinge nie handuit ruk nie. Stupid verby.

Dup ·

Hulle is almal finale jaar studente van die verwoes,vernietig en verbrand fakulteit.
Ons toekomstige “leiers…..ly gaan ons ly!

Jaco ·

Maar in die volgende verkiesing stem hulle weer ANC, wat die NSFAS beheer.

Androclus ·

Stem ANC net om verniet studie geld te kry wat hulle mors.

Outspoken ·

Hoekom is niemand nog gearresteer nie, hulle steek voertuie met polisie lede binne die voertuig aan die brand en kom niks oor nie… Suid Afrika die land van melk en heuning is omskep in die land van vuur en geweld.

Willem ·

Studente? Nee vandalistiese potesionele moordenaars is nader

Charles ·

Hoe minder die geld gaan word hoe groter die moeilikheid.

Sonia ·

hoop dié “studente” gaan ook aangekla word vir beskadiging van staatseiendom soos die boer tydens die Senekal debakel

Gert ·

Ag asb hy is geregtig om te vernietig en het niks dis net mense wat iets bereik sonder hulp wat toegesluit word

Persheks Adri ·

Magtag wat’s volgende? Uiters swak gedrag van die klomp wat demand dat alles gratis moet wees pffft

Fritz ·

Beskadiging van staatseiendom en poging tot moord! Is daar al arrestasies gemaak?

Kokerboom ·

Universiteite moet sluit en alle onderrig aanlyn gedoen word!

Jonico ·

Nou wonder ek of hulle ook soos die senekal manne van terrorisme aangekla gaan word. Brand is mos brand en ‘n polisie voertuig is mos ‘n polisie voertuig.

Tersia ·

Gee net vir elkeen ‘n graad by geboorte. Dit sal baie minder kos.

LD ·

Die kleur bepaal of jy ñ graad sal kry by geboorte….. Hulle word so te sê reeds met grade gebore!

Tersia ·

Ek praat van die mensies wat afbrand as hulle nie hulle sin kry nie, die ander sal hard gaan werk vir ‘n graad wat ten minste vir hulle iets sal beteken.

Casper ·

Wat sê my oompie met die hoed.As hulle ‘n voertuig aan die brand steek met lede binne in mag hulle skiet.

Sambok ·

In enige ander land sou hulle geskiet gewees het-dis poging tot moord met die polisie nog in die voertuig-daad van terrorisme-is daar nog iets te redde in hierdie mooi land van ons

isabelle ·

brand mos net af…en more staak hul weer vir dieselfde goed wat hulle hulself afgebrand het
dis belaglik
en ek wonder soms waarom het ons nog polisie want lyk nie eens dit help nie
die pizza delivery is baie vinniger as die polisie

ek voel ook jammer vir daai manne wat wel opgedaag het vir werk
Hier in Suid Afrika het dinge lankal hand uitgeruk en lyk nie asof dit gou gaan verbeter nie :(

Aai ·

So jy mag nie skiet as hulle jou in jou polisie voertuig aan die brand steek en nog met klippe gooi in SA?

Hennie ·

Die polisie van vandag word geensins gerespekteer nie. Die polisie verteenwoordig die regering, so, ons kan dan aflei dat die mense nie die regering respekteer nie. Ek neem die mense nie kwalik nie!

Mallie ·

So wat gaan nou gebeur of maak polisie lewens nie saak nie.

Mariana ·

Totale anargie deur regering geskep. Die kriminele, want studente is hulle nie, moet ‘n slag vasgevat word. Hulle mag nou maak en breek nes hulle wil om hulle sin te kry. Maar die regering het beloftes gemaak wat hulle nie nakom nie en nou is die klomp kriminele kleuters kwaad. Baie sit seker al vir jare op universiteit en dit net vir daai geld, glo nie hulle leer werklik daar nie en die wat wel wil studeer (wittes) word weggewys.

Saartjievandiebosveld ·

Brand af….Dan demand ons weer nuwe universiteite. … Nee dan kan julle maar onder ‘n boom onderig word…. nee nee nee….nou nou brand julle die boom ook af….eish…..

Tiptol ·

Ja, want apartheid het die boom geplant. Hulle kan nie eers ‘n boom plant en hom water gee nie.

Madz ·

En HOEKOM is niemand nog in hegtenis geneem nie….? As dit nou anders om was dan het daar sommer ‘n paar onskuldiges (soos gewoonlik) ook in die tronk gesit?? Ons regstelsel is ‘n verdomde GRAP!!

OW ·

Ons Polisie is ‘n grap.Cele en Sithole moes lankal afgedank gewees het.Daar is onenigheid tussen die genoemde twee wat die Polisie op alle terreine affekteer.Daar moes lankal deur deur die President opgetree gewees het want Polisie bly ‘n sleutel portefeulje.As die topbestuur nie dieselfde taal praat nie is dit ‘n kruitvat vir anargie.

Genis ·

Was die aanklag in Senekal ook saakbeskadiging? Waar is die arrestasies, of is dit beskermde wild, wat mag moor, want dis poging to moord as jy my vrae?

Francois ·

Polosie en staat is net so korup. Toe wit mans n polisie bakkie omrol to word hulle sumier gearisteer vir saak beskadiging. Hoeveel van die narre wat die njalla gebrand het of vorige polisie motors gebrand het is gearisteer. Nie een want dit is our people en hulle reg mos. Trek die skade se geld van die studente vonds af

Duck ·

Dit sal nooit end nie, sal net erger gaan, wat my verstand te bowe kom is die feit dat “hoekom brand ek my universiteit af” as ek my graad daar wil verwerf?
Knowledge is power, die “tool” na knowledge word nou verwyder, so word power ook verwyder.
Nou ja, kom ons kyk wat in Woensdag se nuus gaan opflits, raak al hoe beter!
Kaapstad se universiteit is verniel, S’bosch is nie vèr daarvandaan nie, nou wag ons nog net vir nog beter nuus.

Ansie ·

Nie net aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en aanranding nie. Diegene wat die Njala aan die brand gesteek het moet aangekla word van poging tot moord op die polisiebeamptes.

Blikkantien ·

Nee wat, ek sien glad nie kans vir deesdae se “studentepret” nie.

Tokkel ·

WONDER WIE SIT AGTER HIERDIE BRANDE ORALS????…
Mense met geen brein!

Bushy ·

Hoekom het ons nog universiteite. Ons voer dan elke keer kundiges van Kuba af in. Wag maar tot die Chinese eendag ons land gaan regeer (feit) dan gaan almal hier n ander lietjie sing en weet wat dit werklik is om onderdruk te word.

Alex ·

Na amper 30 jaar in bewind, het die volk nog nie van die ou gewoondte afgeleer nie. As ons ongelukkig is brand en beskadig ons eerder. Die bietjie wat julle het is nou na niks. Nou is ons minder tevrede oor dat daar nou niks is nie en dan betoog ons weer.

Esme ·

Gaan dieselfde reaksie volg van ‘n sekere politieke party soos wat die geval was in Senekal. Waarom is klipgooi en vuur so ‘n motivering vir sekere mense?

anko ·

Die moontlikheid is mos dat van die sogenaamde studente eendag hul eie besighede gaan besit, gaan hulle dan toelaat dat hul besighede so beskadig word?? Ek twyfel.

Jack ·

Sekerlik n poging tot moord ala george floyd soos ek dit sien. Hierdie was egter doelbewus. Wonder wat gaan gebeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.