Video: Tier verras motoriste in Pretoria-Oos

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

’n Bengaalse tierwyfie het Vrydagoggend vir opwinding in die ooste van Pretoria gesorg toe sy rustig op ʼn grondpad naby die Silver Lakes-gholflandgoed gestap het.

Hendrik Botha wat naby Donkerhoek woon, het aan Maroela Media gesê hy was omstreeks 07:15 op pad om sy kinders skool toe te neem en het oudergewoonte met ʼn agterpaadjie na die Curro Hazeldean-skool toe gery. “Toe ek weer so om ʼn draai kom, toe sien ek die tier daar in die pad staan.”

Hy sê hoewel dit ʼn ongewone gesig is, het hy dadelik besef dat dit ʼn tier is. Die tier was egter nie aggressief nie en het soms opgestaan en ’n bietjie geloop voor sy weer gaan lê het.

“Ek is lid van ʼn natuurbewaringsgroep hier in ons omgewing en iemand het op hierdie groep laat weet van die tier in die pad. Die mense het gesê die tier behoort waarskynlik aan Farm Inn [Country Hotel and Wildlife Sanctuary] en iemand het hulle laat weet. Later het die mense hier aangekom om die tier te verdoof en terug te vat.”

Botha het ʼn video geneem van die tier, enkele oomblikke nadat sy met ʼn verdowingspyl geskiet is.

Pedro Michaletos, die eienaar van Farm Inn, het aan Maroela Media gesê dit is steeds ʼn raaisel hoe die tier ontsnap het. “Ek dink nog altyd my kampe is so goed dat ander mense maar by my kan kom kers opsteek oor wilde katte en hier ontsnap een van die tiere,” het hy gesê.

“Ons is besig met ʼn ondersoek om vas te stel hoe sy ontsnap het en sal beslis verhoed dat dit weer gebeur. Gelukkig het niemand seergekry nie en is die tier ook nie beseer nie, so die storie het darem ʼn gelukkige einde.”

Volgens Michaletos is die tier nou weer rustig saam met ander tiere terug in ʼn kamp by Farm Inn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Miemie ·

Maroela Media,kan julle asb berig oor die kat in virginia wat mense so op hol het asb.

Me ·

Ons was onlangs by Farm Inn en ek moet se, ek was baie teleurgestel. Glo my, die kampe is nie so goed nie..dit is skokkend hoe verwaarloos die plek lyk. Die diere lyk darem versorg, maar vader gee my krag, iemand moet inspeksie gaan doen daar… ek is seker dit is nie op standaard nie. Die hokke waarin die puma en “mountain lions” is, is vrek klein. Mens kry sommer so bedrukte gevoel.

francois ·

Ek stem saam.iemand moet gaan kyk wat daar aan gaan.ek was ook al daar en dit lyk nie goed nie.En of sy weet wat die duur se naam is of nie het niks met die feit uit te waai dat die diere in die klein hokke aan gehou mag word nie.

Me ·

Wat-ek-lees – Ek is gewoond daaraan dat dit dadelik wys, nie nodig vir sulke kommentaar nie. Ek was geensins lelik nie, net ‘n vraag gevra. Daar is altyd een in die drink water…

Cherokee ·

Dit het nog nooit dadelik gewys nie – daar is ‘n sensorraaad.

Asle ·

Ek was ook in Mei 2016 by die Farm Inn en was geskok oor hoe verwaarloos die plek lyk
.Daar was 2 Luiperde in die kleinste draad-omheining en die diere het op en af geloop wat sooo hartseer was. Dit wat ek waargeneem het van die Farm Inn, kan dit geensins beskou word as ‘n “wildlife sanctuary” nie. Ek sal voorstel dat daar ernstig gekyk word na sulke instansies wat die wilde diere uitbuit vir wins.!!!!!!!!

Corné. ·

Gelukkig het niemand seer gekry nie..
Baie dankie aan die bedagsame vrou wat vanoggend ons dierbare Sam gered het van Farm Inn se ontsnapte tier. Die arme man was boeglam geskrik!! Die tier het hom bly volg en hy het gesukkel om van die tier af weg te kom..

Jaco Grobler ·

Corné, sal vir haar sê, sy is redelik verbaas sy fiets was nog in een stuk na sy indervinding. Sam het eintlik homself gered, gaan hom bel vandag om sy weergawe ook te hoor, aangesien sy hom weer op dieselfde plek gistermiddag gekry het!

Nic ·

Verras my mede-Suid-Afrikaners my nou. Betrokke in ‘n argument en Oscar is nie deel van die gesprek nie!!!

danie ·

Ek het n jack russel , wat dit sy lewens droom gemaak het om te ontsnap, gelukkig het die bure in die singel ook n sin vir mens wees en ken al sy streke ook so goed. Ons het nou al kameras op laat sit om te kyk hoe en waar hy ontsnap . En al wat hy doen as hy ontsnap gaan se vir al die ander honde hallo en dan kom hy terug.

Andrea ·

By wie kan mens kla oor die klein hokke waarin die diere aangehou word? Die DBV, koerante, …?

brenda ·

Ekt na die video gekyk; die tier lyk siekerig of gedisoriënteerd? was die na die pyl geskiet is wat hom verdoof? na die kommentare hier bo dink ek beslis die DBV moet gaan ondersoek instel; as dit verwaardloos lyk is dit beslis!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.