[Video] Trane, blydskap ná Panayiotou-uitspraak

‘n Skermskoot uit die video

Jayde se familie en ondersteuners het Donderdag regter Dayalin Chetty se uitspraak in die Panayiotou-moord in die hooggeregshof in Port Elizabeth met ʼn handeklap toegejuig.

ʼn Video van die familie en lede van die Justice for Jayde-groep wys hoe dié groepe hande klap nadat die uitspraak gelewer is.

ʼn Ander video, wat ook tydens die uitspraak geneem is, wys Panayiotou en sy medebeskuldiges se somber uitdrukkings en ook die hartseer uitdrukkings van Panayiotou se familie.

Chetty het Christopher Panayiotou en Sinethemba Nenembe Donderdag skuldig bevind aan moord. Zolani Sibeko is skuldig bevind op ʼn aanklag van sameswering tot moord. Panayiotou is verder ook skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg, terwyl Nenembe skuldig bevind is aan roof met verswarende omstandighede.

Jayde is op die oggend van 21 April 2015 buite die Stellen Glen-kompleks in Kabegapark ontvoer waar sy gestaan en wag het vir ʼn saamrygeleentheid werk toe. Haar liggaam is die volgende dag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Sy is drie keer geskiet, twee keer in haar rug en een keer in haar kop.

Die staat het aangevoer Panayiotou was die meesterbrein agter sy vrou se moord en dat hy vir Luthando Siyoni betaal het om huurmoordenaars te kry om Jayde te vermoor. Volgens die staat het Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Sibeko het ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel.

Dié uitspraak voltooi ʼn marathon-verhoor wat meer as ʼn jaar gelede begin het en waartydens 58 getuies geroep is.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

An3 ·

En toe kry hy ‘n groot boks vol Karma vir sy verjaardag, met ‘n rooi strik daarop!

Genieve ·

Nou hoe lank gaan of het Christopher tronkstraf gekry??..Vir wat huil sy familie nou hyt onnodig sy vrou dood gemaak.

Hannelie ·

En so geskied geregtigheid. Sal 17 November hoor vir hoe lank.

Darius Els ·

Wel pandiete in PE tronk is BAIE bly.Hier kom n Griek wat die vis en chips gaan bak binnekort,hulle weet mos van fish en chips bak met ou olie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.