[Video] Tornado woed in Magaliesburg

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die afsnylaagweerstelsel wat die land in sy ysige greep beet het, het Maandagmiddag ook vir ʼn natuurlike skouspel in Magaliesburg in Gauteng gesorg.

Amin Hassam, eienaar van Koesterfontein Farm Glamping, naby die Wieg van die Mensdom, het Maandagmiddag op sy plaashuis se stoep gestaan en gesien hoe die wolke saamdrom.

“Ek het omstreeks 16:00 gesien hoe die tornado vorm en het my Samsung-slimfoon gegryp om ʼn foto te neem,” het Hassam aan Maroela Media gesê. “Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie en toe besluit om eerder ʼn video te neem.”

Hassam het gesê die tornado het nagenoeg twee minute lank gewoed voordat dit weer opgeklaar het.

Die tornado het egter skade aangerig tydens sy kort besoek.

“My buurman se huis en elektriese heinings is beskadig. Die tornado het die huis se dakteëls afgeruk en ook bome ontwortel,” het Hassam gesê.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Hy het die video agterna op Facebook gelaai en teen Dinsdag is dit meer as 46 000 keer gekyk en 2 000 keer gedeel.

Maroela Media het vroeër berig ʼn afsnylaagweerstelsel is ʼn sterk laagdrukstelsel, wat tussen twee hoogdrukstelsels afgeknyp en aanhoudend met vogtige lug aangejaag word. Dit stelsel het swaar reënval, donderstorms en sneeu tot gevolg wat moontlik teen Donderdag gaan opklaar.

https://www.facebook.com/mohamed.hassam/videos/10210081895033719/

Die gebruiker Mario Ferreira het die volgende video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wern ·

Die vink wat die nessie gebou het wat ons teen die einde van die video sien het goeie werk gedoen dat sy nes nie weggegaai het nie.

Ruby ·

[Video] Tornado woed in Magaliesburg

Maroela, waar is die video of verstaan ek nou verkeerd?

Dankie vir die wenk hierbo, sal by MNS gaan kyk.

Cherokee ·

Het vele tornado videos gesien maar die een is ietwat anders. Eintlik heel anders want dit wys selfs soort van die vorming van die tornado. Goeie video selfs ten spyte van ‘n vinger voor die lens.:-)

MALINDA ·

Ek is woonagtig in Benoni aan die Oos Rand. Maandag nag het die wind ook vreeslik
gewoed by ons woonsel, ek kon nie tot ruste kom nie, was ongewoond. So dit het al gewoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.