Video: Toeris stokflou geskrik toe slang saam kom stort  

Sopnat en vol seep het ʼn Australiese besoeker aan die Krugerwildtuin uit die stort van ʼn rondawel in die Letaba-ruskamp geduik nadat ʼn uiters giftige Mosambiekse spoegkobra ʼn onverwagse – en onwelkome – besoek deur die stortdrein afgelê het.

Lawrence Bowen se verligting was boonop besonder groot omdat die slang hom net heel “kalm” aangestaar het en oënskynlik geen gevaarliker planne met hom gehad het nie.

“Die slang het meer nuuskierig gelyk as enigiets anders toe hy sy kop by die drein uitgesteek het,” het Bowen, wat onlangs teruggekeer het na Melbourne, vertel.

“Dit was ook glad nie aggressief nie, wat ek dink ʼn gelukskoot was.”

Bowen vertel dat hy al jare lank ʼn gereelde besoeker aan die Krugerwildtuin is. Hy het as kind dikwels tot drie keer per jaar daar vakansie gehou. Sy jongste besoek was saam met ʼn groep van tien mense wat in twee rondawels by Letaba tuisgegaan het.

Bowen het op 20 Januarie in die kamp wakker geword en besluit om sommer vroeg-vroeg deur die stort te spring.

“Omtrent halfpad deur my stort het ek iets om my voete gevoel, afgekyk en gesien daar is ʼn slang saam met my in die stort,” sê hy.

“Hoe ek ontsnap het, is ʼn bietjie onduidelik, maar ek het in wese deur die glasstortdeur geduik en horisontaal op my elmboë op die badkamervloer beland. Ek was nog sopnat en vol seep.”

Bowen het inderhaas die stortdeur toegeklap en geskree vir iemand om te kom help (en ʼn kamera te bring).

“Met al die rumoer in die badkamer het die slang weer in die stortdrein ingeseil en sy kop uitgesteek voor hy eindelik verdwyn het,” vertel hy.

“Ek is net dankbaar die stort het ʼn glasdeur gehad en nie ʼn gordyn nie!”

Hulle het hulp ontbied en om 05:45 het die park Bowen-hulle ingelig dat ʼn veldgids op pad is om die slang te verwyder.

Johan Marais, ʼn slangkenner, verduidelik dat Mosambiekse spoegkobras uiters giftig is. Hoewel ʼn Mosambiekse spoegkobra se byt nie dodelik is nie, kan dit ernstige gevolge inhou.

“As iemand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik word, sal hulle dringend hospitaalbehandeling moet ontvang. Dit kan ernstige weefselskade veroorsaak en hoe gouer jy die regte behandeling kry, hoe minder is die kans vir blywende skade.”

Bowen sê hy kry twee weke later steeds terugflitse oor die voorval.

“Ek is dankbaar dat ek nie gepik is nie – dit is eintlik net ʼn wonderwerk dat ek ongedeerd is,” sê hy.

“Ek was nog altyd bang vir slange en het die nodige respek vir hulle, maar as die ervaring my enigiets geleer het, is dit dat ek voortaan verseker versigtiger sal wees.”

Kommer oor infrastruktuur

Bowen meen ook die situasie kon heeltemal vermy gewees het het as die Krugerwildtuin se geriewe beter in stand gehou is.

“My ervaring met die slang moes nie gebeur het nie. Die dreinbedekking was nie behoorlik vasgeskroef nie en dit kan net toegeskryf word aan swak onderhoud,” sê hy.

“Ons het boonop ook vlermuise in die dak van ons blyplek gehad. In al die jare wat ek die wildtuin besoek, het ek nog nooit iets soos dit beleef nie. Al afleiding wat ek kan maak, is dat die slange by die rondawel probeer inkom om die vlermuise en ander diertjies te vang.”

Volgens Marais gebeur dit soms dat slange in pype opseil en in badkamers en storte eindig – veral wanneer hulle na kos op soek is.

“Dit gebeur dikwels omdat hulle gewoond is om ondergronds te wees en te jag,” sê hy.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het by navraag aan Maroela Media gesê die Krugerwildtuin doen alles moontlik om die veiligheid van besoekers te verseker, ook in ruskampe.

“Daar is wel gebreke met sommige van die infrastruktuur-ontwerpe, maar ons is tans besig om dit op te knap,” sê hy.

“Die instandhoudingspan het intussen ook bevestig dat die dreinbedekking in die betrokke blyplek nie behoorlik vasgemaak was nie. Dit is intussen reggestel.”

Phaahla sê SANParke is verlig dat Bowen ongedeerd is en slim inisiatief gebruik het deur ʼn mop te gebruik om die drein mee toe te hou totdat hulp ontbied is.

Hy sê ook ten spyte van hul beste voorsorgmaatreëls, bly die wildtuin ook die tuiste van talle gevaarlike diere.

Ten spyte van die voorval meen Bowen dat hy weer die wildtuin sal besoek.

“Ons is mal oor die wildtuin, maar ons sal in die vervolg dit oorweeg om eerder buite die wildtuin, of in een van die private kampe tuis te gaan,” sê hy.

“Almal wat die wildtuin besoek moet bedag wees daarop om deure en vensters toe te hou en asseblief te verseker dat die dreinbedekking styf vasgemaak is.”

