Video: Transformasieteikens in rugby; sanksies teen Saskok versoek

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU (Skermskoot uit die video)

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU (Skermskoot uit die video)

Teen 2019 moet alle rugbyspanne 50 persent swart spelers bevat, waarvan 60 persent etniese swart spelers moet wees.

Dit is die teiken wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in sy nuwe strategiese transformasieplan bekend gestel het.

Intussen het Front Nasionaal hom skerp uitgespreek teen die kwotastelsel en versoek die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) om sanksies in te stel teen die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok). “Front Nasionaal beklemtoon opnuut dat meriete die enigste kriterium is wat toegepas behoort te word in die keuring van spelers en sportspanne,” het Francois Cloete, woordvoerder van FN, gesê. “Verdienstelike spelers gaan gebuk onder diskriminasie as gevolg van hulle etnisiteit en van ongevraagde owerheidsinmenging.” Cloete het gesê hulle verwerp dus die kwotastelsel soos geïmplementeer deur SARU (SA Rugbyraad) en alle ander Suid-Afrikaanse sportliggame.

“Front Nasionaal beroep ons nou op die IOK om sanksies in te stel teen Saskok, op grond van die IOK se eie standpunt dat meriete die kriterium moet wees vir die kies van spelers en spanne,” het hy bygevoeg. “Ons vra ook vir ʼn volledige opskorting van Suid-Afrikaanse deelname aan alle internasionale sportbyeenkomste, presies soos wat die IOK met Fidji doen, tot tyd en wyl die kwotastelsel ten volle geskrap word.”

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JoeV ·

Indien mens die suksesvolle transformasie in sokker aanskou, dan behoort persone in die beroep van rugby solank voor te bery vir die alternatiewe beroepe wat hulle ken.

Martyn du Plessis ·

@JoeV, wat bedoel hy transformasie by sokker. Sokkerspelers is omtrent 95% swart.
Maar jy hoor nie een enkele blanke kla daaroor nie, omdat dit vir ons om meriete gaan en niks anders nie. Kan julle nie vir `n slag op julle eie voete staan nie? Los die apartheid kaart en probeer julle eie kaart speel.

JoeV ·

@Martyn du Plessis, Jy’t dit mis! Sokker was nie getransformeer nie, dit was oorgevat en vernietig in die 1980″s al. Dieselfde moet nou met rugby gebeur. Staan terug dat dit val, dis beter om Afrika reg te maak na dit vernietig is as om dit staande te probeer hou, nog nie gewerk iewers in Afrika nie.
Die borge wat die transformasie ondersteun moet na gelet word en jou mening en gebruik van hulle sal saak maak.
Dit vat tussen 25 en 30 jaar vir vir Afrika om te besef hulle kan nie “westers” nie, soos gesien kan word in al die ander Afrika lande wat nou weer aan die opbou is, China doen dit namens hulle!

JoeV ·

en Kuba, moenie Kuba vergeet nie! die groot hietoriese moontheid wat ons nou kom help met die water probleme!

roelf meyer ·

50% swart rugby spelers beteken wit spelers gaan moet terugstaan daarvoor. Dus sal ek myself ook terugstaan as ondersteuner en GEEN geld bestee daaraan. Laat n swart ondersteuner my posisie vat. Nag ou big one

chris ·

Ek sien die Jurie storie as uiters positief .Dit help nie om doekies om te draai nie,inteendeel dink ek hulle moet al die sport behalwe sokker transformeer,dws 80% swart(inheems)en dan 20% wat uit die res bestaan. Doen dit nou en kry klaar!
Hier deer sal die wereld dan sien watter sirkus die Mandelastaat of sogenaamde reenboognasie werklik is.Sommige spelers wat onder standaard is kan in ‘n spanverband net sover verdoesel word.Ek meen dis so goed ons se vir die VSA hulle aflosspan mag net een swart atleet bevat!
Om die punt te probeer beredeneer sal futiel wees ,ons debatteer nie met mense wat oop is vir enige ander siening as hulle eie nie.
Verder dink ek ene Jurie moet sommer sy eie pos ook transformeer en sodoende ‘n wesentlike voorbeeld stel vir al die spelers, swemmers ens, wat ook hul werk(sport) gaan verloor.Dis mos net meer as regverdig ,of wat se ek alles Jurie.

