[Video] Trokdrywer roskam betogende studente

Josh Bergh

Josh Bergh

ʼn Vragmotorbestuurder van Touwsrivier het die internet op hol nadat hy ʼn video op Facebook geplaas het waarin hy betogende studente behoorlik roskam oor hulle gedrag.

“Die boodskappie gaan vir pienk, pers, groen, rooi, pikswart, blou … maak nie saak nie. Dis vir julle almal (sic),” sê Josh Bergh in die video wat teen Donderdagoggend meer as 42 000 keer op Facebook gedeel en meer as 520 000 keer gekyk is.

“Hoe de hel kan jy studeer vir ʼn graad maar jy doen onnoselike dade? Jy brand jou eie universiteit af, biblioteke, toilets, whatever want julle sal nou enigiets afbrand net om ʼn punt te bewys wat nie eers sin maak nie. Mense loop en seermaak en goed. Vir wat? Jy gaan niks bereik nie. As jy wil hê iets moet gebeur of jy wil iets bereik, doen dit op ʼn wyse waar mense jou gaan kop toe vat. Jy brand nou eintlik outomaties goed af wat jy weer moet gaan gebruik en wat die government weer moet geld voor uitgee om daai goed te herstel, maar jy wil hê fees must fall (sic).”

Bergh versoek die betogende studente hierna om hom ʼn “groot guns” te bewys. “Gaan study weer julle history en kyk wat het julle voorvaders gedoen. Die manier wat julle dit loop doen is totaal en al verkeerd. Dit is verregaande. Ek stem nie saam met die k*k nie. Kry net rigting in julle lewe asseblief en wees ʼn bietjie civilised want julle is uit orde uit vir studente wat leer vir iets (sic),” sluit Bergh af.

Gewelddadige betogings woed sedert Maandagaand op verskeie universiteitskampusse oor die hele land nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, die klasgeld vir volgende jaar aangekondig het.

WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.

SORRY BUT EK VOEL NET SO WANT EK IS BY DIT!!!#TRUCKER#TOUWSOFNIKS

Posted by Josh Drizzy Bergh on Wednesday, September 21, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Denise ·

Dit is 100% die waarheid wat jy praat Josh ek hoop al die studente gan lees dit op Facebook en besef wat hulle doen is Sinloos die kos die land miljoene vir al die skade!!!! Wens die land het duisende van jou gehad Josh jou ma is seker baie trots op jou!!!!

C ·

Denise ek dink hul moet hom reel om toesprake by die universiteite te gaan lewer. Ek het nou wraggies lank laas ‘n clip so baie geniet. Goed gedoen Josh, en hou die blink kant bo!!! Jou Vader en Moeder is seker baie trots op jou wat so oulik en opreg is.

Annette ·

Sjoe mag daar meer sulke jongmense wees…ek stem saam – juis hulle wat graag wil swot moet mos kan DINK dat sulke drastiese skades hulle nog meer ARMER gaan laat…slim maar tog so onnosel..of dalk arrogant?

Kiepie ·

Sy hele attitude word saamgevat in die feit dat hy praat van sy “Vader en Moeder”. Mnr en Mev Bergh, baie geluk, julle het julle seun opgevoed om respek te hê vir homself, sy medemens en vir sy omgewing. Hy toon ook insig en “common sense” wat duidelik nie op universiteit geleer kan word nie. Soos hulle sê: “Common sense is not all that common.”

Rinda ·

Ek sal nou “like” van ‘n LIKE knoppie op die kommentaar. Kiepie, ek stem heeltemal saam.

ig ·

Josh stuur my so spoedig moontlik jou CV . Jy sal n groot aanwins wees in my besigheid.

mc ·

Josh is die beste en wat meer gewig dra is dat hy basies met sy eie ouderdomsgroep praat. Die klomp kinders is werklikwaar besig om ‘n vloermoer te gooi, en niemand neem hulle ernstig op nie. Ek wonder hoe lyk hulle punte. Die helfte kom seker nie eers hulle vakke deur nie en gebruik hierdie hele massa histerie om hulle eie swak akademiese vermoens weg te steek, maar op universiteit wil hulle bly. En Zuma het hulle mos in hulle kwaad gesterk, soos om ‘n stokkielekker in ‘n kleintjie se mond te druk laat hy net kan ophou skree. Nee wat, verstand is nou nie iets wat jy kry op universiteit nie, jy kry dit net uit die lewe soos Josch. Hy het beslis iets wat 80 jaar op universiteit ‘n mens nie kan gee nie. Well done, jy laat mens hoop kry vir hierdie land.

