Video: Studente takel UV-personeellid

‘n Skermskoot uit die video.

AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klagte teen studente van die EFF Students Command (EFFSC) aan die Universiteit van die Vrystaat aanhangig gemaak nadat ʼn personeellid asook studente vroeër die dag gedurende ’n betoging op kampus deur betogende studente aangerand is.

Chantelle du Preez, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir tersiêre instellings, het in ’n verklaring gesê die groep studente het opgeruk waarna talle klasse en toetse tydens die betoging ontwrig en studente sowel as personeel deur betogers aangerand is.

“AfriForum Jeug het ’n dringende skrywe aan Pura Mgolombane, dekaan van studentesake, gerig waarin ons vra dat hy onmiddellik teen die betogers optree om seker te maak ander studente se veiligheid en reg tot onderrig word nie geskend nie,” lui die verklaring.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video word tans op sosiale media versprei waarin ʼn gestoei tussen ʼn personeellid en studente op die trappe van ʼn gebou op kampus gesien kan word voordat ʼn man die personeellid te hulp kom soos hy opstaan. Talle gille van studente kan in die video gehoor word.

Volgens Du Preez is Marchelle Malan, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak, ook deur betogende studente gedreig dat hulle haar sal “bykom indien sy die video’s teen hulle sou gebruik”.

Maroela Media het ʼn navraag aan die universiteit se woordvoerder gerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Dell ·

Ja nee dit is nou weer tyd om eksamen te skryf. Enige iets om dit mis te spring. Weet nie hoekom hulle toegelaat word om die lewens van almal om hulle te ontwrig nie. Daar bestaan nie meer so woord soos skors nie.

Theo ·

Ek sien nie n gestoei nie,ek sien n blanke personeellid wat deur swart studente aangerand word op kampus.Kom ons kyk of daar op getree gaan word teen hulle.

De Villiers ·

Kom ons kyk of al die fluitjieblasers en politieke partye wat altyd so gou is om in die media aantygings van rassisme teen blankes aanhangig te maak van gevalle waar blank teen swart optree, nou ook hul ware kleure en integriteit gaan wys en hiervan ook ‘n rasseherrie maak, maar dié keer teen die EFF. Ek hou onder andere vir Luyolo Mphithi, die DA-jeugleier, se reaksie hier dop, dis te sê as hy enigsins gaan optree.

Pieter du plessis ·

Media se verkragting van die feite om politiek korrek te wees.

Hendrik ·

@Theo; Jy gaan baie lank wag, want daar sal een of ander “verduideliking” wees

EO ·

Hendrik daar gaan seker gesê word hy het op die trappe gegly, toe probeer hulle hom ophelp. ????????????????????????????????????

Yolie ·

Regtig? Ek twyfel sterk of 1) die universiteit die ruggraat gaan he om sie skuldiges aan die pen te laat ry en 2) hulle eie party hulle gaan aanvat oor hulle swak optrede. Geen wonder SA se kwalifikasies oorsee word nie meer in dieselfde lig gesien as 10 jaar terug nie.

Kallie ·

SA gegradueerdes begin reeds kla dat van die professionele grade word nie meer in die buiteland erken nie. Gegradueerdes moet die senior studiejare herhaal voordat hulle by professionele liggame kan registreer. Selfs standaard BA’s, BCom’s en BSc’s moet besonder hard werk om in die buiteland mee te ding.

AgterOs ·

Ek en my vrou het dieselfde kwalifikasie aan dieselfde universiteit voltooi – net 2 jaar uit mekaar.
Ek het geen probleem gehad om myne oorsee te laat erken nie – ek moes net ‘n raadseksamen geskryf het. My arme vroutjie moes egter ‘n oorbruggingskursus plus praktiese ure doen voor sy die eksamen konskryf.

Wonner ·

Hy moet ‘n aanrandingsaak maak jy kan mos duidelik sien op die video wie die skuldige partye is???

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Gee elke persoon n Universiteits-graad,voertuig-lisensie en geboorte-sertifikaat by geboorte….dan is dit in sy eie hande om praktiese ondervinding op te bou en dan te gaan werk soek…….niks meer tyd mors om eers skool toe te gaan nie…soek dadelik werk as jy jou ouerhuis wil verlaat…werkgewers kan dan werkers kies volgens hulle self opgeboude kennis en ervaring….dan is daar nie meer mors van geld nie….dan is almal equal.
.
.

