Video: Taxi’s ontwrig Nelspruit-verkeer; Innibos skop af

Die foto is deur @MPHiphopMixtape op Twitter gelaai.

Die foto is deur @MPHiphopMixtape op Twitter gelaai.

‘n Video volg onderaan die berig.

Verkeer in Nelspruit in Mpumalanga is Woensdagoggend vir ‘n tweede keer die week erg ontwrig weens taxibestuurders wat paaie in en om die dorp versper het.

Volgens die polisie het taxi’s van die TopStar-taxivereniging paaie van Witrivier en Kanyamazane na Nelspruit blokkeer. Daar was ook berigte van geweerskote in die area rondom Riverside Mall. Dit kon egter nog nie bevestig word nie.

Die polisie het met rubberkoeëls op die betogers losgebrand. Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het insleepvoertuie gebruik om die taxi’s te verwyder waarna die paaie weer oopgestel is.

Hlathi kon nie sê waarom die taxibestuurder gestaak het nie maar sê Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit, sal met die betrokke partye vergader.

Jane Sithole, die DA se hoofsweep in die provinsiale wetgewer, sê intussen die taxibestuurders het die paaie blokkeer ten einde die regering se aandag te kry. “Terwyl die taxi-bestuurders ‘n reg het om te staak soos verskans in die grondwet, moet hulle dit doen op ‘n wyse wat nie die lewens van gewone burgers in gevaar stel nie,” het Sithole gesê.

Taxibestuurders van die G8-taxivereniging het Maandag verkeer in die dorp erg ontwrig nadat hulle ‘n betoging gehou het en hul eie taxistaanplek geëis het.

Intussen stroom mense na Nelspruit vir die jaarlikse Innibos-kunstefees wat vandag daar afskop. Die fees is van 2 tot 5 Julie.

Die video is deur BossiesJustice op YouTube gelaai:

http://youtu.be/PBm2dGSwwks

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.