[Video] Studente veroorsaak chaos by parlement

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Chaos het Woensdagmiddag voor die parlement uitgebreek toe betogende studente hul weg tot in die binnehof voor die parlement ingedwing het.

Polisiebeamptes het die studente probeer terugdruk en skokgranate afgevuur. Talle studente is in die proses beseer. Die studente het hard gedreunsing “we want Blade” met verwysing na Blade Nzimande, minister van hoër onderwys.

EFF-LP’s het intussen die minister van finansies, Nhlanha Nene, se mediumtermynbegroting ontwrig deur aan te dring op ʼn nooddebat oor die studentebetogings wat na talle universiteite regoor die land uitgebrei het. Die EFF se LP’s is egter uit die Nasionale Vergadering verwyder voordat Nene met sy toespraak voortgegaan het.

Nene het vroeër in die parlement gesê geen bykomende geld is vir universiteite begroot nie. Volgens Nene het hy vlugtig met Nzimande vergader en sal ʼn interregeringstaakspan op die been gebring word om ‘n oplossing te probeer vind vir onderwysbefondsing.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elana ·

Ek kry so skaam om te se dat ek ‘n jongmens in Suid-Afrika is op hierdie stadium. Ek het deur college gekom met BAIE duur fooie, dis 2 jaar later en ek betaal dit steeds af. Ek weet die toenname in fooie is dalk onnodig, maar dis nie nodig om gewelddadig te raak nie. Daar is maniere om die tipe goed aan te spreek, en om basies ‘n vloermoer te gooi nou en goed af te brand is beslis nie een daarvan nie. Skaam julle.

Asjas ·

Eintlik is ek bly om te sien daar is ‘n paar wit gesigte ook. Die wit kinders betaal duur om te studeer en hul studies word ook deur die betogings ens. geraak. Op hierdie stadium weet jy nie meer waar om in te skryf nie want die hele land se Universiteite is in krisis gedompel.
Almal wat volgende jaar ingeskryf het moet hul gelde terug hou totdat die krisis opgelos of weer onder beheer is.

katereena ·

O wee ou Genis watter twak praat jy nou alweer. Wie os nou eintlik die kommuniste rooi gevaar waarna jy verwys?

katereena ·

O wee ou Genis watter twak praat jy nou alweer. Wie os nou eintlik die kommuniste rooi gevaar waarna jy verwys?

Meisie ·

Ek stem heeltemal saam met die studente wat betoog. Die studentegelde gaan op met die helfte van wat dit was. Hoe gaan ‘n jongmens dit betaal? Nie almal het ouers wat vir hulle betaal nie.

Genis ·

Dan het Zuma gister ooreenkomste met Hamas ook gesluit. Hamas gaan glo kantore in Suid Afrika kry volgens Gwede. Mens weet nie of jy moet lag of huil nie.

Heidie ·

Chaos is veroorsaak deur staatsaparatus, studente was vreedsaam tot die skokgranate afgevuur is. Ek persoonlik is baie trots op die studente, baie sterk leierseienskappe wat gedemonstreer is die laaste week. Moenie al die strooi glo wat die media publiseer nie.

chrisp ·

Heidie.
Wag en kyk maar jy gaan daai trots nog swaar sluk.
VREEDSAAM is ‘n woord wat vir hierdie mense nie bestaan nie behalwe as daar saam geeet word.

Genis ·

Nee die helfte van die kommentare is nou weer verwyder en hier dryf nog brokstukke rond. Ons het oor Tiananmen gepraat.

sarie van heerden ·

Ek het kleinkinders oo Tukkies en besef universiteitsfooi het gestyg maar wat is die rede. Waar moet die uniersiteite geld kry om geboue wat beskadig word deur studente te herstel. Waar moet universiteite geld kry om leerlinge wat skaars matriek kon slaag en dan binne maande van die universiteit onttrek, te finansier? Ek was jare gelede ook ‘n student maar nie net het ons ons baadjie met trots gedra nie maar ons was opgevoede kinders wat gehou het by reels en regulasies. Vandag kry jy alles op ‘n skinkbord en word alles geignoreer wat verkeerd is as jou vel die regte kleur is. Ek het apartheid self ervaar en ek kan getuig dat daar toe orde was.

Wilhelm ·

‘n Ordelose samelewing deur die huidige “regering” self tot stand gebring! Kyk maar na die kabinet as verteenwoordiger daarvan – wat hulle van dissipline weet is gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.