[Video] Tienermeisie durf ‘plaasaanvallers’ met haelgeweer aan

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Beeldmateriaal van veiligheidskameras wys hoe ʼn gesin van Limpopo Sondagaand amper die slagoffers van ʼn plaasaanval was.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die 17-jarige Su-Márie Lombard enkele meter van die gewapende mans verbystap sonder dat sy dit weet. Oomblikke later is een van die vermeende aanvallers met ʼn vuurwapen in sy hand agter haar aan.

Desire Lombard het aan Maroela Media gesê sy en haar gesin woon op ʼn plaas 10 km buite Tzaneen. Sy het die Sondagaand omstreeks 19:50 in die bed geklim. Haar man was uit om te gaan jag op die plaas. “Su-Márie het die hond buite hoor blaf en het die haelgeweer saamgeneem om ondersoek in te stel,” het sy gesê. “Ons albei weet ons mag glad nie uit die huis uit gaan as my man nie daar is nie, maar ek het nie geweet sy gaan uit nie.”

Op die video kan gesien word hoe die vermeende aanvallers by die stoep-area van die huis insluip en in die waskamer skuil. Die gesin se hond, ʼn sewe maande oue Amerikaanse veghond, kom later in en gewaar die mans in die waskamer. Hy staan ʼn ruk lank voor die deur en blaf, maar is oënskynlik te bang om hulle te storm.

Minute later kom Su-Márie om die hoek gestap met ʼn haelgeweer in haar hande. Sy loer versigtig in die toegeboude stoep rond, maar kan nie die mans sien wat agter die waskamer se deur skuil nie. Sy stap weer saam met die hond uit terug na die huis voordat een van die vermeende rowers agter haar aangehardloop kom.

“Su-Márie het in die huis ingehardloop en die veiligheidshek gesluit,” het Desire gesê. “Sy het my kom wakker maak en ek het die haelgeweer gegryp.” Desire het waarskuwingskote by die veiligheidshek uitgevuur terwyl Su-Márie haar pa gebel het om terug te kom huis toe. Een van die vermeende aanvallers het na die veiligheidshek gehardloop en dit probeer oopruk, voordat hy op die vlug geslaan het.

“Ek weet nie of hy gehoor het hoe my man aangery kom of wat nie, maar hulle het almal net skielik weggehardloop. Ons het ʼn saak van poging tot huisroof by die polisie aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens Desire is hulle baie dankbaar dat Su-Márie niks oorgekom het nie, maar voel hulle ook bly dat hulle in só ’n situasie kon kophou. “Ons weet nou beter hoe ons so iets in die toekoms sal hanteer,” het sy gesê. “Ons het nog veiligheidskameras aangebring en kyk na ander opsies om ons eiendom meer te beveilig. Ons gesin was egter nog altyd baie paraat en baie bewus van ons veiligheid.”

Marius Jacobs van Watchdog Tzaneen het die beeldmateriaal van die voorval aan Maroela Media verskaf. Maroela Media het die spoed van die beeldmateriaal op sommige dele versnel vir die doeleindes van publikasie.

[wpvideo xxvtOEix]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Pierre Celliers ·

Hier gaan niks van kom nie! Polisie stel net nie belang nie.

Ben ·

Daardie meisie het meer durf en daad as sommige mans! Mooi gedaan meisie. Kry asb ook meer honde, maar hulle moet rof en onbeskof wees.

Johan 2 ·

Ben een opgeleide hond wat kan waarsku is genoeg (as jy hul net groot kan kry!). Tussen my, my broer en my Pa is daar net in die afgelope 3 jaar al 5honde vergiftig. Net die opgeleides oorleef. (Die ander was nog baie jong honde)

Lammie ·

Gaan haal verwaarloosde honde by die SPCA en versorg hulle en hulle kan binne dae ‘n aanwins op die plaas wees. Ek glo aan klein tipe honde soos Pinchers, ens. Hulle is baie wakker en kan in die huis aangehou word.

Vicky ·

Sumie,, Hierdie tannie is trots op jou dat jy so paraat was om kop te hou. Genade tog net bly julle is ok. Volgende keer trek sommer los met pappa se haelgeweer. Maak mens bang om te dink dit kan veilig wees op jou grond maar tog sal die wetters nogsteeds in ons spasie inbeweeg. JY IS N HERO sumie!!!

Tleroux ·

Die plan was seker om haar pa te oorval na sy jagtog. Die feit dat sy uitgegaan het, het hul plan deurmekaar gemaak en hul het nie geweet of sy hul gesien het of nie

maggie ·

Su-Marie, dis jammer dat jy meeste van die snert hier moet lees. Ek is trots op jou, en weet jy sal net nog meer paraat wees na hierdie insident. Good job my kind

Karl Van der Merwe ·

Ek wil net iets vir almal wat hier lees bekend maak oor ons wet. Sou Su -Mari geskiet het sou haar pa in moeilikheid gewees het maar, sou dit Su -mari se geweer was dan kon sy skiet sonder dat daar iets met haar sou gebeur het want die makkers het gewere by hulle so haar gelewe was in gevaar. Dit is al verder se ons wet mag jy skiet as jou eie lewe in gevaar is so Su-mari kry vir jou n geweer lisensie ne n lekker geweer om te skiet me. Oefen julleself in so situasie in. Dagdroom so situasie as te ware en besluit en oefen wat jy sal doen.

