[Video] Troonslang steek kop uit in Pta-woonstel

'n Skermskoot uit die video van die toiletbesoeker. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video van die toiletbesoeker. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Kobra van nagenoeg 2,3 m laat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria twee keer in die toilet loer nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het.

Barry Greenshields (31), ʼn ervare slangvanger van Pretoria, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is omstreeks 09:00 ontbied na die woonstelblok in Ilkleyweg in Lynnwood Glen, naby die Menlyn Park-winkelsentrum in die ooste Pretoria, nadat ʼn inwoner die slang in sy toiletbak opgemerk het.

“Die inwoner het aanvanklik gedink dit was ʼn pofadder, maar toe ek daar aankom en die deksel oopmaak toe sien ek dit is ʼn kobra. Ek het eers nie geweet watter soort kobra dit was nie en het vir sonbrille gevra, sou dit ʼn spoegkobra wees, om die slang van nader te beskou. Dit is toe dat ek sien dit is ʼn wipneuskobra ook bekend as ʼn Egiptiese kobra.

Greenshields het gesê dié slange kan tot 2,6 m lank word en hy skat die troonbesoeker was minstens 2,3 m.

“Ek het my grypstok gebruik en begin om die slang uit die toiletbak te trek. Ek het ʼn lang gedeelte van die slang uitgekry, maar die agterlyf moes aan iets vasgehak of vasgeklou het, want dit wou net nie verder uitkom nie. Ek wou ook nie te hard trek of die slang vasknyp nie want ek wou dit nie seermaak nie. Ek het in ʼn stadium die greep van grypstok laat vaar en die slang het dadelik teruggetrek en in die toiletpyp verdwyn en is skoonveld.”

Greenshields en ʼn kollega is later die middag terug na die drieverdieping woonstelblok waarin daar 20 eenhede is. “Hoewel dit ʼn drieverdieping gebou is, is daar slegs parkeerplekke op die grondvlak, so daar is net wooneenhede op die eerste en tweede vloer.”

Hy het gesê hy en ʼn kollega het tot laataand by al die eenhede gaan aanklop en in die mense se toilette gaan soek na enige spoor van die slang. Hulle het ook alle mangate en dreine op die grondvlak deursoek, maar daar was geen spoor van die slang nie.

“Daar is baie pype onder die gebou en die moontlikheid bestaan dat die slang in die dreineringstelsel verdwyn het. Ons het egter al die inwoners aangeraai om hul toiletdeksels toe te hou en mooi te kyk as hulle dit oopmaak.”

Hy het gesê dit is nie ongewoon dat kobras in Pretoria voorkom nie en dat hy al vanjaar ʼn hele paar gevang het, veral in die Silwer Lakes-omgewing.

“Hulle hou van droë bedompige omstandighede en eet veral paddas, akkedisse, muise, rotte, eiers en ander slange. Hulle is baie giftig en mense wat gepik word kan weefselskade opdoen.”

Sy raad aan inwoners wat dié of enige ander slang opmerk, is om nie self te probeer om die dier te vang nie en dop te hou waar dit skuil. Bel hom dan dadelik by 074 269 3023.

Die inwoners wat Greenshields ontbied het, het ʼn video van die seilende toiletbesoeker geneem en op sosiale media gedeel. Die video het inwoners van die ooste van Pretoria aan die gons. Sommiges skerts dat hulle veld toe sal gaan as die nood druk, terwyl ander weer gaan seker maak hulle het genoeg medisyne in die huis om maagwerkings te voorkom.

Look at this amazing footage, Lynnwood Glen, Pretoria (in a block of flats…). Recorded by Reynders Venter. The snake got away and back into the 'system'. Any advice in terms of what to do now??

Posted by Alex Antonites on Thursday, November 24, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

wonder net ·

Hoe kom en oorleef slañg in pyp vol water. Na my mening is dreinpype (toilette) glad en glyerig. Eaaraan hou hy konsuis vas.

zahn ·

Rioolpype se minimum deursnit is SA is 110mm, geen huishoudelike toilet het die kapasiteit om so ‘n pyp vol water te mak nie. Wat jy sien is wat hulle noem ‘n “water trap” in Engels. As die pyp vol water is, het jy ‘n rioolverstopping. Iets wat ek dink op pad kan wees by hierdie woonstelle, sou iemand in ‘n nederige oomblik daai slang sien..

marianna ·

Ek dink hierdie slang het iewers anders in die huis ingekom en to toilet toe gegaan .

Jan ·

Ek hoor hy het intussen ‘n naam gekry …… Zuuuuma …. ssssssssssssss

Liewe heksie ·

Dit is nounet waar ek nr 2 in my broek en stink stink die gebou verlaat

Skokkend ·

Los die slang uit, kry die spca. Hy is banger vir die mens

Gideon ·

Ek dink die slangvanger het nie helder gedink nie!! Ek sou die slang vasgeknyp het en ‘n bottel kookolie in die toilet gegooi het!! Doodseker hy sou hom dan maklik kon uittrek!

anon ·

ek bly om n wildsplaas so bang vir slange toe ek die berig lees se ek vir my pa ek gaan dood as daai slang uit my toilet moet kom ek mk nou 5 keer seker daars niks kyk tot as my seuntji toilet toe gaan of oom slang nie in di toilet is ni

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.