Jean ·

Hehehe u go Josh, vertel hulle. Dis ‘n VOORREG om te studeer, nie ‘n reg nie en alle SKADE wat hulle nou aanrig gaan later weer herstel moet word teen ‘n KOSTE, so hoe prakties is die verlaging van fooie in ‘n tyd waar miljoene rande se skade nog ekstra aangerig is wat reggemaak moet word.

Delia ·

Nee Kandas, die Bells moet aan sy ouers gegee word vir die wonderlike manier waarmee hulle hom opgevoed het…..ek het baie respek vir hulle!

Johann ·

Weet iemand waar die minder agbare Minister Blade homself vind? Of kruip hy weg saam met sy COMRADE NUMBA WHONE? Ongelooflik om te dink die ANC kan terugstaan ek kyk hoe EEN besonne magsbehepte prezident die land sektor vir sektor lamlè?

Sandra ·

Vir n ou sonder n graad is dit wyse woorde. n Opgevoede uitkyk. “Well done”

Ook student op Varsity ·

Sandra.
Kwalifikasies het niks te doen met moraliteit of beskaafheid nie.
Ek salueer die Jongman Josh vir wat hy gesê het.

Lewies ·

Mooi so Josh Suid Afrika het meer mense soos jy nodig. Baie dankie dat jy bereid is om dit te se. Ek wens net voorspoed vir jou toe, maar kyk net agter jou asseblief,want een of ander persoon wat nie verstand het nie gaan nie saam met jou stem.
WANT MEERDERHEID WIL NET MOOR EN AFBRAND,as die klomp net al die energie wat hulle gebruik vir die chaos gebruik vir studies was SA die mees suksesvolste land ter wereld

Izzy ·

Kan hierdie ou nie ‘n beurs kry om te gaan studeer nie, want hy is soveeeeeel slimmer as enige een van die klipgooiers! Dis mos nou hoe iemand klink wat kan redeneer.

Uvonka ·

‘N Bells??? Nee wat, Josh moet sommer ‘n kas Bell’s kry. Se dit presies soos dit is, kort, kragtig en baie treffend. Ek hoop nou alle studente lees dit.

Mariette Hammann ·

Ek stem saam met Izzy. Los die Bell’s en gee vir die man ‘n beurs om te gaan studeer. Ons land het ‘n intelligente president nodig.

Jo-Anne Joubert ·

Goed gese en thumbs up vir jou!! Jy se wat ons almal se …

MW ·

Briljante hy verdien om VERNIET/GRATIS te gaan studeer. Kyk by d NMMU se berig vandag ….hul het verniet geregistreer,maar soek eintlik nog gratis boeke,KOS en verblyf….volgende soek hul n “butler” om hul kos te maak, n “cleaner” om hul kamer skoon te maak en hul beddens op te maak,n “caregiver” om hul te voer en met alles in d badkamer te help,n “chauffeur”wat hul kan rond ry en n gemotoriseerde rolstoel .

Jakobus ·

Klong, dit is maar net die realiteit wat Wicus kwytraak, as dit ‘n witmens was wat dit gesê het, het dit, of op die ashoop beland, want die regte velkleur het die nie gesê nie, dit sou ook nie dieselfde trefkrag gehad het nie, of hy was van haatspraak aangekla.

MW ·

Klong moet nou nie hier kom dwars raak nie….wat Wicus sê is waar en jy weet dit….jul altwee kan eerder n positiewe bydrae lewer as om d rasse kaart te speel ons kry GENOEG daarvan.

Jakobus ·

Ek glo ook Klong het dit effe te ver gevat, maar ongelukkig is dit die werklikheid, dit gebeur daagliks, Max is een van dié wat vir ons gedurig daaroor preek.

Hein ·

Man jy is so reg genade hoekom is daar nie meer jong manne soos jy nie , jy hoort in die Parlement !!

Rene ·

Sê dit soos dit is. Ons almal is bietjie dik vir hierdie nonsens. Saai verwoesting sover hulle gaan. Weet nie wie dink hulle gaan al die herstelwerk en fooie betaal nie.

Mariana ·

Ag ou Wicus en Jakobus waar val julle nou weer uit!! Onnodige blerrie aanmerkings…. julle stook net kwaad…. Jullwe dwaal van die punt af, dit gaan nir oor hy with or swart of watookal is nie, dit gaan oor die punt wat hy maak…. kom by!!

Frans C ·

Kru-taal ? erger as dit gehoor tydens my weermag opleiding. Kru-taal is egter al wat die lot verstaan want sodra dit by betaal of eksamentyd kom dan is daar betogings.Eintlik kan dit seker nie anders nie,want kyk net hoelank het dit die President geneem voordat hy ingestem het om vir nie verwante sekuriteitsopgraderings by Nkandla te betaal.

Jakobus ·

Mariana, ongeag, dit is maar die realiteit, dit is ongelukkig soos dit is, of jy dit nou wil weet of nie. Ek sou dit ook graag anders wou hê.