Francois ·

Ohhh, so sy mag na ‘n waskamer deur skiet, of iemand daaragter sonder dat sy weet wie daar is? Dit kon haar pa gewees het…maar Oscar mag nie….Verklaar DIT vir my?

Cornette ·

Word wakker Francois. Sy is 16!!! En die helsims is gewapen!!! Waar die hel val jy nou met Oscar uit????

Johan 2 ·

Ja regtig Francois. Kom by man. Sy het haarself verdedig nie vererg nie….en wie was toe agter die deur, sy het dit reg beoordeel, reg opgetree en waarskynlik hul lewe gered.

CHRISTA ·

Hulle hond sou in elk geval nie so agressief vir sy eie baas geblaf het nie!!

Francois ·

As jy die video mooi kyk het die hond nie eens gesien hulle sluip daai waskamer in nie. Hyt eers “wakker” geskrik toe hule iets stamp. Dis ‘n jong hond wat nog nie mooi opgelei is nie..DIT maak ‘n groot verskil.

Brian ·

Francois, jy is te negatief, moet nie so krities wees nie, waardeer die uitkoms en wees bly hulle is nie nog n plaasmoord statistiek nie

Francois ·

Brian. Dit juis dit! Deurdat ons NIE krities is nie, dat die land in sy hel in is…Staan bietjie op vir dit wat jy in glo!

Su-Márie Lombard ·

Ons land is in sy hel in want AL wat ons is, is krities . Dis waar die probleem lê. Hoeveel mense staan inderdaad op en doen iets?

Anna-Marie ·

Su-Mari, vir ‘n agtienjarige dogter haal ek my hoed af. Uit jou kommentaar is dit duidelik dat jy ‘n baie intelligente dogter is.
Dit is waar wat jy sê. Suid-Afrika raak toenemend al hoe meer ‘n land waar misdaad hoogty vier. Jy is uitstekend opgelei deur jou ouers. Net mense wat nie op plase grootword praat lukraak oor die uiters gevaarlike toestande waaronder julle daagliks lewe . Dit is mense wat regtig waar nie ‘n benul het waarvan hulle praat as hulle jou vergelyk met Oscar se saak nie. Dit hou GEEN verband met mekaar nie.
Word wakker mede-Afrikaners en staan eerder op teen misdaad as om te kerm en te kla en verwyte rond te slinger. Begin eerder om aktief vir die land te bid. En veral vir ons boere en hulle gesinne.

CR ·

Well done!! Jy is ‘n voorbeeld vir baie. Moet jou nie steur aan negatiewe kommentaar nie , as jy ‘n IK van ‘n stukkie parkie gras het sal jy sulke negatiewe goed kwytraak. Ek voel net jammer vir jou man eendag – hy gaan hare op sy tande moet he en sy broek met ‘n luislang moet vasmaak om by te hou by jou :-)

Jeanika ·

Francois. ASB. Wanneer daar sulke belediging moet gebruik word soos ‘n 3-some met Oscar hulle. Regtig??? Voel jy so graag om Johan sleg te se dat dit nou die beste is wat daar kon gese word.
EN
Weereens word ‘n ernstige saak, van ‘n meisie (watter ouderdom okal)/ vrou/ mens met hoeveel okal honde, wat die geweer hoe reg of verkeerd hou, WAT AMPER AANGEVAL WAS omgedraai in iets heeltemal anders en ‘n geleentheid vir mense om iemand anders te “one up” met snarky kommentaar.
Basies het julle (if the shoe fits) nou gemaak dat ‘n debat oor Oscar en ‘n getwis oor simpel goed bekangriker geag as die meisie se lewe.

Kom ek spel dit dan vir die onkundige uit: die beeld materiaal wys in watter gevaarlike toestande ons leef en moet saamstaan..!!!! Nie op sosiale media probeer wys wie het die slimste se goed (oor Oscar??????) nie..

maggie ·

nee, sy is 17 Kan jy nie lees nie!!!! die kind het dan self so gese!!

chris ·

Cornette.
Francois het ‘n punt. Volgens my gaan die Oscar storie probleme vir die gewone man veroorsaak.Oscar was of skuldig aan moord of onskuldig.As jy iemand agter jou deur skiet is jy nou mos skuldig, weens die Oscar saak? As so persoon wil inkom of reeds in jou huis is en jou kamerdeur is toe moet jy nou wag tot hy die deur oopmaak sy vuurwapen wys en dan kan jy skiet?Wat se die uitspraak moet ons doen?

Ek se weer Oscar het sy meisie geskiet of met opset = moord of hy het gedink dit is ‘n inbraak.Eersgnoemde moet hy volgens my hang en tweede moet hy totaal vrygespreek wees.
Sou hierdie meisie een deur die toe deur doodskiet wat is die verskil ?

Nienie ·

Elke dag sit julle hier en kerm van hoe ons vir onsself moet opstaan. Nou Doen n 17jarige dit en nou is dit ook nie goed nie goed nie. Geen wonder daar is nie hoop vir ons Afrikanernasie nie. Al wat hulle goed kan doen is kan doen is om te neul en kritiseer.

