Video: ‘Studentebetogings kan weer opvlam’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Studenteleiers waarsku hernieude betogings vir gratis tersiêre onderrig kan opvlam weens vertragings deur die kommissie wat in Januarie tot stand gebring is om studiegeld te ondersoek.

Pres. Jacob Zuma het die kommissie in die lewe geroep om die lewensvatbaarheid van gratis universiteitstudie te ondersoek.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

m ·

Hierdie lotte word goed opgesteek so hulle sal verseker begin afbreek.

Johann ·

Nog n baba wat die ANC met sy gratis alles vir als en almal gebroei het! Ansurdheid wat glad nie haalbaar is nie maar die “studente” wat namens almal akree en dreig het waarskeinlik n doktersgraad in beeek en brand en verwoes!

CHRISTA ·

Die ANC braai nou in hulle eie vet!! HULLE het mos voor die 1994 verkiesing GRATIS onderwys, GRATIS behuising, GRATIS water en elektrisiteit en GRATIS mediese dienste beloof!!! Hulle moes dit net duideliker gemaak het dat die SLEGS vir die ANC leiers en LP’s en hulle families sou wees!!!

Berhalet Beukes ·

Mmm, volgende sal hulle betoog oor gratis grade sonder formele opleiding!

Xavier ·

Ek stel voor ons gee toe aan hulle eise met die volgende teenprestasie wat opgeëis word:
Vir elke jaar wat hulle gratis studeer werk hulle vir ‘n jaar gratis vir die instansie wat hulle borg. Vir elke vak wat hulle druip werk hulle ‘n addisionele jaar gratis terug. Sou hulle ‘n tweede keer druip, word studies gekanselleer en moet die student dan sy skuld afwerk by die instansie in ‘n half- of ongeskoolde hoedanigheid.

jaco ·

Al studeer hulle ook gratis, wonder ek waar gaan hulle almal werk kry met hulle grade. Slegs nadat en die feit dat ek n graad het, heeltemal verswyg het en my CV niks daaroor bevat nie, het ek weer werk gekry

John ·

Ek dog ‘n komitee is besig om die saak te ondersoek deur onderhoude te voer met die betrokke instansies, of is die studente op hul eie soustrein-trajek. Self betaal vir studies bly dalk tog die beste opsie dan weet mense waar die geld vandaan kom… en dan swot jy ‘n slag met minder tyd vir stories-verkoop en plakkate-swaai.

marietjie ·

ja nee… ek as ouer is baie bekommerd oor wat weer aan gebeur by die universiteit nou. ons kinders swot 600km ver van ons af. watse waarborg kan daar gegee word vir ons dogters se veiligheid.? dis nie net van in die kar klim en ry om hulle te gaan haal vir die veiligheid nie.. my dogters is daar om n sukses van die lewens te maak en nou hang daar n sward oor ons koppe vir haar veiligheid

Rina Pretorius ·

Hoe dink die klomp studente waar moet die geld vandaan kom om alles te dek wat gedek moet word, pleks gaan begin hulle hul eie universiteite wat gratis opleiding kan gee en los die universiteite wat nog altyd goed gewerk het uit deurdat studente altyd betaal het vir hulle opleiding sonder om alles te wil afbrand en met verf besmeer

Buitestander ·

Iets wat verniet/gratis of vry verkry word, word nooit waardeer nie.
Iets wat moet moeite bekom is word altyd 10X meer waardeer.

Gerrit ·

Skool onderig is n reg, Universiteit is n voorreg. Betaal vir die voorreg om iets in die lewe te word en dan vir die samelewing iets te beteken

saratjie ·

kom ons hoop en bid dat alles sal goed afgaan. daar is kinders se lewens in gevaar met sulke stakkings. ons het februarue maand gesien sommige student het geen resep vir dogters op die kampus nie,. daar is vir my dogter gese as hulle die blanke dogters aan die hande kry dan word hulle k]hande afgekap et n panga. waar was die betrokke universiteit se veiligheids mense.

Kiepie ·

Wanneer het enige kommitee of kommissie al ooit tot enige sinvolle uitkoms gelei? Dis net ‘n helse duur strategie om tyd te koop.

Lance ·

Hoe kan dit verniet wees …die staat kan sekere mense help maar nie ALMAL nie … die instansies gaan nog toemaak ek sien hoe word dit lamgele deur al die duisende demands ….studeer bq vir n slag !

Louwrens ·

As jy al die fondse neem wat met korrupsie en ander finansiele wanbestuur gepaard gaan dan sal die kostes tot n groot mate kan verminder. Ten minste die eerste & tweede jaar kan dalk in totaliteit kosteloos wees afhangende van die studierigting. Ek dink bv. dat onderwys-studente in hierdie opsig tegemoet gekom moet word.

John ·

Liewers betaal vir die eerste paar jaar sodat die studente bewys lewer hulle kan en wil studeer, hierna kan hulle vergoed word. Topstudente word vrygestel van eindeksamens en kry bonuspunte wat ekstra fondse inbring. Universiteite lief flukse studente. Aansporingsbonusse kan ‘n positiewe inpak he. Baie stories dui op min grysstof. Stel ‘n puntestelsel in. Werkgewers sal ook belangstel in hul kadetwerkers se vordering op universiteit.

Marlene ·

Graad 1 tot graad 12 behoort gratis te wees, daarna, wat jy van jou lewe wil maak is jou keuse en moet jyself opdok, ander kinders werk in die aande tot watter tyd om geld te verdien vir hul studies, maar dit is gewoonlik die lui groep, en mens kan maar kyk na hul uitslae, gewoonlik die groep wat die swakste vaar, net hulle gaan so te kere, hulle kry kastig so swaar, maar betoog in hulle “namebrand” klere en skoene

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.