[Video] Taxidrywer vas ná hy 32 in taxi laat ry

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Taxibestuurder is in hegtenis geneem en sy voertuig kwyt ná hy 32 mense, van wie 14 gestaan het, in ʼn gewone taxi vervoer het.

Die taxi mag net 14 passasiers vervoer. JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê die taxibestuurder is op 15 Junie by die aansluiting van Chestnutweg en Ericarylaan in Belhar voorgekeer.

“Wat nog erger was, is dat hy nie ‘n lisensie het nie. Dit is ʼn skokkende voorval. Ons verstaan daar is geweldige druk op ons openbare vervoerstelsel maar daar is geen verskoning vir hierdie gedrag nie,” het Smith gesê.

Nog ʼn taxibestuurder is dieselfde oggend in Adderleystraat voorgekeer toe hy oor ʼn oorgang gejaag het. “Beamptes het die voertuig agternagesit en vasgestel die bestuurder was onder die invloed van alkohol,” het Smith gesê.

Op 14 Junie is ʼn taxibestuurder vasgetrek nadat hy oor die middelman op die N2 gejaag het. “Toe beamptes die voertuig se besonderhede nagaan, het hulle besef die taxi is vroeër vanjaar in ʼn gewapende rooftog gebruik.” Die bestuurder is in hegtenis geneem.

In Mitchells Plain is twee verdagtes in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur terwyl beamptes ook 14 voertuie geskut en 516 boetes uitgereik het.

“In ʼn ander deel van die stad is vier verdagtes in hegtenis geneem vir bedrog ná dit aan die lig gekom het dat hulle vervalste nommerplate, identiteitsnommers en lisensies gebruik het. Nog 24 motoriste is ook in hegtenis geneem in Muizenberg, Kuilsrivier en op Jakes Gerwelrylaan vir dronkbestuur,” het Smith gesê.

Kyk hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ig ·

Sy Baas gaan vra hoekom luister hy nie want daar moes 40 in gewees het

Scalla ·

Hy het n hart soos n taxi, daar is altyd plek vir nog een.

Mike ·

baie doeltreffend wens net verkeers manne is oral veral by Good Hope na 5 in aand ……..

Johann Marx ·

Dis nou alles goed en wel om die taxi bestuurder vas te vat en oor die kole te haal, MAAR…….sal jy in ‘n taxi klim wat gebou is vir 14 passasiers….en jy is nommer 32? Watter positiewe uitkoms verwag jy hier? As jy passasier no15 is….behoort jy te weier om in te klim, die deur toemaak, en die taxi bestuurder aanjaag om te ry sodat die volgende taxi kan intrek, en oplaai…

Thea ·

Soveel lewens id hande van x1 taxi bestuurder SONDER n lisensie!!!!! En daai mense is afhanklik van publieke vervoer! Goed om te sien die verkeerdbeamptes het hierdie geval so goed hanteer!! Well done ouens!

Madsi ·

Die een vraag is hoe klim jy in ‘n taxi in wat so vol is. Ja hulle sukkel soms met vervoer maar hemel tog, jou lewe is seker meer as dit werd. Kan dit net nie verstaan nie.

Magda ·

Ek weet dat daar goeie Taxi bestuurders is wat die reels en regulasies nakom net soos n gewone motor bestuurders wat ook maar woes ry – maar regtig – is GELD so belangrik dat mense se lewens NIKS meer beteken nie – waar is ons oppad heen – Baie Scary regtig.

Ouma ·

Ek is dankbaar ék hoef nie elke dag met ‘n Taxi te ry nie. Die arme passasiers weet nie of hul lewend by die huis kom nie. Goeie Taxi bestuurders is daar, maar bitter skaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.