Su-Márie Lombard ·

Gewoonlik sou ek laat sulke swak kommentaar maar verby vlieg maar jy is besig om te debatteer teen mense wat weet waarvan hulle praat. Ek voel bitter jammer vir jou Francois. Ek doen regtig. Laat jy die vermetelheid het om Pretorius se saak te vergelyk met hierdie situasie ?
Ek hoop jy het nie ‘n gesin nie, want as jy het, vrees ek wat jy sal doen in die geval?
Word geskiet en die mense kom binne jou huis?
Ek het ‘n jonger boetie en twee jonger sussies. Ek sal met als in my vir hulle lewens veg. Moenie my braaf noem nie. Dit is veronderstel om instink vir enige iemand te wees. Ons noem onsself Afrikaners? Ha. Meerderheid van ons se eerste instink is om onsself te beskerm. Die Boere?? Pfft. Ons is nou ‘n grap van ‘n nasie.
Jy kan verwys na die feit dat ek uit gegaan het sonder om op die CCTV te kyk- wat ‘n groot fout was. Moet nie van jouself ‘n dwaas maak en ‘n opinie te lig deur te gaan verwys na iets irrelevant nie asseblief.

desire ·

Liewe Sumi het nie geskiet nie, want liewe Sumi het gedink dis n slang in die waskamer, en sy kon niks sien OM TE SKIET nie. Liewe Sumi is geleer om raak te skiet, en nie in die wind te skiet nie. Besef jy liewe apie, as liewe Sumi geskiet het, en syt een gewond, was sy en almal dood? Nee jy besef nie, want jy is net hier om mense op te werk en teen mekaar op te maak. Jy is n baie negatiewe persoon, kry jou familie jammer.

poplap ·

Francois
Selfs ‘n 16 jarige meisie is nie bereid om sondermeer na ‘n deur te skiet nie.
Dit is hoe ‘n redelike mens optree, onder omstandighede wat in ieder geval hemelsbreed van Pistoors s’n verskil.

Carol Roos ·

See, the difference is, she didnt shoot! Now take your negativity to another forum ,where it might be appreciated.

Oom Koos ·

Ai ai… mense moet nie buite toe gaan as hulle onraad vermoed nie. Reël eerder ‘n verwelkomingskomitee binne die huis vir die boosdoeners.
Die meisie kan haarself gelukkig agdat sy die voorval oorleef het. Hoop sy het ‘n les of twee geleer.

Elize Louw ·

Francois, daar is ongelukkig nie pille wat jy kan gebruik vir jou kommentaar nie. Ek verpes die word boosdoeners, dis moordenaars, verkragters en niks anders nie

JohannC ·

en “poging to huisroof” is net so verregaande, dis baie meer as dit…

Martin ·

Ek is jammer, maar ek dink nie dit is baie dapper nie. Eerder baie ,baie onverskillig.

bernelle ·

Ek dink dis dapper en verantwoordelik. Daar is niks “onverantwoordelik” om jouself te verdedig deur hierdie barbare nie. Mense is hopeloos te bang vir die gebruik van wapens om hul eie lewe te beskerm. En enige ander mens wat al so aangeval was of gedreig was of erger hiervan afgekom het sal saamstem dat sy die regte ding gedoen het om haarself te bewapen. Want die wat erger van dit afgekom het, sou wou terug gaan en dit kon gedoen het. Die regering het dit klaar lekker met die feit dat boere so uitgemoor en aangeval word en ‘n afrikaner nasie wegkwyn, en hulle like dit nog beter as ons niks daaraan doen nie.

Kees ·

Martin maklik vir jou om te praat !!! Sou graag wou sien wat jy sou gedoen het in so n situasie ??

Annie ·

Ja ne? Dat n jong meisie van 14 jaar meer durf aan die dag le as n groot man soos jy…jou woorde wys duidelik jy het geen murg in jou bene nie…ek kan een ding se…as vrou alleen met n jong kind sal ek presies dieselfde doen…ek sal alles doen om my meisiekind te beskerm!

Dis hierdie houding van mense soos julle wat mens skoon naar maak

Jacobus ·

Annie ek ken jou nie en jy ken ook nie vir Martin nie en dit gaan nie oor hoeveel murg jy in jou bene het nie.

Ek verstaan wat Martin probeer se sy moenie haar self bloot stel in so situasie nie sy moet eerder vir hulle wag en nie anders om nie.

As sy in daardie kamer in gestap het sou dinge baie anders uitgedraai het,

As jy al in so situasie was sal jy presies vertaan.

Dit gaan oor “element of surprise” dit is hoekom hulle meeste van die tyd weg kan loop van so situasie want hulle het jou omkant gevang.

Ek was 2 jaar terug in so situasie wat hulle in my erf in gekom het en my hond het hulle gehoor gelukig was my stief kinders daardie aand by hulle pa so ek hoef nie oor hulle te worrie nie.

Ek het toe my vrou wakker gemaak en vir haar gese gaan kruip weg. Ek het ons kamer deur gesluit en my wapen gevat en toe gewag vir hulle. Toe ek hoor hulle is in die huis toe skree ek vir hulle ek het n wapen en hulle better “F off” of ek skiet.

Ek weet toe nie of hulle gewapen is nie so ek kan nie net skiet nie en na n half uur toe laat ek my hond uit die kamer uit gaan en toe ek niks hoor nie toe gaan ek uit en gaan kyk in die huis of hulle weg is.

