Video: Trompetgeskal weerklink in Pretoria

Skermgreep uit die video

Gautengers sou vanoggend om 08:00 ʼn luide trompetgeskal gehoor het as deel van ʼn spesiale Paassondag-ervaring.

Albertus Potgieter, eienaar van iTickets en organiseerder van die geleentheid, het aan Maroela Media gesê hy is deur die Heilige Gees geïnspireer om dié trompetgeskal te laat weerklink.

Reusagtige luidsprekers is by Bronberg in die ooste van Pretoria opgerig. Die trompetgeskal sal ook om 13:00 en om 18:00 weerklink. Die geskal sal telkens vyf minute lank aanhou.

“Mense kan ook regstreeks inskakel op Paasdienste wat ons tussendeur gaan uitsaai en ʼn spesiale Nagmaaldiens deur Suzette Hattingh sal net voor die 18:00-geskal uitgesaai word,” het hy bygevoeg.

Klik hier om die regstreekse uitsending te volg
Klik hier om by die Facebook-blad vir die geleentheid aan te sluit
Klik hier om die webwerf te besoek

Video deur Albertus Potgieter op Facebook gedeel:

#JesusIsKing #frontrowseat #hoendervleis #pretoria #east

Posted by Albertus Potgieter on Sunday, April 12, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magriet

Wow. Dink net hoe gaan dit klink as die Basuin Jesus se koms aankondig.

Joe Olivier

Dit was ‘n fantastiese ervaring hier in Wapadrand. Vir ons as gesin en ons hond.

Annemarie

Weet iemand van waar presies dit uitbasuin word? Hoendervleis gedagte!

Michael 1

Ek het niks in die moot gehoor nie maar die lug is ten minste blouer en mooier.

Patch

Dit was baie besonders. Kan nie wag vir die volgende een om 18h00 nie. Bly nie eers ‘n km van Bronberg nie. My honde het slegs hul ore gespits en aan beweeg.