Video: Transformasieteikens in rugby; sanksies teen Saskok versoek

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU (Skermskoot uit die video)

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU (Skermskoot uit die video)

Teen 2019 moet alle rugbyspanne 50 persent swart spelers bevat, waarvan 60 persent etniese swart spelers moet wees.

Dit is die teiken wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in sy nuwe strategiese transformasieplan bekend gestel het.

Intussen het Front Nasionaal hom skerp uitgespreek teen die kwotastelsel en versoek die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) om sanksies in te stel teen die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok). “Front Nasionaal beklemtoon opnuut dat meriete die enigste kriterium is wat toegepas behoort te word in die keuring van spelers en sportspanne,” het Francois Cloete, woordvoerder van FN, gesê. “Verdienstelike spelers gaan gebuk onder diskriminasie as gevolg van hulle etnisiteit en van ongevraagde owerheidsinmenging.” Cloete het gesê hulle verwerp dus die kwotastelsel soos geïmplementeer deur SARU (SA Rugbyraad) en alle ander Suid-Afrikaanse sportliggame.

“Front Nasionaal beroep ons nou op die IOK om sanksies in te stel teen Saskok, op grond van die IOK se eie standpunt dat meriete die kriterium moet wees vir die kies van spelers en spanne,” het hy bygevoeg. “Ons vra ook vir ʼn volledige opskorting van Suid-Afrikaanse deelname aan alle internasionale sportbyeenkomste, presies soos wat die IOK met Fidji doen, tot tyd en wyl die kwotastelsel ten volle geskrap word.”

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
JoeV

Indien mens die suksesvolle transformasie in sokker aanskou, dan behoort persone in die beroep van rugby solank voor te bery vir die alternatiewe beroepe wat hulle ken.

roelf meyer

50% swart rugby spelers beteken wit spelers gaan moet terugstaan daarvoor. Dus sal ek myself ook terugstaan as ondersteuner en GEEN geld bestee daaraan. Laat n swart ondersteuner my posisie vat. Nag ou big one

chris

Ek sien die Jurie storie as uiters positief .Dit help nie om doekies om te draai nie,inteendeel dink ek hulle moet al die sport behalwe sokker transformeer,dws 80% swart(inheems)en dan 20% wat uit die res bestaan. Doen dit nou en kry klaar! Hier deer sal die wereld dan sien watter sirkus die Mandelastaat of sogenaamde reenboognasie werklik is.Sommige spelers wat onder standaard is kan in ‘n spanverband net sover verdoesel word.Ek meen dis so goed ons se vir die VSA hulle aflosspan mag net een swart atleet bevat! Om die punt te probeer beredeneer sal futiel wees ,ons debatteer nie… Lees meer »

Piet

Met al die “has beens” nou in die span kan hulle maar gerus beter swart spelers insit. Dan sal ons dalk vir ‘n slag wen of hoe?

elmarie

Waar le die jeug van ons mense se toekoms in sport soos Rugby ons kiinders probeer hulle beste maar word mis gekyk en die en diie sportfdersie maak dit nie makliik nie daarom laat ons toe om oorsee se klubs te gebruik maar die sokker traanfrmeer nie hoekom