Hulle het toe my beton muur gebreek en onder deur my Electric fence gegaan en my voordeur met n crow bar oop gebreuk.

So ek voel ek het die regte ding gedoen en dit het net gemaak dat ek my security net verbeter ek het n moerse veiligheids het in die gang op gesit en vir my hond n lekker 1kg T bone steak gaar gemaak.

So as ek in haar situasie was sou ek vir hom gewag het en hom net in kennis stel dat ek bewis is hy is daar as jy nie wil skree nie skiet n waarskuwing skoot.

chris ·

Nou waar is al die mense nou wat se dat wapens nie deur die gewone man besit mag word nie?Hulle sal doodstil wees todat daar weer ‘n enkele voorval is om dit te regverdig.

Martin ·

Volgens my is sy nie baie dapper nie, eerder baie, baie onverskillig.

Mario Butoi ·

You try confront armed blacks at night without knowing were they are and see how “dapper” you are. They are naturally camouflaged and with an average IQ of only 75, they can not give much thought regarding the consequences of their actions! Because of my work, I have been in similar situations a few times and the adrenaline rush is HUGE. Much much more than I get while practicing my hobby (parachutting, paramotoring). Just by going out to investigate, that young girl showed more guts than the 2 of us put together!

Mario Butoi ·

You try confront armed blacks at night without knowing were they are and see how “dapper” you are. They are naturally camouflaged and with an average IQ of only 75, they can not give much thought regarding the consequences of their actions! Because of my work, I have been in similar situations a few times and the adrenaline rush is HUGE. Much much more than I get while practicing my hobby (parachutting, paramotoring). Just by going out to investigate, that young girl showed more guts than the 2 of us put together!

Handre Coetzee ·

“Never judge the shoes you have never walked in” François. Ek is nie hier om te baklei nie . Niemand verdien dit om so bang te wees dat jy n vuurwapen te moet vat om jouself nie net nog n statestiek te raak nie.

Die weerlose mense word geteiken ,is dit regverdig? Nee dit is nie soos Dawie Roodt gese het ons moet dit nie toelaat dat ons vryheid van ons weggevat word nie !!!!!

Marlene ·

Francois ek hou van die manier wat jy dink!
Cornette jy hoef nie op jou perdjie te spring nie. Sy’t niemand gesien nie – nog minder dat hul gewapen was nie.
Sumari Lombard jy is inderdaad “brave” jou ouers kan baie trots op jou wees. Moet asb eerder nie weer uitgaan nie dit is bitterlik gevaarlik. Hou die kameras op CCTV dop.

Paul ·

Buiten indien daardie haelgeweer met ‘n baie ligte lading van donshael gelaai, is sal dit glad nie beheer kan word indien sy van die heup af probeer skiet het soos sy dit daar vashou nie.

Druk die geweer teen jou skouer vas. Sodoende het jy beheer en kan jy behoorlik korrel. Sal nie glo hoe maklik dit is om mis te skiet selfs op ‘n kort afstand nie.

Dis nie soos die flieks waar Arnold Schwarzenegger sommer so maklik skote van die heup aftrek en elkeen is raak nie…

Deon ·

Asseblief Paul, jy lees te veel tydskrifte… haelgeweer skiet heerlik uit die heup….

Martin ·

Hierdie klomp by Maroela weet ook nie wat hulle wil hê nie. My kommentaar was twee keer – Volgens my was sy nie dapper nie , eerder onverskillig. En , het sy ‘n lisensie om daai geweer te hanteer. Miskien hou Maroela nie altyd van ons kommentaar nie, maar dan moet julle nie net plaas wat julle wil ,en dan die feite toesmeer as ons vrae ,vra wat dalk moielike antwoorde het nie. Kom ons kyk of julle nou die kommentaar kan plaas. Neem in aanmerking julee het die platform geskep sodat ons debad kan voer.

johan ·

Martin, ek is seker jy was nog nooit in so posisie nie,seker ook maar goed so….

Liefdeskind ·

Martin ons het het altyd liberale kommentaar soos joune nodig….
Het sy ‘n vuurwapenlisensie? Volgens jou moes die vuurwapen seker ook in die kluis gewees het.

Ek dink dit is wonderlik om te sien daar is mense wat paraat is.

Ek sal eerder die dame saam met my op die vegveld wil he as jy Meneer.

willie olivier ·

Sy het meer guts in haar an dan ons hele polisie mag!

humor ·

Dit kon op n tragedie geeindig het. Dapper maar nie wys nie. Paraatheid eindig nie met kamaras en alarmstelsel en honde ens. nie. Jou optrede is n baie belangr ike faktor. Daaroor moet die gesin dikwels praat. Hoe gaan gehandel word onder verskillende gevalle. Ek reken hierdie video kan met vrug gebruik word tydens paraatheidslesings. Wat om nie te doen nie.

Winston ·

Mooi so meisiekind. Jy moet net amper daagliks oefen om daai geweer te hanteer.
Laat n kenner die regte ammo aan jou verduidelik. Glo jou pa kan ook. Saag die loop korter vir groter kolskiet op kort afstand.Wees versigter. Hulle is geslepe moordenaars.
Moenie huiwer om te skiet nie.