Piet ·

Met al die “has beens” nou in die span kan hulle maar gerus beter swart spelers insit. Dan sal ons dalk vir ‘n slag wen of hoe?

elmarie ·

Waar le die jeug van ons mense se toekoms in sport soos Rugby ons kiinders probeer hulle beste maar word mis gekyk en die en diie sportfdersie maak dit nie makliik nie daarom laat ons toe om oorsee se klubs te gebruik maar die sokker traanfrmeer nie hoekom

Dries ·

Blankes moet net saam staan.
Boikot rugby wedstryde
Boikot maatskappye wat rugby borg
Boikot DSTV

Dan sal SARU besef waar die geld verlore gaan.

Hendrik ·

Ek weet nie waar kry enigeeen die idee dat swartmense beter sokkerspelers is as witmense nie. Afrikalamd het nog nooit eers die wereldbeker finaal gehaal nie. Hulle kort meer wittes in daai sokkerspan met sy bespotlike bafana naam dan sal hulle dalk n beker wen.

Theo ·

Toeskouers gaan kyk en betaal om die beste spelers op die veld te sien meeding teen mekaar. As dit nie meer so gaan wees nie se ek ook maar, nag ou grote.

david ras ·

Wat Saru dus vir ons vertel is dat ‘n deel van ‘n span gereserveer is vir spelers van kleur.
Nou word “Reserved for whites” vervang met “Reserved for Blacks” –m.a.w. Swart Apartheid !
Ek dog ons het die hele apartheid stelsel verwerp !
Ek wil graag vir Saru iets vertel—
Die Yanks is die sg. uitvinders van regstellende aksie (hulle is nie werklik nie. maar dis ‘n ander debat). Hulle het GEEN REGSTELLENDE AKSIE IN ENIGE SPORTSOORT NIE.
Eintlik kan Jurie Roux en sy meelopers hierdie uitdrukking van ‘n beroemde Amerikaanse Boksafrigter –ek meen dit was Angelo Dundee– in ag neem:
“the only successful boxer is a hungry boxer–hungry for succsess .”
Sukses en meriete loop hand aan hand !!

Ghost ·

Net soos ons regering die land in sy kanon in bestuur wil hulle nou dit nou ook met sport doen. Duidelik kan hulle dit nie vat dat rugby so goed vaar met meestal wit spelers in nie, tewyl die sokker so pateties is en meestal uit swart spelers bestaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons het n paar goeie swart spellers wat in die span hoort, maar laat hulle daar kom met verdienste en nie oor hulle velkleur nie, dan het ek geen probleem nie.
Maar as hulle aan gaan weet ek van n klomp ondersteuners, my ingesluit wat rugby gaan boikot. Soos iemand hier bo genoem het, hoekom het hulle my geld nodig as hulle nie die beste span wat ek wil sien op die veld het nie.

Herman ·

Ons moet maar dat saru die bokke 100 verswart en dan begin ons wittes n splinternuwe unie. Ragga hier in die kaap het al van krag tot krag gegaan. Vir die wat nie weet nie. Al die klein dorpies se “wit” rugby spanne het keelvol geraak vir wedstyde waar hulle met bottels gegooi word en in die gevaarlikste woonbuurte moet gaan speel. Toe stig hulle n informele liga. Rugga… en ons dorp spanne speel nou heerlike rugby… met ambulanse en versekering. Die hele tutti….. en ons speel waar ONS wil…

Jan ·

Herman, ek hou van die idee. Dan sal ons sien wat bly oor van SARU .

RK ·

Ek se goed so. Laat hulle die spanne 50% swart maak. Dan kan die hele wereld lekker vir ons lag as hul sien hoe “transformasie” alles in ons land opneek. Dalk sal die mense se oe begin oopgaan as hulle sien hoe hul sport god (rugby) afgebreek word en besef dat dit reeds jare lank in ons land aan die gebeur is. Na 20 jaar is daar nog helemal te veel mense wat met oogklappe aan rondloop en dink alles is peikfyn. Wie weet, dalk lig hulle ‘n slag hulle gaie voor die tv en begin saam staan, en belangriker, keer terug na die ware God. Hoe gouer dit gebeur, hoe gouer kan ons ons land terug kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.