Video: ‘Tornado’ in Soweto

Skermskoot uit die video van 'n moontlike tornado op 24 November 2014 in Protea Glen, Soweto

Skermskoot uit die video van ‘n moontlike tornado op 24 November 2014 in Protea Glen, Soweto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan nie bevestig of ʼn tornado Maandagmiddag tydens ʼn sterk storm in Protea Glen in Soweto, Gauteng voorgekom het nie.

Vanetia Phakula, weervoorspeller, het gesê sy kan nie mediaberigte oor ʼn tornado bevestig nie. “Dit wat ons op die radar gesien het, lyk nie soos ʼn tornado nie,” het sy gesê. “Al wat ek kon sien is dat die storm baie vinnig beweeg, maar ek wil nie die moontlikheid van ʼn tornado uitskakel nie. Ons sal iemand moet stuur om die skade te ondersoek.” Volgens Phakula sal hulle deur die skade kan bepaal of daar moontlik ʼn tornado in die gebied was, aangesien ʼn tornado ʼn kenmerkende sirkelvormige skadepatroon agterlaat.

“Geen beserings is tot dusver aangemeld nie,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is slegs die huise se dakke wat beskadig is.” Na beraming is meer as 20 huise in die storm beskadig.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het bevestig dat hulle ook berigte van stormskade ontvang het. “Ons het slegs ʼn oproep ontvang van mense wat hierdeur geraak word,” het Radebe gesê. “Ons sal ʼn beampte stuur om ondersoek in te stel.”

Intussen het Craig Powell, ʼn weervoorspeller, Maandag aan Maroela Media gesê die tornado wat Saterdag vir groot opwinding naby Vryheid in KwaZulu-Natal gesorg het, was moontlik ʼn EF1-tornado. Klik hier om meer te lees.

Die gebruiker Tshepo Phiri het die volgende video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.