Leandre ·

Ek is seker sy was geleer hoe om met n geweer te werk te gaan.

sarie ·

Kan iem my n link gee om die video te kyk.
om een of ander rede is my videos pikswart.net klank kom deur.
dankie

Peet Schabort ·

Sarie, dit kan dalk wees dat die nag en hulle beide pikswart was en jy hul dus nie sou sien. Dis hoekom hulle ook in die nag aanval.
“Dit is donker donker middernag . . . . . . .”
Niks het verander.

Su-Márie Lombard ·

Dames en here, hierdie kommentaar wat gelewer word is ‘n duidelike aanduiding dat ons Afrikaners NOOIT Suid-Afrika ‘n beter en veiliger plek gaan maak nie. Al wat ons doen is die sleg uit wys en kerm! Waar is die boerebloed wat so diep in ons loop?
Ek is baie teleurgesteld.
Hierdie artikel is nie veronderstel om my op te hemel of ‘n debat te begin oor wat ek moes doen en nie moes doen nie. Hierdie moet ons bewus maak van die gevaar. Wanneer gaan ons ophou onder mekaar rusie maak en begin saam staan.

Brian ·

Ignoreer hulle!! Mense soos jy sal nog hulle lewens red!! Die klomp sal dalk te bang wees om weer terug te kom, so “great”

Ampie ·

Su-Marie, dis duidelik die Boerebloed loop diep in jou are. Jy is heeltemal reg. Dankie vir die bewusmaking. Ons is almal teikens, in ons huise, op die paaie, selfs in die winkelsentrums en skole.

Su-Márie Lombard ·

Oh en aan Maroela Media.
Ek is 17, en byna 18.
Nie naby aan 16 nie

Peet Schabort ·

Maklik om te kritiseer veral as jy voor die rekenaar sit en dan soos ‘n regter al die moetes en moenies mooi fyn kan deursif. Ek stem saam met jou Su-Márie dat ons moet leer uit hierdie gebeurtenis maar daarom sal daar ook kritiek wees. Ek dink dat die wyse wat dit oorgedra word nie op ‘n opbouende manier gedoen word en dis daar waar die probleem lê.
Met verwysing na die boek “Dapper kinders van Suid-Afrika” van D.J.Kotzé sal ons sien dat hulle eie veiligheid nie voorop was. Dit is hier waar die jeugdigheid ‘oorneem’ en van julle (jy ingesluit) helde maak sonder om aan julle eie veiligheid te dink.
‘n Mens sal met ‘n handjievol van jou soort kan oorlog voer. Wonder hoeveel mans sou agter jou rokspante weggekruip het ? Jou naam kon netsowel “Samurai” gewees het !!!!
Mooi so meisiekind maar wees versigtig, ons het jou soort dringend nodig . . . . .
Hopelik sal Maroela Media ook in die berig jou ouderdom en naam se spelling regstel.

Marike Meyer ·

Welgedaan Sumari!! Ek wens net jy kon hul sien sit daar agter die deur dat jy hulle in vlenters kon skiet! Maar jy verdien beslis n trofee vir braafheid!!

maggie ·

as jy oud genoeg was het ek gese gee daai kind ‘n bells, maar sal maar volstaan by daai bek kort jem. Good for you!!!

Dane ·

As ‘n 18 jarige meisie ondersteun ek Sumari se braafheid 100% . As ‘n jong meisie in Suid-Afrika is dit moeilik om veilig the voel. So eder jou eie redder as wat jy ‘n victim is. Ek is dood seker hulle intensies met twee vroue aleen was nie goed nie, so Sumari you go girl. Tyd van op jou hande sit en moan or die land is lankal verby.

Henk ·

Jammer jyt nie n tonnel deur hom voor die veiligheidshek geskiet toe hy daar ruk nie, hy het n geweer in sy hand. Enige hif sal redelikheid in daardie opsig aanvaar het. Then again, dit IS Afrika…..so miskien was jy dan nou in die moeilikheid deur sonder lisensie te skiet. Bly julle het niks oorgekom nie. Sit vir julle beams op sodat hulle afgaan as iemand sluip in die jaart, en sterkte.

Juan Pietersen ·

Nee wat, hierdie kommentaar wat gelewer is, is n goeie testament dat ons ou boere volkie wat in die minderheid is in sy kannon is. Hoekom moet mense mekaar die hele tyd aanval? Die belangrikste is dat die gesien veilig is.

As jy wil skiet moet jy weet wat jou teiken is en ook wat agter jou teiken is, anders is jy nie bevoeg om n vuurwapen te hanteer nie, wel gedaan aan die Jong Dame, jy het in my opinoe reg op getree.

poplap ·

Francois
Duidelik dat pille nie vir jou toestand gaan help nie.

Suzaan Bronkhorst ·

Ek kan maar net giggel vir die kommentaar wat deur almal geplaas is. En as ek sê giggel, is dit omdat ek sommer paniekerig raak! Su-Márie jy is my hero! Ek wil asseblief kom vir klasse om so koelkop te bly! Ons bly ook op n plaas, my man melk en my grootste vrees is n plaasaanval! En hul hou mens so dop omdat hul presies weet wanneer om mens onkant te betrap. Maar min het hul geweet dat jou pa jou geleer het om n geweer te gebruik!! Ek is bly jy en jou ma is veilig!

