Video: Trokbestuurder jaag onbeheersd tussen Noordwes en Noord-Kaap

'n Skermskoot uit die video. Die volledige video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die volledige video volg onderaan die berig.

ʼn Vragmotorbestuurder is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het, en glo ook in verskeie botsings in Noordwes en die Noord-Kaap betrokke was.

Alta Swart, plaaslike koördineerder van AfriForum in Vryburg, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het hom Saterdagmiddag naby Schweizer-Reneke in Noordwes begin afspeel.

“ʼn Motoris wat op pad was na Upington, is naby Schweizer Reneke van agter af gestamp deur ʼn vragmotor wat oor die pad geslinger het,” het Swart gesê. “Hy het vermoed dat die bestuurder dronk was, en het dadelik ʼn persoon in Vryburg, wat lid van die AfriForum-buurtwag in die dorp is, gebel.”

Swart het gesê die motoris het agter die vragmotor aangery en ʼn video van die vragmotor geneem. Op die video kan ʼn mens duidelik sien hoe die vragmotor in die weg van aankomende verkeer inbeweeg, en sommige motors naelskraap mis.

“Die buurtwaglid het dadelik die Vryburg-polisie en -verkeersafdeling gebel.  Die polisie se verskoning was dat hulle nie ʼn voertuig beskikbaar het nie en by die verkeersafdeling was niemand aan diens nie,” het Swart gesê.

In Vryburg het die vragmotorbestuurder verkeerstekens verontagsaam en voertuie van die pad afgedruk en gestamp. Twee van die buurtwaglede het die vragmotor op die Kurumanpad agterna gejaag. Een voertuig het voor die vragmotor gery om aankomende verkeer te waarsku, en een het agter die vragmotor gery. “Die vragmotor het toe teen ongeveer 90km/uur gejaag. Dit het gereën en begin donker word, maar tog het die bestuurder nie die ligte aangeskakel nie en steeds vinnig gery. Hy het nie gereageer op pogings van die buurtwag om hom van die pad af te trek nie.”

Die buurtwag van AfriForum in Kuruman is toe gekontak. In dié dorp het die vragmotorbestuurder glo ook verskeie stopstrate en verkeersligte verontagsaam. Hy het uiteindelik by ʼn erf in gery waar ongeveer 35 buurtwagbakkies op hom toegesak het.

“Toe die bestuurder sien dat hy vas is, het hy in trurat begin ry, ongeag die voertuie agter hom. Lede van die buurtwag het toe een ruit van die vragmotor uitgeslaan en die sleutel afgeneem. Verskeie van die buurtwaglede se voertuie is in die proses gestamp,” het Swart bygevoeg.

Beamptes van die Kuruman-polisie was op die toneel, maar het na bewering geweier om bloed te trek. “Hulle het gesê, ‘Ons kan sien hy het gedrink, maar hy is nie so dronk nie’.  Die polisie wou ook nie ʼn saak teen die verdagte maak nie. Die buurtwag het die polisie se hoofkantoor gekontak, waarna die man eers in hegtenis geneem is.”

Volgens Swart is die verdagte tans in aanhouding by die Upington-polisiestasie, en sal hy na verwagting op 4 Februarie in die Kuruman-landdroshof verskyn.  Hy staan tereg op onder meer roekelose en nalatige bestuur en dronkbestuur.

Swart het die buurtwaglede wat hulle lewens in gevaar gestel het om “hierdie gevaar van die pad af te kry”, bedank. “Dit is wonderlik dat daar sulke goeie samewerking tussen die twee dorpe se buurtwagte bestaan.  Ons waardeer julle baie,” het sy gesê.

Maroela Media het navrae oor die aangeleentheid na die provinsiale kantoor van die Noord-Kaap-polisie gestuur. Klik hier vir die opvolgberig.

[wpvideo ueFotR2p]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

scalla ·

So gaan dit naweek vir naweek, gebruik gereeld die roete, geen verkeersbeamptes op diens, indien wel vang hul vir spoed, enige motor het geen kans teen die tydbomme nie, tree op asb.

Pj nel ·

Ek en vriende het gekom van Vryburg se kant Terug Schweizer toe, toe ons ook die trok sien slinger oor die pad ek en 3 vriende in n klein toyota yaris het net gedog hy swaai uit vir n pothole, toe ons weer sien teen n spoed van 110km per uur moes ons uitswaai van die pad afjaag toe hy kop aan kop vir ons kom, ons het so geskrik en amper di kar gerol in die veldjie langs die pad ons kon nie eens n nommer plaat of enigsins iets anders sien wat ons kon help om hom vas te trek, eks net bly die persoon is gearresteer.

carel ·

as die trok so roekeloos was waarom is die drywer in hegtenis geneem? Die skrywer van die artiekel moet sy artiekel lees – hy laat dit klink of die trok die oortreeder was – dit is die drywer wat die bollie aangejaag het.

en waar is die sleg SAPS in die saak – dat die ou deur 2 dorpe so kon ry?

