[Video] Tokai-moord: Nog ʼn verdagte vas; ouers praat

Andreas en Shireen saam met Franziska

Andreas en Shireen saam met Franziska

Die polisie het bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is in die ondersoek na die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die drie verdagtes wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is, sal Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van moord en nie Donderdag soos vroeër berig nie.

Hy het intussen ook bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is en dat hy ook Vrydag in die hof sal verskyn. Dié verdagte sal teregstaan op ’n klag van die besit van vermeende gesteelde goedere wat met die saak verband hou.

Andreas en Shireen Blöchliger, Franziska se ouers, het intussen in ’n onderhoud met eNuus gesê hul dogter is verkrag (die video volg onderaan die berig).

Franziska is Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Die gr. 10-leerder het saam met haar ma en suster en die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Inge ·

Ek kry so ding wat in my opkom, ek wens hulle wil so iets met my probeer, ek sal hulle uitmekaar uit karate! Hulle het die lewe van ‘n pragtige meisie verwoes en haar familie sin ook. Ek is verskriklik jammer dat so iets met hulle moes gebeur het. Ek kan nie eers myself voorstel hoe hulle moet voel nie.

Kiepie ·

Inge, ek bid met my hele hart dat jou wens nooit waar sal word nie.

ANRE ·

Ek voel heeltemal gewalg deur die storie. Regtig, ek weet nie meer nie. Ons land kort ‘n drastiese verandering in die regstelsel. En in die tipe gevalle veral – BRING DIE DOODSTRAF terug. Daar was 4 mans – nie een met ‘n greintjie respek vir iemand anders se lewe nie. Nie een van hulle hoort op hierdie aardbol nie – nie in ‘n tronk of ‘n rehabilitasie sentrum nie – HULLE HOORT NIE HIER NIE. PUNT. Ek voel heeltemal siek. Ek is soo jammer vir hierdie familie. Hoeveel moet ons nog vat voordat ons almal knak?

m ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF, hierdie tipe gemors hoord in geen samelewing nie.

Uit die Ooste ·

Ek bly en werk ver van SA af. Ek lees elke dag julle nuus op die net. Mens dit is om van siek te word. Dit word elke dag net erger en erger. Wat gaan aan daar ? Dit is een groot sirkus.
Kan net bid en hoop dat daar redding gaan kom.
Anders weet ek nie.

Dee ·

Daar gebeur nie tragedies in ‘n sirkus nie. Daar word gelag en dit is plesierig in ‘n sirkus.

wynand ·

Dagse uit dieOoste. Sal jy asb wyd en suid aan almal daar en veral die pers inlig oor wat in SAgebeur?

Mercy ·

Wynand, jy moet nie so hard “pers” sê nie, onthou jy nou weer …. “purple is the new black”

Johann Marx ·

Publiseer asseblief die skuldiges se gesigte ook sodra hulle skuldig bevind word…

TJ Polokwane ·

My hart bloei vir die gesin. Die wrede wyse waarop sy eers verkrag en toe vermoor is, is onmenslik en wreed. Hoekom moet hierdie mense se menseregte gerespekteer word? Hulle het zero respek vir die lewe van ander. Bring die doodstraf terug en verwyder hulle vir goed uit die gemeenskap uit. Hulle is nie rehabiliteerbaar nie, en net ‘n las vir die belastingbetaler. So kan dit nie aangaan nie! Geen wonder meer en meer mense trek agter hoë mure, lemmetjiesdraad en alarms in nie – en selfs dan is jy nie meer veilig nie!

Nico Strydom ·

Dagsê Annoniem

Die pa se name is Andreas Florian Blöchliger.

Vriedelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

roelfie ·

maak dit internationale nuus…sterkte aan die familie ons harte is seer saam met julle..ook ‘n kapenaar..

Mariette ·

Ons moet nou meer as ooit bymekaar staan en die party wat regeer, uit stem. Solank as wat hulle aan bewind is, sal niks ooit weer beter gaan nie. Ek is self ‘n staatsamptenaar, mense dis nag! My innige meegevoel aan die familie…..by God sal jul vertroosting vind!

Dee ·

Het jy naastenby ‘n idee wat jy hiervoorstel Mariette? Het jy ‘n idee hoeveel stemme is nodig om hulle uit te stem en hoeveel daar is om teen hulle te stem? En watter party dink jy sal oorneem by die regerende party? Persoonlik dink ek dit sal ‘n selfs swakker party wees. Waarskynlik selfs meer (onverbloemd) kommunisties.

Soo gesê ·

….het heel aan die begin gese die arme kind is tien teen een verkrag. aai, nog ‘n slag vir die ouers. Sterkte!!

Essie ·

Kry daai foto’s van die plaasmoorde met die wit kruise. Maak opskrif: “Blankes se hulpkreet uit Suid-Afrika!” Stuur dit aan Menseregtekommissie wêreldwyd op die net. Sit dit met daaglikse nuusberigte op You Tube.

Melt Olckers ·

Volgens die pers is een van die verdagtes se pa ‘n bewaarder by Polsmoor. Een van hulle het ook aangedring om by Polsmoor aangehou te word en nie die Polisie Stasie nie. Laat mens wonder oor hoekom hy so naby sy pa wil wees. Weet seker hy sal voorkeur behandeling daar kry.

apie ·

ek sal nooit gewoond raak aan hierdie dinge nie. ek is dankbaar vir webwerwe wat hierdie misdade die wereld in stuur vir almal om te sien.

Dee ·

Waarom dink jy dat dit ‘n doel dien? Meeste uitlanders weet nie eens waar Suid Afrika is.

Hanri ·

Dit is hoekom mense moet stem stem stem asb. Elke person wat nie stem nie se “stem” gaan outomaties na die ANC…. Dit is vir my sooo skokkend om te sien dat die peiling se 17% present van die mense wat dit gedoen het gaan nie stem nie. Dis die 17% wat n verskil maak. Rus in vrede mooiste Engel, vlieg hoog. Mag jou moordenaars jou gesig elke aand voor hulle slaap sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.