ʼn Swartmamba van meer as 2 meter lank is Maandagoggend by ʼn huis in Coniston in KwaZulu-Natal gevind.
Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 09:00 gekontak ná inwoners in ʼn kas op die slang afgekom het. Anton Davidson, ʼn professionele slangvanger, is ontbied en hy het vernuftig die slang uit die kas gehaal en gevang. Davidson bevestig in die video dit is ʼn swartmamba.
Volgens hom sou die slang waarskynlik self weer uit die huis geseil het. “Dit is slegs ʼn probleem wanneer die slang bedreig voel.”
Hierdie mamba is een van die grootste giftige slange van Afrika en ook die mees gevreesde. Die slang maak sy kop bak wanneer dit bedreig word. Sy byt is feitlik altyd dodelik as dit nie onmiddellik behandel word nie. Die gif is senuvergiftigend en die slang pik ‘n paar keer na mekaar. Onmiddellike behandeling is nodig anders sterf die slagoffer weens verlamming en versmoring. ‘n Teengif is beskikbaar.
Anders as wat sy naam aandui, is die swartmamba nooit heeltemal swart nie: sy kleur wissel van olyfgroen tot donkerbruin aan die bokant en gryserig op die pens.
Inwoners sê in die video dit is die tweede keer wat hulle op ʼn slang afkom.
Die swartmamba is van die perseel verwyder en sal in ʼn geskikte omgewing vrygelaat word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Nee MM, hy maak nie sy kop bak as hy bedreig voel nie. Die Mozzie doen egter
Grote genade !!
Nee wat ek sal dit nie oorleef nie, aikona
Nee wat, ek trek!!!!!