Susan@ ·

Dit is die beste boodskap vir die studente klipgooiers van Suid Afrika in hierdie jaar!!! Reg uit gese sonder om doekies om te draai ha ha ha. Meer “guts” as die Regering !!!! Pragtig!! ??

tw ·

Dit gee my sommer weer n bietjie moed. Mense luister en hoor wat hy se. Met mense soos jy kan ons n nasie bou.

Annamarie ·

Jy is absoluut reg. Een persoon wat die guts het om die klomp aan te vat. Mooi so

Oudste ·

Josh, jy praat so diep in die meeste mense se binnestes in. Jy projekteer die verskil tussen kennis en wysheid, naamlik wysheid. Kennis is die wete dat ‘n tamatie ‘n vrug is, maar wysheid leer jou dat jy nie ‘n tamatie in vrugteslaai kan gebruik nie. Ek hoop jou wysheid raak ‘n epidemie!

Foxi ·

Ek het n lang kommetaar gehad……maar was te lank.
Ek haal my hoed af vir hierdie jong man wat opstaan en sy sê sê.
Hou asseblief op om altyd te dink dat as dit nou n witman was wat kommetaar gelewer het, in die moelikheid sal kom. Dit is die witman se probleem….kannie saamstaan nie, het ook nie die moed om op te staan nie. Sal eerder terugsit sodat ander nie vuilwerk doen. Nee man…..staan op en veg vir eens en altyd terug. Hou op om so negatief te wees….regtig!

Poot ·

Verbasend as ons na die totalepopulasie van ons land kyk, hoe ‘n handjie vol kinders chaos kan veroorsaak…….en die regering kan dit nie beheer nie.
Hoe mis ek die “ou” dae.

Uiltjie ·

Go Josh, Go! Ignoreer die klomp suurgatte wat nie eens kan reg lees nie, maar negstiewe kommentaar lewer!!!

chris ·

Baie goed!! En as ons gaan kyk het die jongman dalk nie die geleentheid gehad om verder te gaan studeer nie, miskien kon sy ouers dit nie beksotig het nie, maar het iets met sy lewe probeer doen en dit reggekry. Sy ouers wat hom opgevoed het het hom dissipline en respek vir ander mense se lewe en eiendom geleer. Julle as sy ouers kan trots wees op hom en ek bid dat jy net sukses en voorspoed in jou loopbban sal bereik !!

N FEIT!! ·

mooi so… no kan almal se wat ons pla!!!! neem jo self af! se wat op media geplaas kan word.. sodat almal ini land weet ons is gatvol !!!! .. vir hierdie klomp wat nie soos ordentlike opgevoede mense hul kan gedra nie!!!! ons staan saam en begin!! se jou se!!!!!!!!!!!

Penellope Jones ·

Netso!
Totaal en al netso.
Beter kan dit nie.
Dankie.

Cecile ·

Stem saam, maar hulle sal net sê, dit wat hy praat verstaan hulle nie, net engels of zoeloe, dit is wat hulle vir my sê as ek vra of hulle afrikaan verstaan.

Jakobus ·

Foxi, Vergeet maar van in die moelikheid kom dit sou net om die verkeerde redes aandag getrek het.

Nogtans is ek een van die wat duime-op vir hom gee.

Elize ·

Alles wat jy sê is waar Josh. Stem 100 % saam, dit kan net nie so aan gaan nie

Anie ·

Kom redakteure by Huisgenoot, You, ens. en plaas die artikel woord vir woord. Dalk as die klomp kan lees en verstaan, sal dit deurdring! Gebruik tegnologie om dit oral op plakkate, ens te versprei!

LENA ·

Baie dankie Josh. Geen verdere kommentaar van my af. God seen jou.

m ·

Uiteindelik n jong mens wat logies kan dink en redeneer. Hoop die ander studente lees en neem in.

Marlene de wet ·

Die probleem is dat die gekke nie eens kan of sal lees nie. Dit moet uitgesaai word.

LOL ·

Eerste lig wat ek in jare sien en dit is Josh, kom ons hoop dit werk.
Ek het saam met ‘n swart jongman gewerk en het die grootste respek vir hom gehad. Hy was altyd vriendelik en stil, het net sy werk honderd persent gedoen en het al sy medewerkers (wit of swart) met groot respek behandel. Mens sien altyd op na so ‘n persoon en voel jy moet ook so wees, want dan sal daar nie plek, tyd en lus wees vir afbrand en afbreek nie.

Pauline ·

Josh jy rock!!! hopelik verstaan hulle die “normale”taal!!! want blykbaar verstaan hulle die ander tale nie nie!!! Goed gedoen!!!! wens daar is meer mense soos jy in ons land!!!!

