Video: Talle sonder elektrisiteit ná brand by Pta-substasie

Foto: Facebook via City of Tshwane | Official (Page).

Talle inwoners van Pretoria is Dinsdagmiddag sonder elektrisiteit gelaat toe daar ʼn brand by die Wapadrand-substasie uitgebreek het.

Die stad Tshwane het dié brand by die 132 KV-substasie bevestig en gesê dat tegnici reeds op die toneel besig is en die nodige ondersoeke uitvoer met die oog op herstelwerk.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die stad, het in ʼn verklaring gesê dat Wapadrand, Equestria, Silverlakes, Faerie Glen, Lombardy, Tierpoort en Olympus tans geraak word deur die voorval.

Volgens Mashigo het die brand omstreeks 10:00 uitgebreek. “Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onbekend,” het Mashigo gesê.

Mashigo het gesê die stad vra verskoning vir enige ongerief en het ʼn beroep op die betrokke inwoners gedoen om die stad se tegniese span toe te laat om hul werk ongehinderd te doen.

Dit is in dié stadium nog onduidelik hoe lank presies die herstelwerk gaan neem.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê daar is geen beserings aangemeld op die toneel nie. Hy het bygevoeg die vlamme was teen 12:10 geblus.

Posted by Jonathan Jubber on Tuesday, July 10, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Africa ·

Sabotasie. As iets werk, dan moet dit mos gebreuk en verbrand word.

Marionet ·

Middag Maroela Media en die res van die gevolg,
Ek is n aanhanger van MM en ek lees letterlik MM elke dag seker 3 of 4 keer vir nuwe nuusgebeure. Wat my ontstel is die feit dat die Afrikaner volk in n groef verval het om te oordeel of blaam te skuif op die wat nie WIT is nie. Ek is op die punt om MM te verlaat en maar net geen nuus te lees nie, want elke liewe kommentaar is negatief en ek kan myself nie vereenselwig met hierdie negatiwiteit nie.
MM – kan julle nie ASSEBLIEF n bietjie positiewe nuus deel met die lesers nie? Dit is wat die volk nodig het om op te konsentreer om hulself ook positief te kry en weer n lus vir die lewe aan te kweek. Die negatiewe mense is soos diegene wat kla maar nooit iets doen aan hulle situasie nie… Ek se dit met respek, as jy nie hier wil wees of gelukkig is met wat aangaan in die land nie, vat jou goed en trek. Hier is baie mense wat rerig n positiewe gesindheid het en wil saamwerk met die res van die land (Swart , bruin, wit) om n verskil te maak. Om altyd mense van n ander velkleur aan te val is nie die oplossing nie. Om n vinger te wys en op te tree teen die regering, is die oplossing, ek ken swart mense wat soveel beter is as sommige witmense, en opreg, nie aangeplak nie.

Rissiepit ·

Positief?
Ek is liewe Jesus se optelkind want ek tel 2 tot 3 keer ‘n week muntstukke op! Net jammer my enigste dogter wil my nie sien nie en geen toegang tot my kleinkinders kry nie?
SKOKKEND!!!

TDW ·

Marionet. Nuus is nie altyd positief nie en positiewe nuus is nie altyd nuuswaardig nie. Positiewe goed word gewoonlik onder ‘n ander kategorie geplaas, jy kan gerus net dit lees as jy wil (nie sarkasties bedoel nie, partymaal moet mens maar ‘n breuk vat van die nuus) maar ek stem saam dat negatiwiteit ons begin onder kry het, juis oor ons magteloos voel. MM is partykeer ons mense se enigste platform om bietjie uiting te gee aan hierdie moedeloosheid. Maar ja, ons het verseker meer mense nodig om bietjie ‘n positiewe kommentaar te los om ons weer die ander kant van die saak te laat sien of ons op te beur met humor, ek sal weer meer ingeligte en intelligente kommentare wil sien, soos ‘n elektrisiën wat kan verduidelik wat moontlik hier fout gegaan het. Nie almal is sleg nie, ek glo die meerderheid weet dit, maar ons (oor)leef onder ‘n baie swak regering, en agv daarvan is dit makliker om alles wat skeefloop by hul voete neer te lê, soos ‘n brand of ‘n vliegtuig wat val. Positiewe denke is ‘n goeie manier om ons moedeloosheid te laat verdwyn. Hier is my positiewe kommentaar vir die berig; ek is so bly dat daar nie ‘n kwota met die gebruik van kerse is nie, want ek besit net wittes. ?

anton ·

Wel niemand sê jy moet die kommentare lees op MM nie Marionet.
Mense in S.A is so keelvol vir negatiewe goed wat daagliks gebeur in die land, dat niemand hulle kwalik kan neem oor hulle kommentaar nie!!!
Gun ook ander mense hul reg op kommentaar asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.