Skandelik ·

Geen respek vir niemand maar wil als met geweld en intemedasie regstel! Tree op teen sulke studente of ons land se universiteite gaan ook wit olifante raak ons stuur ons kinders liewer oorsee om in opgevoede instellings te studeer!

Hartseer ·

Ek wens ek het die geld gehad om dit te doen, dat so veel beter gewees het.

Anke ·

En dit is hoekom my dogter Oktober begin medies studeer in China

Fanus ·

Verklaar Suid Afrika as n onveilige land waar slegs die krimilele se veiligheid gewaarborg word want hulle regeer mos hier.

BlinkStephaans ·

“What could go wrong”… as hierdie die mense is wat die land wil regeer? Te nice.

Jaco ·

Ja, dis nou die land se voornemende werkslui. Kan jy nou meer?

Lollie ·

Die EFF doen waarin hulle die beste is, amok maak! Gee kans en kyk die volgende 5 jaar die sirkus in die parlement want nou het hulle 44 daar!
Hulle gaan die land ten gronde stuur en dit met toestemming van die ANC.

Lo ·

@Chris, so sê jul doemprofete al vir meer as 2 dekades, tog staan ons nogsteeds hier

Kallie ·

Lo, eintlik staan ons nie, een knie is op die grond. Wet en orde bestaan nie, die ekonomie het permanente skade opgedoen, infrastruktuur het verbrokkel, en mense is werkloos.

Hendrik ·

@Lo: As dit vir jou aanvaarbaar is, dan is jy korrek. Ek veonderstel dat buitelandse maatskappye ook “vuisslaan” om in SA te bele? In 1995 het ek ook baie meer vir my Rand gekry as nou. S&P dreig nou al ‘n geruime tyd om SA af te gradeer na rommel………Ja, jy staan nog sterk

Karl ·

Call a spade a spade, Wit personeel lid aangeval deur swart “studente”.

De Villiers ·

Net so, @Karl. Hoe sou die media tekere gegaan het as die rolle omgeruil was!!!

Michelle leR ·

En hulle wil hê ons moet die umm sogenaamde universiteits opgeleide mense eendag in ons firmas aanstel, gaan nie gebeur. Werkloosheid gaan net nog styg.

Anel van der Merwe ·

Dis wat gebeur as universiteite hul kultuur verloor deur na Engels te verander en nog erger gaan gebeur as daar free education daar is. Daardie betrokke persone in due video clip is nie daar om te studeer nie net om af te breek soos hul by KZN universiteit ook gedoen het.

Gerrit ·

Dan is daar steeds mense wat ‘kies’ om te dink dat alles ‘oukey’ is in ons sonskynland… SKRIK WAKKER!!! Jy gaan jouself een of ander tyd teen massas moet verweer, hetsy dit die massa donkerte, gebrek aan kos en water of die massa wat soekend is na kos en water… jy het nog bietjie tyd… skrik wakker…

Kallie ·

Gerrit, jy is reg. Afrikaner belangegroepe sal moet begin werk aan ‘n noodplan. Dit sluit in veilige plekke waarheen ons ons vrouens en kinders kan stuur in geval van nood. Daar kan voedsel, water, klere en medisyne geberg word.

Marius ·

Hy wou hulle seker nie help met punte onder die tafel.So snaaks dat hulle punte goed is op skool maar as hulle aanleg toetse vir universiteit moet skryf kom hulle nerens.
Laat my wonder of hulle punte rerig is wat dit is.

AMMIE ·

ONSE VADER WAT IN DIE HEMEL IS, LAAT U NAAM GEHEILIG WORD,
LAAT U KONINGKRYK KOM,
LAAT U WIL GESKIED, SOOS IN DIE HEMEL NET SO OOK OP DIE AARDE.
EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE , MAAR VERLOS ONS VAN DIE BOSE!!!!
AMEN

Ruby ·

Dit is afskuwelik en die meerderheid dink dit is ‘n groot grap.

pinkie ·

Afskuwelik. Altyd in groot getalle val hulle aan op onskuldige mense wat hulself nie kan verdedig nie.