JC Nel ·

Stem, dis soos hulle sê, ” wees eerder ń thermostat as ń thermometer” dus doen iets konstruktiefs, moet nie net ” meet” nie!

Anna-Marie ·

Su-Mari, vir ‘n agtienjarige dogter haal ek my hoed af. Uit jou kommentaar is dit duidelik dat jy ‘n baie intelligente dogter is.
Dit is waar wat jy sê. Suid-Afrika raak toenemend al hoe meer ‘n land waar misdaad hoogty vier. Jy is uitstekend opgelei deur jou ouers. Net mense wat nie op plase grootword praat lukraak oor die uiters gevaarlike toestande waaronder julle daagliks lewe . Dit is mense wat regtig waar nie ‘n benul het waarvan hulle praat as hulle jou vergelyk met Oscar se saak nie. Dit hou GEEN verband met mekaar nie.
Word wakker mede-Afrikaners en staan eerder op teen misdaad as om te kerm en te kla en verwyte rond te slinger. Begin eerder om aktief vir die land te bid. En veral vir ons boere en hulle gesinne.

kloekie ·

Genoeg probleme. Wat van oplossings? Gepraat van verwelkomingspartytjie-ek dink ons moet begin lokvalle stel op plase….

Poppie ·

Dis reg .Stel lokvalle. Dit is n gesonde wettlike manier dink ek. Hou maar die jakalse van die plaas af.

henry ·

dapper pitbully kan sien hys nog n baba…. gee kans oor twee jaar dan praat ons weer.. sou se kry nog een

Adriaan Vorster ·

Heirdie is maar net ‘n simptoom van ‘n grooter probleem mense. Die probleem waarvan ek praat is ongelykheid. Reg oor die wereld is die ryk besig om ryker te word en die arm besig om armer te word.

Ek weet ook nie of dit die beste idee is om ‘n vuurwapen aan te hou nie. Vir self verdediging is dit seker regverdigbaar maar is ‘n wapen van sulke groote regtig nodig ? Dit is belangrik om te onthou dat vuurwapens nie te probleem oplos nie maar dat dit dinge erger maak. Omdat die meerderheid van mense vuurwapens drae het boewe gesien dat hulle ‘n nuwe strategie moet ontwikkel om effektief te kan roof, dus kry hulle ook vuurwapens. Nou moet die mense wat beroof word weer ‘n plan maak om hul self te verdedig. Dit is ‘n verwoestende kringloop. As die mensdom maar net ongelykheid kon uitskakel..

Ben ☺☺☺ ·

Nou gaan en gee jou geld vir hulle en stel die probleem reg !

Seookmanet ·

Adriaan….my liewe hemel, in watter wereld lewe jy mens????

Sumari…PUIK gedaan!!!

Aan alle Blanke Suid Afrikaners…Dis verby, ons het klaar die stryd verloor…….

Jeanika ·

Liewe hemel.. Francois asb moet asb nie jouself verder verneuder en nog enige iets se nie. Die is nie die Oscar trail nie PS.
En wie de hel dink jy is jy om vir Su-Mari so sarkastiese vraag/opmerking te gee. Maak nie saak hoeveel keer sy meer volwasse en intelligent sy optree as jy nie, sy is ‘n kind. Pick on someone your own size. NIE HIER NIE. I put it to you, that you are no longer welcome here.

Rynharxt ·

Su-Marie, ek moet jou oor een ding gelukwens wat jy gese het:”Ons land is in sy hel in!” Ek het vir jare hieoir gewaarsku, maar wittes wil dit nog steeds nie glo nie! Oopgrense het SA in n nagmerrie laat ontaard! Skole en alle ibstellings wat afrikaans is, moet transformeer volgens die vryheidsnsnifes! Dit gaan daaroor dat die blanke geen bestaansreg meer mag he nie! Ons mens mense word vir 21jaar doodgewurg met regstelkende aksie en misdaad! Nog steeds glo die wittes dit nie.Lamsakkige politici gaan nie vir jou opstaan nie.Solank wittes rugby kan jyk, paetytjie hou en braaivleis geniet, is alles reg in die nuwe SA van De Klerk en sy geliefde Abc!

Cornelia ·

Su-Marie Lombard, ek wil Peet Schabort aanhaaal deur te se, hulle moet jou Sumarai
noem! Knap Gedaan ! Francois se kommentaar moet jy maar ignoreer…

Cornelia ·

Su-Marie Lombard, ek wil Peet Schabort aanhaal deur te se, hulle moet jou Sumarai
noem! Knap Gedaan ! Francois se kommentaar moet jy maar ignoreer…

Jackie ·

Francois jy sit die pot mis As is verbrande hout. Die meisie het glad nie geskiet nie. ek bly in die stad. Ons word hier ook in ons huise aangeval. Die rowers is genadeloos en hou mense vir ure aan. Hulle moor en rand mense genadeloos aan. Dit gaan nie oor ryk en arm nie. Daar is ‘n venynigheid en daar is geen genade nie. Hulle hou veral daarvan om bejaardes so aan te val. Kyk maar wat trek rowers aan en of hulle werklik behoeftig is want baie van hulle dra designer klere en duur juwele. hulle motiewe is nie altyd dat hulle arm is nie, want dan kan hulle mos vat wat hulle wil en gaan.

