Brandbestryders is op die toneel op die N3 in Pinetown in KwaZulu-Natal waar ʼn vragmotor in ʼn ernstige ongeluk betrokke was en aan die brand geslaan het.
Die ongeluk het naby die Richmondweg-afrit in die rigting van Durban gebeur.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, sê die vragmotor het hooibale vervoer en dié bale het ook tydens die ongeluk vlamgevat wat dit moeilik maak om die brand geblus te kry.
Volgens Jamieson is reddingswerkers besig om die liggaam van ʼn man onder die brandende hooibale uitgebring. ʼn Tweede persoon is in die ongeluk beseer en word op die toneel behandel.
Brandbestryders en lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid sukkel steeds om die vlamme te blus. ʼn Gedeelte van die snelweg is gesluit terwyl owerhede op die toneel besig is en motoriste is gevra om die gebied te vermy.
Verkeer word op alternatiewe roetes herlei.
Videos: Rescue Care Paramedics
Natal — Julle moet leer bestuur. Genade daar is Baaaaaaaaaaaie ongelukke deesdae ini nuus in en om Durban
Wielie, jy yl, weet jy hoe gevaarlik en moelik is daai pad vir n ekstra swaar voertuig. ry asb as passasier eendag saam met so trok
hoekom die videos opsit.dus onwettig en gruwelik..daar is iemand buite wie se familie lid oorlede is..arme mense. 3 uit my gesin is in nood dienste..en niemand het nog ooit enige fotos en videos op n toneel nie geneem noe..dus onprofisoneel..
Moet seker lees: “… onder die brandende hooibale UIT TE bring.”