Marietjie ·

carel – miskien moet jy eers dubbel seker maak dat jou spelling korrek is voordat jy poog om ‘n artikel te interpreteer en kommentaar daarop te lewer. Die oortreder in die artikel “tiekel” my nogal.

Dave ·

Soos Marietjie sê Carel, behoort jy vir spellesse te gaan en jouself uit openbare forums hou want jy is ‘n verleentheid vir Afrikaans.

Hester ·

Ons het laas Desember dieselfde gehad ook met so n trok was op pad Kuruman toe om vir familie te gaan kuier ons mense in Kuruman se die polisie doen net mooi niks

Helesti ·

Ongelooflik. Engele het beslis oortyd ingesit met die storie!

Gerhard Bezuidenhout ·

Welgedaan aan al die buurtwagte . Wat gaan gebeur met daardie slegte slapgat polisie van Vryburg wie gese het dat die barbaar nie dronk was nie. Die spul van Schweizer wie gese het dat hulle nie n voertuig beskikbaar het nie beskerm die ander comrades wat taxi met die amptelike voertuie ry .

Anton Smit ·

Dave hoe lyk dit stem jy hier ook saam met die slapgat saps dat die persoon nie dronk was nie.

Pierre Celliers ·

“….is besig om die “beweringe” te ondersoek en sal spoedig kommentaar lewer”.
Dit gaan nie gebeur nie. Die polisie se gedrag in hierdie verband is skandelik!
Miljoene gaan spandeer word om hul beeld te probeer verbeter, maar ander uniforms, is nie die antwoord nie! Dis ‘n ingebore ding wat haas onmoontlik is om te verander!

Asjas ·

PJ Nel en almal wat deur hierdie dronkaard skade gelei het moet dit asseblief verder vat. Moet nie hierdie saak laat vaar nie. Maak ‘n voorbeeld van die trok drywer en sy werkgewers.
Asseblief, as dit moontlik is … ek weet mense wil altyd net so gou as moontlik weer aangaan met die lewe, maar hierdie persoon gaan nie hier stop nie.

Rupert Ashford ·

En dagvaar sommer die staat ook vir pligsversuim…

Philip ·

dit het vroeer verlede jaar ook gebeur. Ek en ander trok het dronk drywer afgetrek en sleutels gevat. Vryburg en Kuruman polisie het beide geweier om uit te kom, omdat dit blykbaar nie hulle gebied is nie. Sy operateur is gekontak en het dadelik uitgekom. Hulle het hom daar langs die pad getoets, en hy was ver oor die limiet.
n Ander drywer het die trok verder gery, en hy is saam met operateur Kuruman polisiestasie toe.
Daar het hulle ook geweier om iets te doen, aangesien hul hom nie gesien die trok ry het nie.
Ek is ook oor die vingers getik omdat ons hom af getrek het.

Daar is groot fout by Kuruman polisie!

Rupert Ashford ·

Hulle sal heel moontlik die ou wat die video geneem het ook vervolg want mens is mos nie veronderstel om jou selfoon te hanteer terwyl jy bestuur nie.

andries ·

Iets sal moet gebeur in hierdie land want so kan dit net die meer langer aangaan nie.

carel ·

jammer juf marietjie – maar eks seker jy verstaan wat ek probeer se??

diel lank en die kort is dat sekere mense(drywer) in ons land kan doen net wat hulle wil en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie aangesien de klerk ons uitverkoop het…

Neptunus ·

Wie’s die “sekere mense” Carel? Indien jy suggereer dat dit ‘n sekere ras is sê so man. Feit is egter dat meeste blankes deesdae hulle ook nie juis aan padreëls steur nie, of is ek verkeerd?

Pieter ·

Afgesien dat die man onder die invloed was kan n landros die man op grond van die video tronkstraf of n hengse boete gee. Kyk net na die video dan sal daar gesien word hoeveel keer die man oor spersrtrepe gery het.

Dave ·

Dit behoort ook interessant te wees om te sien of daar enige opvolgwerk gedoen word insake die nikswerd Vryburg en Kuruman-polisie.

Gert Coetzee ·

Die ou was nie dronk nie,het maar net uitgeswaai vir die potholes.

Gert

Klaas Steyn ·

“Maroela Media hou van ‘n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder.” As dit werklik Maroela Media se beleid is, waarom is Eish se kommentaar geplaas?

Carel ·

Neptunus
Lees en verstaan wat ek geskryf het.

Sekere mense = drywers van trokke – wat is jou probleem met ras? ek sien nie hier dat iemand na ras verwys in die artiekel nie? As jou ingesteldheid so is dan is dit is dit so maar moet dit nie op my af druk nie.

groete

Piet Snot ·

Carel, jou verwysing na De Klerk maak ‘n bespotting van jou ontkenning hierbo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.