[Video] Taalstryd by kampusse

Prof Hans du Plessis (skermskoot uit die video)

Prof Hans du Plessis (skermskoot uit die video)

Prof. Wannie Carstens het uit ‘n raadsvergadering van die Universiteit Stellenbosch gestap oor die besluit om te verengels. Prof. Hans du Plessis het gepleit dat die Potchefstroom-kampus Afrikaans bly. eNuus het met albei gesels.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Koos ·

Dit is jammer maar ‘n mors van tyd prof gooi jou gewig in by Akademia en verseker so die voortbestaan van Afrikaanse onderrig van ‘n hoë gehalte hierdie universiteite as hulle nog staan oor ‘n paar jaar sal van so ‘n swak gehalte wees dat ons nie ons kinders daar sal wil hê nie.

Ania ·

Ons kan nie net oorgee en almal vlug na Akademia nie. Ek steun beslis Akademia, maar ‘n kwaliteit universiteit word nie in ‘n paar jaar of selfs 10 jaar opgebou nie. Dink bietjie aan hoeveel fakulteite ‘n universiteit het. Daar het baie bloedsweet in die opbou van hierdie universiteite ingegaan. Ek is dankbaar vir mense soos Prof Wannie en Prof Hans.

KarooKlong ·

Prof Carstens, ek salueer U.
Skande dat U nie meer ondersteuning geniet uit Afrikaanse geledere nie.

Andre ·

Apartheid was n fout maar isolasie is nie, dis die enigste uitweg. Die wat verskil moet aanbly en verwater, die wat glo sal moet opoffer – daar is geen maklikke pad nie en mens moet nie andersdenkendes veroordell nie want dan kan jy ook veroordeel word. My kinders gaan nog graad vang in die huidige stelsel voor die ligte finaal uitgaan maar ek dra klaar by vir Akademia sodat daar n toekoms kan wees vir ander of my kleinkinders. Daai toekoms sal weer en weer aangeval en afgewater word as daar nie hieruit geleer word nie. Isolasie = = selfdissipline = selfregeer = beskawing en orde = enigste opsie (buiten verval of emmigreer).

Johann Marx ·

Hoe lank gaan dit neem voordat mense ophou om hulle energie en tyd te vermors met ‘n “taal stryd” by ‘n Universiteit wat 55 miljoen mense “bedien”, waarvan 47 miljoen swart is en nie Afrikaans wil praat of hoor nie? Word wakker…..Afrikaanssprekendes is ‘n minderheid van ‘n minderheid (blankes) in hierdie land. FW de Klerk het in 1992 die land weggegee….en dit sluit al die universiteite en skole ook in. Hou op om daarvoor te baklei……BOU NUWES. Bou nuwe ekslusiewe Afrikaanse skole en Universiteite, presteer daar en styg uit bokant die moeras van onvermoë wat besig is om julle te versmoor.

Reinhardt ·

Afrikaanssprekendes is wel n minderheid, maar nie n minderheid van n minderheid nie. Daar is meer Afrikaans eerste taal blankes as engels eerste taal blankes.

jaco ·

1. wees eerder bly die universiteitstaal is nou engels en nie Zulu of Tswana nie. Die ANC-regering wat hulle so Engels hou en wat Afrikaans brandmerk as ‘n taal van onderdrukking, vergeet blykbaar dat Engels dwarsoor die British Empire ‘n taal van onderdrukking was. Tog vreemd dat waar Frans en Portugees in die res van Afrika ook sogenaamde tale van onderdrukking was, het is daardie tale vandag steeds amptelik en niemand kla daaroor nie.
2. Waar gaan julle wit afrikaanse kinders werk kry met wonderlike Akademia-grade? Al slag hulle cum laude, sal daar met werksoek vir hulle gese word “sorry but you are white so we cannot employ you”.

