Video: Talle treinwaens vat vlam op Kaapstad-stasie

Foto: ANA

Miljoene rande se skade is aangerig toe talle treinwaens Saterdagmiddag by die treinstasie in die Kaapstadse sakesentrum in ʼn brand verwoes is.

Die presiese omvang van die skade is in dié stadium nie duidelik nie. Steve Harris, algemene sekretaris van die United National Transport Union (Untu), het gesê minstens ses treinwaens het heeltemal uitgebrand nadat trein 3420 omstreeks 15:39 by platform 15 van die stasie aangekom het. Die brand het tot by platform 16 versprei teen die tyd wat die brandweer sowat tien minute later opgedaag het, het Harris gesê.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapstadse brandweer, het egter aan African News Agency gesê 11 treinwaens het in die slag gebly. Van die stasie se infrastruktuur is ook in die brand beskadig. Volgens Layne het vier brandweerwaens en twee watertenkers op die brand gereageer. Niemand is in die brand beseer nie.

Layne het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar Harris het aangevoer “dit is duidelik” dat die trein met opset aan die brand gesteek is. “ʼn Middel is gebruik om seker te maak dat die brand vinnig sal versprei,” het Harris gesê.

“Dit is die vyfde keer in die afgelope paar maande dat ʼn Prasa-trein aan die brand gesteek word terwyl dit ʼn stasie binnekom. Elke keer word dieselfde modus operandi gebruik,” het hy gesê.

“Meer as ʼn miljoen werkers in die Wes-Kaap is maandeliks afhanklik van treine om werk toe en terug [huis toe] te reis. Die oorbevolking op die treine in die provinsie weens ʼn tekort aan treinwaens is klaar só erg dat polisiebeamptes nie eens bereid is om in spitstyd op die berugte Sentrale-lyn te werk nie aangesien hulle nie veilig sal wees indien hulle hul dienspistole by hulle dra nie.”

Harris het gesê dit is noodsaaklik dat Bheki Cele, minister van polisie, ʼn taakspan met die nodige kennis aanstel om die voortgesette brandstigting op Metrorail-treine te ondersoek. “Indien die SAPD nie dringend stappe doen om Prasa se treine, wat met belastingbetalers se geld gefinansier word, te beskerm nie, sal daar nie genoeg treinwaens in die Wes-Kaap oor wees om enige diens aan pendelaars in Kaapstad te lewer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre vd Merwe ·

En more staan selfde branfstigters en wag Vir dieselfde trein wat Hy self afgebrand het…

volla ·

So gepraat van treine. Is die nuwe treine wat van Spanje bestel was (en wat aangepas moes word omdat dit te hoog was vir plaaslike gebruik) al in bedryf geneem?

Francois le Cochon ·

Prasa behoort eintlik self al hul treinwaens in Kaapstad aan die band te steek, want al hul treinwaens is in ‘n haglike toestand.

Lynette Schultz ·

Maroela, regtig? “… talle treinwaens VAT VLAM…”

KP ·

ANC kaders wat Wes Kaap onregeerbaar wil maak. Sabotasie op sy ergste

Iché ·

Lynette en kie, daar is absoluut niks fout met Maroela Media se opskrif nie. Dalk moet jul die hele berig lees voor jul kommentaar lewer.

Cjan ·

Johanna die trokke staan nog net so, wag om brand gesteek te word.

Spike ·

Hulle moet nou sommer alles uitbrand, dan kan hulle loop. Baie gesond

Julie Jansen Van Rensburg ·

Jare gelede het die sogenaamde “passasiers” die pragtige ou Pretoria stasie mos aan die brand gesteek toe sinjaalprobleme veroorsaak het dat die trein laat was. Tipies – in “FLATWHEEL” se “Nuwe S.A.” is dit mos die norm wanneer hierdie faksies nie hulle sin kry nie – brand, breek, bevark, bedonder, bevuil, beduiwel…. met ander woorde, om ‘n ding te laat werk word al die bogenoemde stappe gevolg…… o – jammer – ek het vergeet, die skuld vir al hierdie gemors word mos aan die drumpel van die gehate wittes sedert Jan van Riebeeck se aankoms gelê…

Msp ·

Ek gee soos in niks meer vir Suid Afrika se meerderheidsgroepe nie. Hulls siele sal nie tot rus kom voor Suid Afrika nie 100% vernietig is nie. Laat die minderheidsgroepe mekaar bystaan en saam teen hierdie apartheid en rassahaat groepe staan. Hulle sal “dalk” eendag wakker skrik as hulle sien daar is niks oor nie. Laat ons na onsself omsien en hulle ten alle koste vermy…

Nel ·

Niks fout met MM se vertaling nie. Die berig lui dat ‘n ‘middel’ gebruik is wat veroorsaak het dat die waens vlam gevat het.

Jesaja 54:16 ·

Môre staan en wag hulle vir die trein, wat hulle vandag uitgebrand het.

KG ·

Gaan baie interessant wees om te sien hoe hierdie ons more gaan beinvloed, siende dat die treine alreeds so oorvol en onbetroubaar is….ai tog!!

Jannie ·

Hulle moet liewer selfmoord-gordels dra wat die brandstof bevat!!!

vissie ·

Wonder of taxi vereeniging dalk hier betrokke is,hulle is al wie gaan geld maak uit die spul.

Ore ·

My oplossing: Moet nie die waens vervang nie.Dan kan hulle loop. Geen respek vir niks en niemand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.