Video: Tatjana met ope arms by lughawe terugverwelkom

Tatjana Schoenmaker by die OR Tambo- internasionale lughawe (2 Augustus 2021) (Foto: @brumilda21/Twitter)

Tatjana Schoenmaker, wat ʼn goue medalje in die 200 m-borsslag by die Olimpiese Spele verwerf het en ʼn jare lange wêreldrekord in dié item verpletter het, is Maandag met ope arms by die OR Tambo- internasionale lughawe terug verwelkom.

Buiten ʼn groep ondersteuners het sportminister Nathi Mthethwa en Lwandile Simelane, adjunkpresident van Saskok, haar met blomme en ballonne ingewag.

Schoenmaker spog ook met ʼn silwer medalje nadat sy verlede week tweede geëindig het in die 100 m-borsslag.

Schoenmaker (24) het Maandag in ʼn onderhoud met eNCA gesê die oorwinning het “nog nie ingesink nie”. “Baie dankie vir almal se ondersteuning. Ek het net my bes probeer,” het die swemmer gesê. “Ek hoop dat my prestasie vir iemand hoop sal gee. Ons land het deur ʼn moeilike tyd gegaan en ek hoop dat ek net bietjie hoop kon gee. Ons weet dat sport mense kan verenig, maar ons moet nie net op atlete staat maak om ons te verenig nie. Ons moet as ʼn land ʼn besluit maak om saam te kom en te verenig. Hopelik kon ek dit net ʼn klein hupstoot gee.”

Schoenmaker sê sy wil deur haar swemmery God se liefde aan mense wys. “Ek hoop dat wanneer mense my sien swem, dat hulle Sy teenwoordigheid en liefde sal ervaar. As ek dít kon doen, dan het ek alles bereik wat ek wou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niklaas ·

…en ou Nathi het nou wakker geskrik en besluit om ook daar rond te wees. Gratis media dekking , sien , en daars binnekort verkiesing , onthou net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.