Koos ·

Dit is net die begin oor ‘n paar jaar dan is Engels weer die taal van die onderdruker en dan kan dit mos weer verander word met baie minder teëstand as nou.Die mense wat wil bly ek respekteer julle standpunt maar as ek kan raad gee wees voorbereid vir ‘n skerp daling in standaard net soos die staatshospitale skole

Henk Brand ·

Volgens jou argument in 2 moet wit kinders dan eerder nie universiteit toe gaan nie, want wat by Akademia van toepassing is geld mos dan by ander universiteite ook. Dan maak dit mos nie saak in watter taal en by watter universiteit jy studeur nie. So, wat nou gemaak?

John ·

Ons taal se oorlewing moet maar weer soos tydens die Boereoorloe op ‘n wye front geveg word. Guerrillaoorlogvoering put die vyand uit en wen veld vir ‘n saak. Om al ons eiers in een mandjie te plaas gaan nie help nie en daarmee druk ons onsself net in ‘n hoek. Ons huidige geslag Afrikaners is sag omdat ons nooit hoef te geveg het vir ons geloof, kultuur en taal nie. Mode-items se afwesigheid maak ons depressief en angstig. Sonder selfoontyd is ons sprakeloos. Kyk hoe ‘suffer’ die Britte noudat vryheid weer in hul hande is. Hulle wil net terug na ‘Egipte’ se pyn en lyding.

Theuns ·

Onthou die Profesore is ons mense en hulle is deel van ons stryd net soos Akademia en kan ons nie bekostig om hulle tevervreem nie! Kom ons ondersteun almal wat Afrikaans wil beskerm. Deel van die probleem met die agteruitgang van Afrikaans op so ‘n dramatiese manier by ons skole en universiteite le by die Afrikaner self! As die Afrikaner net meer kragdadig wil wees. en dit gaan vir Afrikaanse besighede ook, om die geld krane wat hierdie monster wat Afrikaans wil slag, onderhou, toedraai. Ons moet terugvat wat aan ons behoort. Ons moet rebeleer teen swartbemagtiging, die weggee van grond en ons eie werk doen. Daar is baie jong mense wat nie werk nie en sal graag by boere wil werk. En die sogenaamde boere wat instemmend is, om volgens die agbare Minister, om 50% van hulle plase weg tegee om sy swart plaas arbeiders te bemagtig, gee die grond liewer vir ons boere seuns!

humor ·

Kan regtig nie verstaan wat daar in die Stellenbosh – gemeenskap, die studente , ouerkorps alumni en dosente aangaan nie. Besef jul dan nie die Godgegewe gawe van jul moedertaal nie? Watter geld kan ooit hierdie Matie Universiteit koop. Dit is onkoopbaar want histories vestig dit die siel van die Afrikanervolk. Hierdie inrigting was deur al die jare heen die verteenwoordiging van die kultuur en die eiendomlike van die Afrikaner volk. Hier het miljoene student hul toekoms gevind en dit die behoud en toekoms van die Afrikanervolk gemaak. Hier is oneindig meer op die spel as maar net n taalkwessie. Hier gaan dit oor die uitfasering van die Afrikanervolk wat na reg met bloed en goed beveg moet word.

cbc ·

Wat is die bohaai oor Afrikaans? Wie praat Afrikaans by die werkplek? Afgestudeerders gebruik nie Afrikaans in hul beroepe nie. Ons almal is skuldig dat ons ons taal verwaarloos by die werk. Wie gebruik Afrikaans vir besigheid, by die winkel, by die motorhawe ens? Wat is fout om studente in Engels te onderrig? Hulle sal dan meer paraat wees na skool of studies om hulle beroepe te be-oefen. Trots Suid Afrikaans? Belaglik!!

humor ·

Soos in jou eie woorde belaglik, maar beslis nie van toepassing op hulle wat streef na die behoud van hul moedertaal Afrikaans nie. Maak maar self iut wie in hiedie geval die belaglike een is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.