Werner ·

In Afrika regeer die diktator met die grootste weermag nie die ou met die meeste stemme nie

Bekommerd ·

Ek was n paar dae vroeer by die einste gebou. sien my dogter wil daar studeer volgende jaar. Ek is nie eers meer besorg oor politiek, “equality” en ander twak nie. Ek wil net verdraagsaamheid hê. Verdraagsaamheid…die nuwe droom….Ek moet my kind positief hou vir die toekoms. Maar hoe? As enkelouer gaan ek myself laaste stel, maar my kind gaan studeer. Kry ‘n graad en gaan oorsee!! Hoe siek is dit nie dat ek met haar n praatjie moet hê voor sy gaan studeer nie…Nie “Geniet dit ten volle nie, maar sou daar onluste uitbreek op kampus, is dit wat jy moet doen om veilig te bly, wees paraat ens” Die land is gat oor kop.

Peanut ·

Liewe Bekommerd
Ek sal my kind eerder by Akademia laat studeer, al is dit n rigting wat nie haar passie is. Sodra sy haar graad het kan sy enige plek oorsee gaan werk en daar haar passie studeer en uitleef.
By dié hool gaan sy moontlik nie eers n graad kry.
Ek is self n oud Kovsie, maar bly deesdae stil daaroor want ek skaam my dood.

Jozi ·

Ek kan nie eers sê dit is skokkende gedrag nie, want ek is verby die punt waar enigiets in SA my nog kan skok.
Wat die personeellid aanbetref…. Ek weet nie hoe en of hy ooit weer in die oggend kan opstaan en met ‘n opgewondenheid in sy gemoed werk toe sal gaan nie.
Wat sal enigiemand motiveer om jou tyd, kennis en passie met sulke mense te deel?

Niek ·

Privaat gefasiliteerde afstandonderrig is die pad vorentoe. Daar is baie oorsese kursusse beskikbaar daarvoor. Lektore kan dan plaaslik privaat onderrig en ondersteuning bied. Gebruik die vierde industriële rewolusie om hierdie tipe anargie net eenvoudig te systap.

Dirk ·

Die aanslag is teen witmense wat “slaan terug” ondersteun! Die saadtjie van idees vir plaasaanvalle en ook nou aanvalle in die openbaar op witmense gaan nou deur die eff tot op breekpunt gedryf word. Die mandaat van kiesers aan die VF was om terug te slaan. Ons wag in spanning vir leiding in die verband! VF optrede wat geneem gaan word moet aanvalle in die publiek verhoed, as VF optrede soos in die geval van plaasaanvalle, dit nie kan verhoed nie, se dan so en staan terug en doen die beroep op burgers om eerder self te organiseer en terug te slaan. Indien soortgelyke toekomstige aanvalle nie deur optrede verhoed word nie, sal VF politici en Afriforum projekbestuurders gewone burgers in dieselfde groef laat verval as wat dit die geval met plaasaanvalle is!

marco polo ·

Goeie punt, Dirk. As daar niks hiervan kom nie, gaan dit n uitnodiging wees vir verdere aanvalle.

snofels ·

Hi Inge
Do you really think they are paying for
their education? They borrow money, use it on something els and then refuse to pay it back.
In that way they are in dept and dont even worry about it, beacuse nothing will happen to them

pinkie ·

@snofels Meeste kry subsidies van die staat? Gratis and for free?

Patrys ·

Soos ek dit sien is al die universiteite onbevoeg om orde op hul kampusse te handhaaf. Die normale prosedures is om sekuriteit (wat verkieslik onpartydig is en een of ander politieke party ondersteun nie) aan te stel wat orde handhaaf op die kampusse. Maar net soos mens nie ‘n polisieman met ‘n oog te sien kry op enige gegewe tyd van die dag nie, is orde ook daar skitterend afwesig. Mense kan nie hulself in orde hou nie. En hierdie ding dat die EFF altyd die moeilikheid maak weet jy mos wie is die culprits. Net soos on land se orde in die drein af is, net so is alle orde op alle tereine ook nie meer daar nie. Ek is nie eers lus om na kampusse te kyk nie omdat ek nie my kind aan sulke goed wil blootstel nie. Ek moet nou betaal sodat daai makkers verniet kan studeer en heeltyd ontwrigtign kan veroorsaak. Daardie prentjie maak mos nie sin nie. Ek gaan onmiddelik na aanlyn studie opsies begin kyk. Wonder of die staat in staat gaan wees om daardie instellings aan die gang te hou as almal soos ek begin dink en hulle oor ‘n paar generasies niks meer betalende studente gaan kry nie.

JJS ·

Elke geval soos die, neem ons screenshots, en save die gesigte, as hul CV’s ooit oor ons lessenaars kom, verwyder ons dit sumier van ons recruitments af. Hul het mos die “work for youth” wat slegs vir swart studente is.