Nico Strydom ·

Dagsê
Maroela Media het die berig geskryf met die inligting soos ons dit ontvang het. Ons het egter nou die nodige wysigings aangebring.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media.

Desire Lombard ·

Nee, jammer maar ek het duidelik vir die persoon se wat my geskakel het sy is 17. En ek het ook gese dat die hond nog n baba is, hys omtrent 7 maande oud. Die beeldmateriaal is ons EIE beeldmateriaal, ons eie kamera’s, ons betaal geen maandelikse fooi nie. Ons het dit aan Watchdog gegee vir ondersoek doeleindes.

chris ·

Mense .
Ek het hierbo erens probeer verduidelik wat die probleem en verband is tussen die geval en Oscar sin is. Los nou die emosie en dink vir ‘n slag.
Iemand kom in my huis in die nag,ek kan hom nie sien nie en weet waar my mense is(Oscar se hy het gedink sy is in die bed ,hy het dalk gelieg ,ek weet nie), glo my nou gerus ek sal die inbreker net daar doodskiet en nie net een skoot nie.Nou my vraag .Wat is die verskil tussen my en Oscar? Dit is die vraag en probleem.Ek sal so optree en die gevolge dra omdat my mense nou nie vermoor ,gemartel of verkrag was nie.Om hierdie rede dink ek dat die Oscar saak problematies vir ons is.
Meisiekind die Oom is regteg baie trots op jou en moet asb nie van ons kommentare as persoonlik of negatief ervaar nie.Jy is ‘n Meisie wat enige skoonpa eendag baie trots gaan maak. Ons moet egter besef dat die wet nie meer daar is om ons te beskerm nie maar eerder die moordenaar. Wat is ons reg.Ek verneem dat vrouens en veral dogters met baie meer kan wegkom as die man in die huis,is dit so? As dit so is hoekom? Dit is dan my plig as man om my mense te beskerm , hoekom moet ek dit nou oorlaat aan die skoner geslag? Ek sal graag van ‘n regskenner wil hoor.

Deur hierdie optrede van haar staaf dit maar net die feit dat die vrouens nie wou oorgee in die Anfglo-Boere oorlog nie al het hulle die swaarste gely.Hulle was eintlik brawer as die mans.Ai meisie jy gee die Oom regtig baie hoop vir my mense.

chris ·

Mense .
Ek het hierbo erens probeer verduidelik wat die probleem en verband is tussen die geval en Oscar sin is. Los nou die emosie en dink vir ‘n slag.
Iemand kom in my huis in die nag,ek kan hom nie sien nie en weet waar my mense is(Oscar se hy het gedink sy is in die bed ,hy het dalk gelieg ,ek weet nie), glo my nou gerus ek sal die inbreker net daar doodskiet en nie net een skoot nie.Nou my vraag .Wat is die verskil tussen my en Oscar? Dit is die vraag en probleem.Ek sal so optree en die gevolge dra omdat my mense nou nie vermoor ,gemartel of verkrag was nie.Om hierdie rede dink ek dat die Oscar saak problematies vir ons is.
Meisiekind die Oom is regteg baie trots op jou en moet asb nie van ons kommentare as persoonlik of negatief ervaar nie.Jy is ‘n Meisie wat enige skoonpa eendag baie trots gaan maak. Ons moet egter besef dat die wet nie meer daar is om ons te beskerm nie maar eerder die moordenaar. Wat is ons reg.Ek verneem dat vrouens en veral dogters met baie meer kan wegkom as die man in die huis,is dit so? As dit so is hoekom? Dit is dan my plig as man om my mense te beskerm , hoekom moet ek dit nou oorlaat aan die skoner geslag? Ek sal graag van ‘n regskenner wil hoor.

Deur hierdie optrede van haar staaf dit maar net die feit dat die vrouens nie wou oorgee in die Anfglo-Boere oorlog nie al het hulle die swaarste gely.Hulle was eintlik brawer as die mans.Ai meisie jy gee die Oom regtig baie hoop vir my mense.
Welgedaan.

maggie ·

hoe verfrissend is dit nie om kommentaar te lees van die persoon waaroor die berig gaan nie. So, laat ek nou alles mooi vir almal opsom. Su_Marie is 17 jaar oud, amper 18, beslis nie 16 nie, en was dapper en het haar gesin heel moontlik van erge dade gered. Kan ons nou almal saamstaan en vir haar se Baie geluk en welll done, ons is trots op jou.

Carol Roos ·

What an extraordinarily brave young woman! Obviously she shouldn’t have gone outside, but in the moment, she did what she thought she had to do. I’m so glad this story didn’t have a tragic ending. Su-Marie, I salute you. Now DON’T EVER DO THAT AGAIN!

Trots Op Jou ·

Liewe heiden, meisie !! Jy is vrek dapper!! Ek is ‘n 21-jarige meisie en ek dink nie ek sal so alleen uitgaan nie. Knap gedaan!! Dankbaar dat die Here julle beskerm het !!!