Video: Toeris stokflou geskrik toe slang saam kom stort Sopnat en vol seep het ʼn Australiese besoeker aan die Krugerwildtuin uit die stort van ʼn rondawel in die Letaba-ruskamp geduik nadat ʼn uiters giftige Mosambiekse spoegkobra ʼn onverwagse – en onwelkome – besoek deur die stortdrein afgelê het. Lawrence Bowen se verligting was boonop besonder groot omdat die slang hom net heel “kalm” aangestaar het en oënskynlik geen gevaarliker planne met hom gehad het nie.“Die slang het meer nuuskierig gelyk as enigiets anders toe hy sy kop by die drein uitgesteek het,” het Bowen, wat onlangs teruggekeer het na Melbourne, vertel.“Dit was ook glad nie aggressief nie, wat ek dink ʼn gelukskoot was.”Bowen vertel dat hy al jare lank ʼn gereelde besoeker aan die Krugerwildtuin is. Hy het as kind dikwels tot drie keer per jaar daar vakansie gehou. Sy jongste besoek was saam met ʼn groep van tien mense wat in twee rondawels by Letaba tuisgegaan het. Bowen het op 20 Januarie in die kamp wakker geword en besluit om sommer vroeg-vroeg deur die stort te spring.“Omtrent halfpad deur my stort het ek iets om my voete gevoel, afgekyk en gesien daar is ʼn slang saam met my in die stort,” sê hy.“Hoe ek ontsnap het, is ʼn bietjie onduidelik, maar ek het in wese deur die glasstortdeur geduik en horisontaal op my elmboë op die badkamervloer beland. Ek was nog sopnat en vol seep.”Bowen het inderhaas die stortdeur toegeklap en geskree vir iemand om te kom help (en ʼn kamera te bring).“Met al die rumoer in die badkamer het die slang weer in die stortdrein ingeseil en sy kop uitgesteek voor hy eindelik verdwyn het,” vertel hy.“Ek is net dankbaar die stort het ʼn glasdeur gehad en nie ʼn gordyn nie!”Hulle het hulp ontbied en om 05:45 het die park Bowen-hulle ingelig dat ʼn veldgids op pad is om die slang te verwyder.Johan Marais, ʼn slangkenner, verduidelik dat Mosambiekse spoegkobras uiters giftig is. Hoewel ʼn Mosambiekse spoegkobra se byt nie dodelik is nie, kan dit ernstige gevolge inhou.“As iemand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik word, sal hulle dringend hospitaalbehandeling moet ontvang. Dit kan ernstige weefselskade veroorsaak en hoe gouer jy die regte behandeling kry, hoe minder is die kans vir blywende skade.”Bowen sê hy kry twee weke later steeds terugflitse oor die voorval.“Ek is dankbaar dat ek nie gepik is nie – dit is eintlik net ʼn wonderwerk dat ek ongedeerd is,” sê hy.“Ek was nog altyd bang vir slange en het die nodige respek vir hulle, maar as die ervaring my enigiets geleer het, is dit dat ek voortaan verseker versigtiger sal wees.”Kommer oor infrastruktuurBowen meen ook die situasie kon heeltemal vermy gewees het het as die Krugerwildtuin se geriewe beter in stand gehou is.“My ervaring met die slang moes nie gebeur het nie. Die dreinbedekking was nie behoorlik vasgeskroef nie en dit kan net toegeskryf word aan swak onderhoud,” sê hy.“Ons het boonop ook vlermuise in die dak van ons blyplek gehad. In al die jare wat ek die wildtuin besoek, het ek nog nooit iets soos dit beleef nie. Al afleiding wat ek kan maak, is dat die slange by die rondawel probeer inkom om die vlermuise en ander diertjies te vang.”Volgens Marais gebeur dit soms dat slange in pype opseil en in badkamers en storte eindig – veral wanneer hulle na kos op soek is.“Dit gebeur dikwels omdat hulle gewoond is om ondergronds te wees en te jag,” sê hy.Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het by navraag aan Maroela Media gesê die Krugerwildtuin doen alles moontlik om die veiligheid van besoekers te verseker, ook in ruskampe.“Daar is wel gebreke met sommige van die infrastruktuur-ontwerpe, maar ons is tans besig om dit op te knap,” sê hy.“Die instandhoudingspan het intussen ook bevestig dat die dreinbedekking in die betrokke blyplek nie behoorlik vasgemaak was nie. Dit is intussen reggestel.”Phaahla sê SANParke is verlig dat Bowen ongedeerd is en slim inisiatief gebruik het deur ʼn mop te gebruik om die drein mee toe te hou totdat hulp ontbied is.Hy sê ook ten spyte van hul beste voorsorgmaatreëls, bly die wildtuin ook die tuiste van talle gevaarlike diere.Ten spyte van die voorval meen Bowen dat hy weer die wildtuin sal besoek.“Ons is mal oor die wildtuin, maar ons sal in die vervolg dit oorweeg om eerder buite die wildtuin, of in een van die private kampe tuis te gaan,” sê hy.“Almal wat die wildtuin besoek moet bedag wees daarop om deure en vensters toe te hou en asseblief te verseker dat die dreinbedekking styf vasgemaak is.”

Posted by Maroela Media on Friday, February 3, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.