Henry ·

Vat maar julle wapens saam universiteit toe. Jy het die reg om jou self te beskerm. Niemand sal jou beskerm as jy dit nie self gaan doen nie. Julle moet dit self stop sit want niemand anders sal dit doen nie. Dis al hoe die nonsens sal stop.

Johann ·

Nee kyk, dis nou ‘n boggerop! My oudste seun in matriek wil volgende jaar UFS toe vir studies, maar as ek dinge so kyk dink ek ons as ouers sal ander plan moet maak. Die teleurstelling sal groot wees as hy nie saam sy vriende kan gaan studeer, maar ek as ouer kan eenvoudig nie my kind aan sulke twak laat blootstel nie.

Dis tragies dat ons kinders van vandag nie meer ‘n sorgelose, VEILIGE kampuslewe kan hê soos baie van ons destyds nie, omrede die massas die vrede kom vernietig het. Dit maak my bitter!!!

Sterkte aan die personeellid, ek twyfel of daar enigsins teen hierdie gemors opgetree sal word. My raad aan hom: pak jou tassies, en neem jou kennis elders war dit waardeer sal word. Hierdie narre sal nie die voorreg hê om daarby te baat. Sterkte.

Dirk ·

Derek, dit is nie net die VF wat moet terugslaan nie, dit is almal van ons wat geaffekteer word en wie verby gatvol is. Die politici van die VF wie die mandaat by kiesers gekry het om terug te slaan moet nou leiding gee en vir kiesers se hoe wil die VF he moet die kiesers terugslaan, dan doen ons dit. Wat die VF ookal se wat kiesers se optrede moet wees, dit moet toekomstige EFF aanvalle in die publiek stuit en verhoed, dit moet nie soos plaasaanvalle, ongestoord kan voortduur nie of wees om n sakeryk te bou nie. Indien die optrede wat die VF voorstel nie EFF aanvalle in die openbaar verhoed nie, dan kan ons ook maar boedel oorgee want dan is dit ook maar elkeen vir hom en haarself, net soos wat reeds met plaasaanvalle die geval is! So ja, ons wag vir ons VF leiers en terwyl ons wag word kiesers een vir een aangeval, nie net meer op plase nie, maar nou ook in die openbaar! Die VF kiesers verdien niks minder nie as daadwerklike leierskap van die VF vir daadwerklike georganiseerde optrede van kiesers om vir eens en vir altyd plaasaanvalle en aanvalle in die openbaar te stop. Eendrag maak mag en kiesers het mos nou aangedui dat hulle bereid is om saam te staan. Die VF politici moet nou daaraan gehoor gee en soos dit leiers betaam, effektiewe lewensvatbare leiding neem!

Penellope Jones ·

Het geen, maar geen respek vir niks en niemand nie.

Piet ·

Quo vades Kovsies – waarheen is julle op pad?
Skaam my om dit my alma mater te noem.
Hoeveel woema het die mense bygekry met die UV se afstel van die nuwe boek se bekendstelling.
Die probleem – geen gevolge vir enige vorm van boewey op alle vlakke in ons land. Die leuen word nou as die norn gestel.

Edd ·

Hulle gaan net sê die leerder het op sy eie opgetree en is nie verteenwoordigend van die eff nie.

Elsie Riekert ·

Afstandonderrig blyk al wat vir ons nageslag haalbaar is. Daarna moet hulle emigreer. Blankes het nie meer n plek in hierdie land nie.

Esme ·

Daar is soveel van ons wat kinders het wat studeer of wat nog moet gaan studeer.. en onwillekeurig sidder as mens moet dink jou meisiekind moet op ‘n kampus rondloop waar die moontlikheid elke dag elke oomblik bestaan dat sy aangeval, beroof, verkrag of vermoor kan word. Vir ons gewone middelklas mense is immigreer nie altyd ‘n antwoord nie. En afstand-studie deur UNISA? Net so chaoties.. Ek as ouer kan nie help om diep bekommerd te wees oor my kinders se toekoms nie…

Charlotte Barnard ·

@Johann – registeree jou seun by Akademia, jy gaan nie spyt wees nie.
Ek studeer tans by hulle, uiters professioneel, effektief en VEILIG!

Charlotte Barnard ·

@ Esme, indien jy nie jou kind oorsee wil stuur nie, is AKADEMIA jou opsie. Jy sal nie spyt wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.