Quintin ·

Goeie werk girl, als het goed uit gedraai op die ou einde. In die toekoms, as jy ‘n geweer in jou hand het, wees altyd gereed om te skiet, gee nie om wat die situasie is nie, ‘n split sekonde kan die verskil wees tussen lewe en dood. Veiligste opsie is om in die huis te bly met die vuurwapen gereed. Ek dra ‘n vuurwapen elke dag, ek is nog jonk , 23, maar ek is gereed om te doen wat ek moet as my familie in gevaar is. Wat baie sal help is as almal van julle gereeld gaan skiet met al julle gewere, so raak mens gemaklik met hulle, en verstaan beter hoe elke een werk en reageer as mens die sneller trek. Moet nie jouself steur aan die ander gemors wat sommige van die mense se nie.

Isabel de Vries ·

‘n Baie dapper jong dame!!!

Trots op haar!!!!!!!!!!!!

Gert ·

SuMarie, ek weet presies waardeur jy was. n Mens reageer op instink..moenie jou steur aan die paar ideote se kommentaar nie ,hulle weet nie waarvan hulle praat nie. Daar was nog nooit probleme op my plot nie en ek het ook in 2009 gaan kyk hoekom die hondjie blaf. Ek is ongelukkig in die knie en arm geskiet. Gelukkig die arm en nie my lyf ,anders was ek dood. Die fout wat die meeste mense maak is hul ken nie die verskil tussen hul honde se blaf nie. Toe ek later terug dink was haar blaffies kort en n mens kon dieselfde in jou hond se houding sien..ek het na alle ander veiligheids opsies gekyk en vir my goeie kwaliteit beams regom die huis gesit..ek weet nou as iemans binne 20 m van my huis is

Hannes ·

Die meisie was dapper en klaar. Ek is ‘n gesoute polisieman en baie van my bravade was eintlik nie so slim nie. Ek het al baie dom goed aangevang en ek is opgelei met meer as 20 jaar diens. Elke keer leer ‘n mens. Volgende keer doen sy beter en begrawe ons een van die vuilgoed!

Joe ·

Wat was die doel van die kameras ,moes sy nie eers daar gaan kyk het nie? Sy was wel baie dapper, maar die alience kon haar netsowel geskiet het. Ek voel dat op ‘n plaas aanval hoort ‘n meisie nie alleen buite nie, met of sonder haelgeweer.

Poppie Duvenhage ·

Ek is ook nou ook ‘n dwarstrekker, maar mens kan nie verby die feit kyk dat dit onverantwoordelik was om uit te gaan nie. Wat daarvan as hulle haar van agter verras het of as hulle by die deur wat sy seker oopgelos het ingegaan het en haar slapende ma en die ander kinders oorval het. Hierdie 2 is dalk nog nuut op die job want hulle kon haar van agter oorval het toe sy omdraai terug huis toe. ‘n Rukkie terug was daar ‘n geval van ‘n volwasse man wat uitgegaan het, en hy was nie so gelukkig nie.

Clarise Pitzer Putter ·

Dis net vir my hartseer dat iemand nie by jou eie deur kan uitstap, sonder dat jou lewe moontlik in gevaar kan wees nie … En dat kinders geleer moet word hoe om in sulke situasies op te tree. Baie bly hierdie geval was nie net nog ‘n berig in ‘n koerant nie.

Johan ·

Almal wat sê sy was so Dapper gewees moet asb julle koppe laat lees. Sy was veiliger binne die huis. As julle op n plaas bly in onse land BEHOORT julle te weet dat daai klomp se enigste doel was daardie aand om die inwoners te vermoor. As julle dit nie kan insien nie dan ia ek jammer vir julle.

Hulle het CCTV kamers vir n rede. Sodat jy kan sien wat buite aangaan SONDER om uit te gaan. Hoekom anders dit insit? n jong meisie wat n haelgeweer van die heup probeer skiet, in die nag, terwyl sy nie weet waar die moordenaars is nie en dalk nog weghardloop is lagwekkend.

Asseblief, julle stel julle eie lewens in gevaar om uit te gaan en die hek ook nog oop te los. As daar meer van hulle was was die 2 in die waskamer n uitlokker sodat die ander in die huis kan kom. En as dit gebeur het dan sou ons ongelukkig van nog n plaasmoord gelees het ipv n poging tot huisroof.

En hoekom is die Pa so onverantwoordelik om sy vrou en dogter aleen by die huis te los terwyl hy gaan “jag”? Asseblief mense skrik wakker, julle bly in ‘n land waar jy vooruit moet beplan vir alles en nie luuksheid het om te doen wat jy lus het sonder om aan die moontlike gevolge te dink nie.

Ek het die video n uur terug gekyk en ek het nog steeds n gevoel van angs vir wat kon gebeur het.

Meisie, jys n tiener en dit maak jou braaf, maar asseblief bly volgende keer binne die huis waar dit veiliger is. Groot asseblief….

Lizl ·

Wel, ek is ook van daai domastrante mense , sal sommer uitgaan buitentoe om te kyk wat fout is. Ek weet dit is presies wat hulle wil he, om jou uit te lok. Aan die anderkant …. as jy nie uitkom nie, gaan hulle plan maak om in te kom ! So, well done as jy skote afvuur om hulle die skrik op die lyf te jaag. En SuMari, makie sakie , jy`s dapper , al is dit op `n dom manier volgens ander mense , bly jy dapper. Raad wat ek het , kry `n klomp keffer hondjies saam met `n ou grote wat beneuk is. So klomp keffertjies raas gewoonlik laat hoor en sien vergaan en sodoende is die hele huis wakker en paraat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.