Superhero ·

Jy is my Superhero, beter kan mens dit nie sê nie! Hoop dit bereik die idiote wat hul eie grafte grawe terwyl hul dan nou sogenaamd slimmer moes wees!

wou ook leer ·

Ek wou ook graag gaan studeer het, ek kon nie ons was te arm, maar ek het nou my eie besigheid, ek het hard daarvoor gewerk, daai lorrie drywer is die soort persoon wat hoort in die Universiteit want hy het savy

Marianne ·

Ag Josh, mens kan praat en praat. Ek weet nie wat daardie klomp op universiteit soek nie, want hul is duidelik te dom om te besef wat hul besig is om te doen. My opinie is, sluit al die universiteite en laat studente deur die pos leer. Ek wil sien of hy sy ouerhuis ook so gaan afbrand en afbreek in protes.

Victor Edmun August ·

Ek stem volkome saam met Josh….en by se net wat ons almal dink…

Elize ·

JOSH vir Minister van Onderwys!!
Dankie Josh ons voel almal soos jy voel, tot van die swart mense ook, maar hul is te bang om hul monde oop te maak. ou Blade kan by jou kom lesse vat!!!!!

Hannes ·

Gee sommer vir hom n doktors graad want hyt meer commen sense as die sogenaamde hoe geleerders in die land.

Annerie du Preez ·

Ai Josh! Jy is ‘n jong man so na my hart! Net jammer dat die studente op wie die video gerig is nie jou mooi Afrikaans verstaan nie. Of dalk eerder nie wíl verstaan nie. Ek wonder heimlik wat die oproerigers se ouers van hulle gedrag te sê het? Ja, Universiteitsgelde raak nou ietwat rof, maar dan ken jy mos die Wet van Transvaal…?Betaal, moet sal ons maar betaal.

Jaco ·

Baie geluk jong man as vragmotor bestuurder het jy seker een van die veeleisendste beroepe maar gelees aan jou kommentaar is dit jou trots. Een vraag wat by my opkom rondom die strewe na gratis onderrig van die studente om n profesionele beroep te mag betree een dag is of hierdie studente jou enigsins ook dan gratis van n diens gaan voorsien wat ek sterk be twyfel.

jeannine ·

Josh jy is ‘n man met die hart op die regte plek niks as waarheid wat jy praat hoop jou boodskap word ge hoor
groete uit belgie

KarooKlong ·

Josh, jy sal daardie trok aan die gang moet kry en windaf draai. Die skare draai in jou rigting en hulle maak groot wind.
Kas Bells vir jou.

Oom Piet ·

Josh, jy hoef nie on vêrder te studeer nie, want jy het die ingebore wysheid reeds gekry.
Mooi so seun, ek baie trots op jou.

Wilna Redelinghuys ·

Ai Josh maar jy is soooo ‘cute’, ek stem saam jou maar ek sou dit meer kras uitgedruk het as jy! Net jammer die slim mense in die regering sien nie wat jy en ons sien nie! (Dom onnosel???) Ek in my rypere ouderdom van 70 kan nie glo dat hulle dit nie kan stop nie! (Bang????) Dis hartseer om te sien hoe ons Universiteite afgebrand word! In elk geval ek stem saam: ‘Give him a Bells”!!!!! XxX

amanda ·

Dat n vragmotor bestuurder nou vir die sogenaamde slimmes moet teregwys!!! Boet jy hetu n baie slin kop oo jou skouers. Ek wonder of die lot weet watter skills en breins hy nodig het om so groot trok ordentlik te bestuur

Rudi ·

“WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.” Nie soveel soos ons elkeen stilweg dink wanneer hierdie “studente” hulle nonsens aanjaag nie.

Tinus ·

Wat hy se is wat ons almal wil se. Sal graag wil weet of daar van die betogende studente is wat hierdie berig gelees het.

charlene ·

Dis so damm goed gesê, kyk ons almal braak gal oor die studente wat nie so slim is as wat mens sal dink nie. Ek meen hulle studeer, hulle moet tog iets tussen die ore hê. Nou almal van ons voel so, en hier is hy die 1ste een wat genoeg guts het om te praat en dit op Facebook waar jy sy post tot in Belgie kan kyk!!! Wel gedaan.

gatiep ·

Meskien leer hulle nou hoe om dom te raak dis hoekom dit so gaan. Ons gewone mense wat nie verder kon leer nie sien dan raak watse stupid goed hulle aanvang wat geen sin maak nie?

Annie ·

As n kwart van die bevolking net hierdie jongman se “guds” gehad het sou Suid Afrika n beter plek gewees het. As ek 10 duime gehad het was hulle almal op….. mense soos jy sal dit ver bring in die lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.